Viljoen het Sondagoggend in sy slaap heengegaan nadat hy verlede week weer in die hospitaal opgeneem is.
Die liedjieboer Anton Goosen skryf op sy Facebook-blad oor Viljoen: “Rus sag my vriend. Dit was ‘n groot voorreg om die lang pad met jou as vriend te kon loop.”
Die sanger Steve Hofmeyr het op Twitter gesê: “Ai oom Ollie. Dis asof jy altyd daar was en altyd daar sou wees. Ek gaan jou mis. Musiek gaan jou mis. En Boeremusiek sommer baie.”
Juanita du Plessis het ook op Twitter hulde gebring aan Viljoen. “Rus in vrede oom Ollie Viljoen. Ons land is armer.”
Louis Loock, voorheen van die groep Romanz, het gesê die klanke van Viljoen se trekklavier gaan nog lank weerklink. “Dankie vir die voorreg om oom te ken en saam musiek te kon maak!”
Die sanger Adam Tas het gesê: “Ag liewe Vader! Hoekom dan vir Oom Ollie! Gaan jou mis ou Grote Gees!”
Koos Kombuis het op Facebook die hoop uitgespreek dat daar trekklaviere in die hemel is.
Die sanger Karen Zoid het ‘n huldeblyk op haar Facebook-blad gelewer en gesê Viljoen was ‘n ware vriend.
“My hart is so gebreek. Maar dit help nie om met God baklei nie, Hy is die Grootbaas. Here, hou asb Jou hand oor Enel en Willem in hierdie tyd en gee asb vir Ollie ‘n trekklavier sodat hy vir Jou ‘n liedjie kan speel daar bo. Dankie vir ‘n vriend soos Ollie, Here.”
Lees ook:
Ollie Viljoen oorlede
Goeie nuus: Ollie Viljoen uit hospitaal ontslaan
Gebede vir sieklike Ollie Viljoen
Mooiloop Ollie. Sterkte aan die naasbestaandes.
Mag die engele dans op die maat van jou musiek!
Rus in vrede Ollie…Suid Afrika en die ‘Boere’ is armer vandag . . .
Gaan oom Ollie mis , rus in vrede oom ! Sterkte aan die Familie.