Hoop vir ‘liefdevolle Bobby’ ná operasie

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Bobby kort nadat hy deur beamptes van die DBV gered is. Foto: DBV Bloemfontein

ʼn Sagmoedige skaaphond van Bloemfontein het nou hoop op ʼn gelukkige toekoms in ʼn liefdevolle huis nadat lede van die publiek ingespring het om dié woef se lewe te red.

Die agt maande oue Bobby is die afgelope naweek deur inspekteurs van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) by ʼn huis in die Rocklands-nedersetting aangetref waar hy siek en lusteloos op die grond gelê het met ʼn ketting styf om sy nek vasgemaak.

Reinet Meyer, senior inspekteur van die Bloemfontein DBV, sê Bobby was ʼn geskenk aan ʼn vyfjarige seun wat deur sy ouers opdrag gegee is om self na die hond om te sien.

“Die probleem is dat sy ouers slegs vir hom gesê het dit is sy hond en hy moet self na die hond kyk, maar nooit vir hom geleer het hóé om na ʼn hond om te sien nie. Bobby is met ʼn ketting om sy nek vasgemaak en namate hy groter geword het, het die ketting al stywer en stywer om sy nek getrek. Dit ketting het later in Bobby se nek ingegroei en ʼn ernstige wond veroorsaak.”

Meyer sê Bobby moes maar leef van enige oorskietkos wat die seuntjie vir hom gegee het en hy was uitgeteer en swak toe inspekteurs hom gevind het. Die seuntjie het nie geweet dat Bobby veronderstel was om hondekos te eet nie en die ouers het nooit enige hondekos vir Bobby gekoop nie. Bobby het ook nooit enige van sy inentings gekry soos hy veronderstel was om te kry nie.

“Dit is hartseer dat die ouers nooit die moeite gedoen het om hul kind te leer hoe om behoorlik vir ʼn hond te sorg nie. Hierdie seun is baie lief vir diere, maar hy het nie van beter geweet nie en weet nie hoe om na Bobby om te sien nie.”

Bobby by ‘n beampte van die DBV. Foto: DBV Bloemfontein

Volgens Meyer het Bobby erge infeksie in sy nek, trachea en slukderm opgedoen en moes hy dringend ʼn operasie ondergaan om die skade te herstel. Danksy verskeie weldoeners se donasies kon Bobby gister geopereer word om sy wonde te heg.

“Dit gaan onder omstandighede goed met Bobby. Die wonde was baie diep en toe die veearts begin opereer, het hulle besef sy beserings was erger as wat dit aanvanklik op die oog af gelyk het,” sê Meyer.

“Die operasie was egter ʼn sukses en Bobby is nou op sterk antibiotika om hom te help herstel. Hy moet ook nou op ʼn spesiale dieet gaan om sy toestand weer op te bou, want hy is maar baie maer en verwaarloos.”

Sy sê die DBV benodig nog so R2 000 om Bobby se behandeling heeltemal te betaal. Sodra Bobby weer sterk en op die been is, wat na verwagting oor sowat twee weke sal wees, sal hy beskikbaar gestel word vir aanneming.

“Bobby is ʼn pragtige, liefdevolle hondjie met ʼn mooi geaardheid, so hy sal beslis beskikbaar gestel word vir aanneming. Ons sal hom nie terug in daardie omstandighede plaas nie.”

Meyer sê die DBV wil wel ʼn pad met die seun stap om hom meer oor diere te leer en hoe hulle versorg moet word.

“Ons wil graag die seun hier na ons toe laat kom sodat hy kan sien hoe die diere versorg word, wat hulle moet eet, ensovoorts. Ons sal hom ook met van ons honde laat stap sodat hy regtig eerstehands met die diere te doen het. Hierdie kind is lief vir diere en ons wil graag moeite doen om hom op te voed, sodat hy nie sy liefde vir diere verloor nie.”

Intussen sal die DBV aanklagte van dieremishandeling teen die ouers aanhangig maak wat niks gedoen het om Bobby se lyding te voorkom nie.

Enigiemand wat graag tot Bobby se mediese sorg wil bydra of moontlik belangstel in aanneming, kan die Bloemfontein DBV se Facebook-blad besoek vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

Ons bid dat Bobby ‘n for-ever-home sal kry ! Dankie vir almal wat help om Sy lewensomstandighede te verbeter ??

Baie hartseer ·

Hierdie is ongelooflik ongelooflik hartseer. Selfs die sterkste mens se oë sal tranerig raak. Bobby mag jy verder ‘n baie gelukkige lewe hê sonder mishhandeling. Bobby jy is ‘n pragtige hond. Wees gelukkig hondekind.

toy ·

Hoe gee jy ‘n dier vir ‘n 5 jarige en se sorg vir dit. Ek dink die ouers moet ook leer hoe om, om te sien na ‘n dier. Dis wreed om ‘n hond aan ‘n ketting vas te maak.

Ollie ·

Ek dink die ouers moet ook geleer word om na n kind te kyk, duidelik geen verantwoordelikheid sin nie

Wilmarie ·

Kyk Bobby se ou ogies! Ek het nie woorde nie. My hart breek!

Sandra ·

‘n Goeie idee sal wees dat beamptes van die DBV by skole landswyd omgaan en kinders leer en wys hoe om na hul diere om te sien!

Erica ·

Ek sal nooit kan verstaan hoe ‘n mens ‘n dier se lyding kan aanskou en dit raak jou net nie. Daar moet fout wees met so ‘n mens se menswees.
Dankie almal wat ingespring het om hom te red.

honourable member ·

Dankie aan die DBV vir julle wonderlike werk wat julle doen. Kyk sekere mense moet maar net nooit diere aanhou nie want hulle weet nie hoe om vir hulle te sorg nie. hulle het maar net respek vir niks in die lewe nie.

Rooikop ·

Kla die ouers aan vir diere mishandeling …………… Skande !!!!!

Ilze ·

Die Liewe Vader help my. Ek sal dit verloor met sulke mense. MM hou ons asb op hoogte van Bobby se vordering. Ek self het drie honde, almal rescues. Selfs ‘n mediese fonds vir hulle. Ek kan my lewe nie sonder hulle indink nie.

RHG ·

Dit is skaaphonde se natuur om baie te hardloop. Arme ding aan ‘n ketting.
Dis mooi om stories van hoop te lees.
Ons kan maar almal elke jaar iets doneer aan die plaaslike DBV. By ons kos lidmaatskap net R50 per jaar.

johan ·

lieg storie hoe gaan n 5 jarige agter n hond kyk …asb tog…slegte verskoning sal ek se

Johanna ·

So bly vir jou Bobby. Jammer dat jy so n leiding moes deurmaak. ek hoop die seuntjie en sy ouers besluit maar om glad nie weer n diertjie aan te hou nie. duidelik is hulle glad nie bevoegd nie!!!!

Willie ·

Lieg storie..kla die ouers aan, die bure sommer ook… hulle voel niks vir diere nie… skande!

Elke ·

Hoe graag sou ek Bobbie wou aanneem. Hiee sal hy ner liefde en respek en goeie sorf ken. Maar ek is hinderse km’s weg.

Maar weet julle wat? Dit is strooi. Die vyfjarige seuntjie het nie self vir Bobby vasgemaak nie. Mense moet om hemelsnaam nie honde weggee nie. Veral nie vir jou huis en tuinwerker nie. Laat maak die tewe reg. Die aanwas keer op keer is so onnodig

E.K. die eerste ·

My maggies!Die ouers het hom dan nou nie “geleer” om na die hond om te sien maar kon HULLE nie self sien wat gebeur nie? Dis nou net weer ‘n verskoning. Ek pes sulke mense…

E.K. die eerste ·

…Verder, waarvan dink hulle moes di ehond leef. Die kind het nie “geweet” hy moe shondekos kry nie? WAT? Asseblief! Hoe dink hy en ook die “ouers” moes die hond leef? Ag nee ek kan nie glo daar word verskonings gemaak vir hulle nie!

Olly ·

Glad nie verbaas nie, kyk hoe word kinders en oumense in ons gemeenskappe behandel. ‘n Hond is seker vir so persoon net nog ‘n bysaak. Dis om van naar te word! Sies!

Marlize ·

Ouers MOET aangekla word. Dis dieremishandeling. Waar gee jy vir ‘n vyfjarige ‘n troeteldier om self groot te maak? Ja, doen dit maar wees ook verantwoordelik om die kind te leer en te help. Ouers moes tog die kos gekoop het. Ek hoop regtig dat daar iets gedoen gaan word aan die ouers.

Alwyn ·

Mag die hond n goeie huis kry vol liefde en sorg. Ek sal graag die ouers aan n ketting wil vas maak die res van hulle lewe en oorskiet kos gee. Dit sal vir my baie genot verskaf.

Alida ·

Wildbewaring diere versorging behoort n verpligte vak op skool te wees. Veral nou met die ontploffing in bevolking.

Antoinette ·

Wie kyk na die kind wonder ek?????!!!!!!
Dis disgusting!

Erica ·

Dis die grootste klomp snert wat ek nog gehoor het!! Rerig?? Hoe dom is hierdie mense? Ag asseblief…kla die hele spul aan dis verregaande ek kannie glo daar word so verskoning gemaak vir die ouers nie! 5jarige… asseblief wat weet hy nou?? Nee ek het nie woorde nie!!

PJC ·

Ja Erica ek stem saam met jou. Gaan kyk by DBV se plekke na die fotos van honderde honde waarop jaarliks beslag gelê word wat so mishandel word. Sommige mense moet net nie toegelaat word om diere aan te hou nie. Ek sie gereeld hoe perde voor waentjies ongenadiglik gelaan word en niemand doen iets omtrent dit nie.

Aan PJC - doen jy ASB dan iets ·

PJC – neem asb dan foto’s en rapporteer sulke wreedaards! Moenie sê neimand doen iets want as jy dit nei doen is jy ook skuldig. Ek lees onlangs in ons plaaslike koerantjie die DBV in Roodepoort is oorvol. FORA (Friends of rescued Animals) hier by Krugersdorp is ook vol – 500 diere! Mense asseblief as elkeen net elke maand IETS gee. HOE moet hul bly voortbestaan en diere help. Hul kry nie meer Lotto geld nie. Skenk kos, komberse, ou handoeke en lakens (hul gebruik di tmet operasies, ag jinen die lys is so lank. Ek vra mooi dat elke persoon wat hier lees iets doen. Ek wens ek kon bekostig om meer te doen, ek ondersteun reeds drie plekke… Los daai ekstra sjokkie of lekkers al is dit een keer per week en laat jou kinders help elke einde van die week gooi elkeen ietsie in ‘n bottel en einde an die maand gaan dit na ‘n diereskuiling. So leer mens jou kind om om te gee EN te gee.

C ·

As ek nader was het ek vir Bobby aangeneem. Dit is ‘n ongelooflike hartseer storie. Nie Bobby of ENIGE dier het die reg om so te lewe nie. Wens mense wil besef dat diere hier is om lief te he en liefde te verskaf en nie aan hul eie genade kan oorgelaat word nie. Bobby my hart is seer vir jou, maar ek weet jy gaan tenvolle herstel. En aan die ouers van die kind, julle dag sal kom. Eendag sal julle moet verduidelik hoekom en waarom. Ek wonder hoe dit sou wees as die mens en dier se rolle moes omgeruil gewees het. Hoeveel van ons sou die diere op straat laat leef het en hoeveel van ons sou ‘n liefde volle huis gehad het. Ek skaam my dood vir ons mensdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.