HOP-huis vir gesin van seuntjie wat in mynskag val

Die vyfjarige Richard Thole wat op 25 Februarie 2017 in die mynskag verdwyn het (Foto: ANA)

Die vyfjarige Richard Thole wat in 2017 in ʼn mynskag in geval het en wie se liggaam nooit gevind is nie, se gesin het ʼn HOP-huis van die Stad Ekurhuleni ontvang.

Burgemeester Mzwandile Masina het ná die tragedie in Februarie 2017 onderneem om die gesin se aansoek, om ʼn HOP-huis te bekom, te bespoedig. Raadslid Lesiba Mpya, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, het Woensdag die huis aan die gesin oorhandig.

Richard het by die Jerusalem- informele nedersetting in Boksburg saam met maatjies gespeel toe hy in die ou mynskag geval het. Die skag is sedert 1950 nie meer in gebruik nie. Ondanks verskeie reddingspogings deur die stad se nooddienste, is die soektog afgelas toe dit te gevaarlik geword het om verder na hom te soek.

“Ons oorhandig vandag hierdie huis ter herinnering aan Richard. Ons word bemoedig dat die gesin nou hul menswaardigheid kan terugkry met ʼn ordentlike huis,” het Mpya gesê.

Volgens hom het die stad R30 miljoen geoormerk vir behuising van ongeveer 3 500 inwoners van Jerusalem- informele nedersetting.

Herblokkering van informele nedersettings in Ekurhuleni is ook op dreef om rampe soos die een wat die Thole-gesin getref het, en brande te verminder en om basiese dienste te verskaf soos water, elektrisiteit, sanitasie en toeganklike strate tydens noodgevalle.

Lees alle vorige berigte oor Richard Thole op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

leser ·

met al die korrupsie wat aan die orde van die dag is, wanneer gaan die hop huise ooit ‘n realiteit word

Johannes ·

…o nê? En wat kry die families en oorlewendes van PLAASMOORD slagoffers?

Elize ·

Moet n kind eers dood gaan voor daar iets gedoen word. N huis kan nooit op maak vir die seer waardeer daai ouers gaan nie. Wat van al die kinders wat se ouer/ouers gesterf het in die polisie aan diens, plaas moorde en so kan ek op noem. Ek wonder maar net.

Wie Weet ·

As sy liggaam nooit gevind is nie, Wie se hy het daar ingeval en is nie ontvoer nie.
N huis Sal nie daardie mamma se hart beter Maak nie.

AW ·

So many different Worldviews & Life Philosophy’s and So many different life Stories…..

Reality check : There Will Be Never on Earths history such a “Thing” as Justice and or Equality and or Fairness….

Yet, How can any Right minded person, want to Question and or Compare one childs unfortunate Death and the subsequent receiving of a “HOP” house, by the deceased parents with Farm attacks and or murders……

Because they received a house must all victims of Farm attacks and murders also receive a “HOP” house….

And if so….How is that kind of Restitution all of a sudden, make it all Better….

Its so easy to be Bitter…
Its so easy to seek revenge…
Its so easy to harbour hatred…
Its so easy to find fault…
Its so easy to criticize…

“evil Must Never Be Allowed To Triumph Over Good”.

When some form of Good manifest, Why not let it just be….

Read FARM MURDERS- Victims tell their stories by Carla van der Spuy – 2014;

And “see” the Amazing Grace……

Faith
Hope
Love

No matter How Difficult…
How Hard…
How Challenging….

Those whom are Directly and Indirectly effected…. Continued with their lives….

wilma ·

AW, ek het skoon hartseer geword toe ek jou bydrae lees. Ja, ons word so maklik bitter indien omstandighede ons nie pas nie (ek is een van hulle!) en ons lees berigte soos dié, maar daar is mense met wie dit nog ellendiger gaan in wie se skoene ek nie wil staan nie. Kom ons wees dankbaar vir dit wat ons het, al is dit hoe min, en gun ons medemens dit wat hulle gratis en verniet kry. Dalk kry ons ook eendag ‘n beurt! Geseënde dag vir elkeen van julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.