‘Hopeloos te min ambulanse in Gauteng’

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Die DA het gesê daar kort sowat 700 ambulanse in Gauteng terwyl daar beplan word om slegs 114 nuwe ambulanse aan te skaf.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid, het Vrydag uitlatings by die voorlegging van die Gautengse nood- mediese dienste (GEMS) gemaak.

Dit het aan die lig gekom die doelwit vir Gauteng is 1 474 ambulanse, maar dat daar tans net 773 ambulanse is.

“Die plan is om vanjaar 114 nuwe ambulanse aan te koop terwyl daar verlede jaar met 110 ambulanse weggedoen is as gevolg van ongelukke, die aantal kilometers wat die ambulans al afgelê het of die hoë koste om dit te herstel – so eintlik styg die aantal ambulanse baie min,” het Bloom gesê.

Volgens Bloom moet 33% van ambulanse elke jaar vervang word om ʼn hoë kilometerlesing en hoë onderhoudskostes te voorkom.

“Die aantal noodgevalle het sedert 2015 byna verdubbel met gemiddeld 13 965 gevalle per maand in 2015 en 26 063 gevalle per maand in 2017,” het Bloom gesê.

Volgens hom is GEMS se begroting vir 2017 R1,175 miljard. R223 miljoen daarvan sal egter gebruik word om skuld van die vorige jaar af te betaal.

“Dit is onduidelik waar die geld vir die voorspelde R218 miljoen-ooruitgawe vandaan sal kom.”

Volgens Bloom sluit ander probleme tydelike nooddiensfasiliteite sowel as ʼn tekort aan opgeleide paramedici in.

“Dit is kommerwekkend dat die nooddienste in so ʼn slegte toestand is, veral in ag genome dat stadige reaksietye die risiko van dood verhoog.”

Hy het gesê bester bestuur van die beskikbare begroting, wat kontrakte met privaat ambulansdienste insluit, is nodig vir beter dienslewering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Justice ·

Met miljarde rande wat ongekontroleerd deur die Tesourie se vingers glip in swak bestuurde munisipaliteite asook die belaglike salarisse wat daarmee gepaard gaan is ek verwonderd dat `n bedrag van R218m nou hoegenaamd `n probleem vir hulle behoort te wees. Dit is immers vir basiese nooddienste aan die publiek.

lw ·

Gits, is hier nie één departement in SA wat reg funksioneer nie?

Johannes van Staden ·

Ons het gebel vir n ambulaans in Pta n ruk terug nadat iemand in die velt met n mes gesteek was ….” sorry sir we dont have …. they are all out and we have some they are broken ” was die einste woorde …toe moes die buurman maar handoekke etc die man vat na die hospitaal …..NIKS werk meer reg nie …ALLES is verwaarloos verniel en verkrag !

Swartkat ·

Die wat daar is word gebruik om pasiente tussen hulle huis en algemene hospitaal
te vervoer en om vis en chips te koop vir personeel

marous ·

Hopeloos te min van alles landwyd …behalwe korrupsie en steel , dis volop.

zoom zoom ·

Sanw het ook n tekort aan ambulanse maar vir huis toe en vir shopping het elke lid omtrent n voertuig

Swartkat ·

Tekort aan alles in die gesondheid, departement , gesondheis sorg, ambulanse, hospitale toerusting ens. en wie moet opdok , soos gewoonlik die belastingbetalers wat al voos is om vir alles en almal te betaal. Miljoene rande word jaarliks deur die politieke leiers gesteel en onwettige uitgawes word op N’ kantla gespandeer. Werkskepping spandeer jaarliks ook miljoene rande wat afgebrand word deur mense wat dit nie waardeer nie. Skole , universiteite en toerusting waarvoor gesmeek is word afgebrand terwyl die hele land ontwrig word. Kommisie van ondersoeke en regskoste beloop ook miljarde rande wat deur ons liewe regering gemors word. On-
produktiewe en korrupte amptenare ontvang jaarliks miljoene rande terwyl hulle geskors is en daarna skeidings pakette ontvang net om van hulle ontslae te raak. Soek die regering nog geld- begin deur minder te mors.

Vra net? ·

Nou wil ek net vra..daai “lyk amper soos nuwe ambulanse” wat agter die Ou Moedersbond..oppad na Femina Hospitaal staan? Is hulle ook ook oor hul km’s? Indien well wat word dus daarvan? Of het ek nou di kat aan di bas beet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.