Horner-besoek: ‘Regering neem landelike veiligheid ernstig op’

Bheki Cele, minister van polisie, en Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, ontmoet Brendin Horner se geliefdes. (Foto: Lirandzu Themba/Twitter)

Die regering het ’n beroep op die landelike gemeenskap gedoen om in hierdie tydperk kalm te wees en wetstoepassingsagentskappe die geleentheid te bied om hul werk te doen.

Bheki Cele, minister van polisie, en Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, het die vermoorde Brendin Horner se ouers, Robbie en Mietjie, Dinsdag besoek. Die jong voorman se werkgewer, Gilly Scheepers, en sy vriendin, Lenize Taljaard, was ook teenwoordig.

Cele en Dlodlo het hul meegevoel betuig en die versekering gegee dat die regering alles in sy vermoë doen om te verseker dat daar geregtigheid vir Brendin is.

“Ons waardeer die besoek en ons hoop regtig dit sal ʼn keerpunt wees rakende die spanning in die omgewing. Dit is ongelukkig, maar miskien kan die verlies van ʼn jong man se lewe vrede en stabiliteit in die boerderygemeenskap tot gevolg hê,” het Scheepers gesê.

Die regering het ook sy medelye betuig met al die families, vriende, kollegas en bure van alle boere en plaaswerkers wat vermoor of aangeval is. Die ministers het gemeenskappe en die polisie geloof vir hul vinnige optrede om oortreders vas te trek en aan die pen te laat ry.

Brendin Horner (21), ‘n plaasbestuurder, is wreed vermoor. (Foto: Facebook)

Brendin se vermeende moordenaars sal weer Vrydag in die hof verskyn en die regering het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om kalm te bly en nie die wet te oortree of die reg in eie hande te neem nie. Wetstoepassingsagentskappe sal by die hof wees om wet en orde te handhaaf.

“Die regering neem landelike veiligheid ernstig op,” het die twee ministers in ʼn verklaring gesê na afloop van hul besoek. “Dit is duidelik gemaak deur die onlangse bekendmaking van nasionale en plaaslike gesamentlike bevelsentrums vir landelike veiligheid waarop die SAPD en die boerderysektor ooreengekom het.”

Volgens die ministers veroordeel die regering geweld en diegene wat ander mense vermoor. “Dit is nie net van toepassing op boere en plaaswerkers nie, maar ook op lede van die samelewing in die algemeen. Boere en plaaswerkers is die ruggraat van ons ekonomie en niks kan die misdadige aktiwiteit wat met hierdie aanvalle en moorde gepaardgaan, regverdig nie. Die sinnelose moorde op boere en hul werkers raak alle Suid-Afrikaners en bedreig voedselsekerheid, indiensneming, ekonomiese groei en werkskepping.”

Die veiligheid en stabiliteit van boerderygemeenskappe is kritiek om Suid-Afrika van kos te voorsien en werk te skep. “Misdadigers buit die boeregemeenskap uit vanweë hul isolasie omdat hulle nie naby ander gemeenskappe is nie. Die regering is besig om die implementering van die hersiene strategie vir landelike veiligheid te bespoedig ten einde te reageer op die veiligheidsbehoeftes van landelike gemeenskappe, sowel as om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te ondersteun.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons is NÊRENS veilig nie neem kennis van dit en dis bloed op jou en jou kaders se hande!

Die hele mag gaan seker daar wees saam met die rooi petters wat rassisme aan hits genade so ek hoop die blou manne verjaag hulle mmmmmmm ek wonder…

Pieter ·

Nog mooi leë woordjies wat op geen dade gaan uitloop nie, dankie weereens vir niks cyril.

Karel Kobus Kruger ·

Ek sal nie eens n DA of VF politikus in my huis toelaat nie. Wat nog te sê n ANC politikus.

Michael ·

Korrek, geen raadslid of politikus sit sy pote in my huis nie. As hy wel lid is van die party vir wie ek gestem het, kan hy op my stoep staan en praat.

Die Wolf ·

Sal enigiets kwyt raak om mense te paai. Glo is sien. Die SAPS kan nou nie eers misdaad bekamp nie.Sal graag wil weet waar en hoe hulle dit gaan doen sonder die nodige toerusting,mannekrag ens.

Vriendelike Frikkie ·

Die wat die man net wil wegjaag. Respekteer die amp, jy hoef nie die draer te respekteer nie. As hy as minister kom besoek laat hom praat, as hy kom Bheki Cele, ANC verteenwoordiger, sit jy die honde op hom.

Karel Kobus Kruger ·

Geen politieke amp is respek werd nie. Dieselfde geld vir koninklikes.

Anel ·

Respek word verdien, jy kan dit nie afdwing nie. Ons het baie offisiere gehad wat nie respek verdien het nie maar ons het respek aan die rang betoon.

Deon ·

Ek sal glo dit word ernstig opgeneem as hulle aanhitsers van hierdie gruwelike afstootlike plaasmoord daad, begin in die bek ruk.. Praat help niks!!! Praat sal die mense paai maar ek wonder vir hoe lank nog?

Snowball ·

Praat, lieg, leë beloftes, ontken, misken, vals simpatie – tot die volgende moord. Vir 26 jaar al.

Danie ·

Dit vat Cele weke en eers nadat sogenaamde geweld uitbreek by die hof om die familie te besoek. Dit is n klug want hulle weet wat aan die kom is en het nou die familie gaan gerus stel. Ek se dit al baie lank dat die lont aangesteek is en die bom wag om te ontplof maar mense ons moet nie oorhaastig optree nie. Beplan en beplan jy moet jou vyand naby jou hou en wanneer hy dit die minste verwag slaan jy toe. Wees geduldig daar gaan nog van ons bloed gestort word maar die regte uur sal ook aanbreek. En ja ek stem saam dat die DA en VF+ ook net praaters is wat als met die bek wil wegpraat. Die beste leier is om op ons kniee te gaan en te bid en ons Koning Jesus te vra om ons te lei en te antwoord want dit gaan gebeur as ons waarlik Sy aangesig soek. Hy het ons voorvaders gelei en sal ons net so lei as ons glo en Sy aangesig soek. Daarna kan ons ons vriend
Lee optel en aanbeweeg.

Persheks Adri ·

Too little too late! Julle het bloed op julle hande Cyril en Cele! Worry julle nou eers oor waar kos vandaan kom huh?

OW ·

26 jaar se onbevoegdheid wat maar net voortsleep jaar na jaar en praat wat nooit ophou nie,en elke keer dadels van kom.Ek wag nog vir die President se toespraak van 2 jaar gelede waar hy sê,”watch this space”Ons wag en wag.

Stefan ·

Ek glo nie meer ‘n woord van wat cele sè nie solank as wat malema vry rond loop vir veel erger opstoking as die boer wat nie eers borg kan kry nie.
Dis baie duidelik julle meen nie wat julle sè nie, probeer ons net sus en laat kalm bly.

Sage ·

Hoe de hel kan die regering landelike veiligheid ernstig opneem as dit deur die staatspresident ontken word???? Totaal absurd!!!! Onbevoegde leuenaars en boonop onnosel ook!

Johannes ·

Die Horner gesin is beslis beter mense as ek. Ek sou Cele nie eens toegelaat het op my erf nie.

Natasha ·

Ek stem, maar die probleem is wie die vonnis gaan toe dien. Dan gaan mense soos Malema vry rondloop en mense soos Mnr Pienaar die stoel kry. Ons kan nie teen die huidige regering wen nie.

Trotse Boervrou ·

Agnes, dit sou die ideale oplossing gewees het indien ons ‘n Regering gehad het. Dit is absurd in SA en sal nooit die doel dien nie.

Pieter ·

Mense slaap wakker, die is glad nie waar nie. Hulle neem nie eens hulle eie mense ernstig op nie. (Dit gaan oor hulle eie sakke, anc en eff is pa en kind van mekaar met al die sleg in hulle).

Natasha ·

Hoe doen die regering alles in hul vermoe? Al wat die regering doen is praat, praat, praat… Geen aksie nie! En dan blameer hulle ook nog die wit mense vir alles. Ramaphosa beweer dat plaasaanvalle nie ras aangedrewe is nie, maar wat is die werklike statistiek van wit boere vs swart boere wat aangeval word? Die punt is GEEN persoon moet aangeval word nie of dit nou ‘n boer, vrou, kind of man is nie!!!

Denise ·

Hier kom die heuning…. en more is alles weer dieselfde… Cele moet weg.. en dinge moet drasties verander…. en laat die boervry in die senekal ding… julle krap…. sluit jul rooi miere toe ook vir beskadiging..

Derek ·

Bheki Cele die voorstander om onskuldige mense te ontwapen en in die proses bloed laat vloei. Die vraag is, wat is die bedoeling nou, is dit die druk wat hom forseer om op te tree? In 2003/04 het die SAPD beloftes gemaak wat hulle nooit nagekom het nie, dit het gely tot onnodige onskuldige bloed wat gevloei het, hoe kan ons hulle nou vertrou na 16 jaar? Hoeveel SAPD lede word nou aangekla en vervolg? Die Woord van God is ons Lig en ons pad op aarde, nie die god van geweld en haat wat julle aanbid nie. Weet net die Engele van Elohim staan gereed en die Seuns van God ook. Julle het ons geoordeel en die oordeel is nou oor julle, ons het op ons kniee gebly, die angel van die wet is die dood. 2 Petrus 3 vers 6 en 7, selfs die drie vriende van Daniel was beskerm toe die vuur oor hulle gekom het. Julle het ons nie aangekla, maar Hom wie ons aanbid as ons Redder, verlosser en Geneesheer, die Messias Jesus Christus, die Lig van die wereld! Wat was sal weer wees spreek die Woord van God!

Dries ·

My persoonlike opinie is, as ek die Horner Familie was, sou ek nie die 2x Ministers en hulle entourage in my huis ontvang het nie. Woorde en Simpatie is te laat. Hoelank praat boere al? Hoelank vra hulle al ondersteuning van die Regering. Ek sou eenvoudig net geweier het om met Min Cele te praat. Gun hulle die privaateid om te rou en om die laaste weke se trauma te verwerk…..

Dries ·

As Cele werklik ernstig is oor wat hy gister aan die verpletterde Horner familie gese het, sal hy onmiddelik die publieke figuur wat gister buite ‘n hof in Rustenburg staan en skree het, in hegtenis laat neem op klagtes van aanhitsing tot geweld en rassehaat.

Morne ·

Ja Na n Jong boer wreed ddod gemaak is en omdat die boere nou genoeg gehaat het en by Senekal bymekaar gekom het om hulle stem dik te maak nou is die ANC regering bang vir oorlog.

Annelize ·

As “wetstoepassingseienskappe” hulle werk van die begin af GEDOEN het, en korrek gedoen het, het ons nie nou hier gesit nie.

Too little too late Cele. Jou “besoek” is net “window dressing”, dis al. Julle besef nou julle sal bitter vinnig die regte geluide en bewegings moet begin maak, want hierdie Senekal storie het buitelandse Nuus uitsendings gehaal.

Louis ·

Hierdie ge-kuier van Mnr Hoed is maar net omdat hulle nou gesien het die mense begin nou kwaad raak, anders sou dit nooit gebeur het. Ek praat nie wanorde goed, maar dit het duidelik ‘n doel gedien. Daar gaan egter niks goeds hiervan kom nie. Praatjies is maklik, maar die regering is nie goed daarmee om die praatjies om te sit in dade nie. As Mnr Hoed iets goeds wil doen en wys daar sit iets in sy broek, verbied die rooies want hulle het geen belang daar nie.

JohanR ·

Klomp ANC lieg bekke. NOU wil julle die boere paai want julle het hulle finaal tot GATVOL en geweld gedryf. Mooi wordtjies is nou te laat…..

Mieke ·

Die paddatjies begin nou uit die warm water spring!! Hulle probeer ons net paai sodat hulle geen weerstand van ons kant af sal kry. Too little too late.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.