Horner-plaasmoord: Groot opkoms by hof verwag

Brendin Horner (Foto: Facebook)

ʼn Groot groep boere en organisasies sal na verwagting Dinsdagoggend in Senekal in die Vrystaat saamtrek waar twee verdagtes in die plaaslike landdroshof sal verskyn in verband met die onlangse moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), het Maandag aan Maroela Media gesê dié organisasie het sy lede gevra om die hofverrigtinge by te woon uit ondersteuning vir Horner se naasbestaandes.

Die 21-jarige Horner se liggaam is Vrydagoggend vroeg in ʼn veld op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux in die Vrystaat aangetref. Hy het glo verskeie steekwonde, asook ʼn kopwond gehad. Sy kneukels was na verneem word bebloed soos wat hy glo sy aanvallers probeer afweer het.

Talle ander boere en organisasies het intussen ook aangedui dat hulle die hofverrigtinge gaan bywoon. Een van dié organisasies is die burgerregteorganisasie AfriForum.

Volgens Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sal die organisasie daar wees om Horner se naasbestaandes en die gemeenskap te ondersteun. AfriForum sal ook nuwe stappe aankondig om sy veldtog teen plaasmoorde te verskerp.

“In die geval van die moord op Brendin Horner en die wreedheid wat daarmee gepaard gegaan het, is dit baie duidelik dat plaasmoorde nie ’n gewone misdaad is nie. AfriForum beskou dit as ’n vorm van terreur,” sê Roets, wat ook die verrigtinge gaan bywoon.

AfriForum onderneem nou om verdere navorsing oor plaasmoorde te doen waarin elemente van dié misdaad geïdentifiseer word wat aan terreur gekoppel kan word. Dié navorsing sal dan ook aan die Verenigde Nasies (VN) en die internasionale samelewing voorgelê word.

Die familieboerorganisasie Saai het intussen ook die “onsinnige en wrede moord” op Horner veroordeel.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê dié organisasie is dankbaar dat AfriForum ná nege jaar van bewusmakingsveldtogte oor plaasmoorde daarin kon slaag om as ’n belanghebbende nieregeringsorganisasie deur die VN erken te word en toegang tot debatte te kry.

“Saai sal nou met AfriForum saamwerk om die stem van familieboere van alle rasse op internasionale platforms te laat hoor waar die regering en die staat hulle versaak.”

Wilken sê hy verwag dat die atmosfeer tydens môre se hofsaak dié van magteloosheid, moedeloosheid en absolute frustrasie met plaasaanvalle en -moorde sal wees.

“Elke plaasaanval is emosioneel belaai, maar hierdie was ’n kind in die fleur van sy lewe. Die mense is keelvol.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Plaaskind ·

My hart is seer vir jou Bredin, al ken ek jou nie. Die lewe moes nog vir jou ‘n avontuur gewees het.
Sterkte aan die naasbestaandes.

Mara ·

Geen mens verdien so dood nie, hy was in die fleur van sy lewe, dis so wreed ! Hier is geen wet en orde in hierdie land nie, onskuldige lewens word uitgeruk deur die wetteloosheid! My hart is stukkend vir sy familie, en hulle sal altyd wonder hoeveel pyn hy in sy laaste oomblikke gehad het! RIV Brendin, ek is ook n ma van 2 seuns en hierdie moeder hart ween saam met jou ouers!!!

Plaaskind ·

Pieter ek dink eerder die saamtrek gaan om medelye en ondersteuning vir naasbestaandes te toon. Vir die naasbestaandes wie se harte nou stukkend is. Almal kon net sowel by hul huise gebly het. Ek persoonlik dink dit is ‘n baie mooi en nodige gebaar van die betrokke instansies/organisasies.

Jannie van Niekerk ·

Kyk hoe vinnig gaan Ramspoedphosa en Hoedjie Cele optree teenoor die boere indien ons daarop aandring dat die twee plaasaanvallers summier tereggestel moet word. Alle blankes moet nou daarop aandring dat Rampsoedphosa en sy onbekwame minister van polisie duidelik en hoorbaar moet standpunt innneem teenoor spesifiek: “Plaasmoorde” en nie die skuiwergat van “Ek veroordeel alle moorde” nie. Hoekom word daar slegs simpatie met slegs swart slagoffers van ander msidaad uitgespreek maar nooit ooit met slagoffers van hulle ondersteuners, die plaasmoordenaars nie? Hier verwys ek spesifiek na die president en sy polisieminister.

Nic ·

ramaposa jy en cele moet bedank julle is hoopeloos julle gee nie n hel om vir ons boere nie

Miskruier ·

Verander jou “profile pic/status”met n foto van die jong man. Senekal is ver, Whats Up is naby.

Dup ·

Die wit kruise in die boerelandskap raak net meer en steeds is daar nie ñ antwoord of oplossing vir die blatante en wrede moorde en aanvalle nie.Hoe lank gaan dit nog voortduur voor daar ñ burgerlike opstand plaasvind?

Dirk J ·

In gebede voor Jesus Christus en ons as Geloftevolk Hom aanroep in lofprysing en danksegging vir ons komende verlossing “om ‘n Huis op te rig” as Sy Volk “waar dit Hom sal behaag”. Op die tydstip sal net die beriggewers geld verdien met burgerlike opstand praatjies. Hoe u oe gerig op Hom wat ‘n verskil kan en SAL maak. Die Heilige Gees sal ons lei vandag in Senekal om in Sy waardigheid waardig op te tree.

Wakkerslaper ·

Tyd dat ons ‘n ultimatum aan ramaphosa en sy anc regering stel:
erken en veroordeel plaasmoorde in die openbaar, verklaar dit ‘n prioriteits misdaad, stel ‘n taakspan aan om dit te stop (ontplooi die weermag as dit moet), 48 uur om te reageer. Indien nie, beskou dit as ‘n gewapende aanslag op die Boerevolk (landelik en stedelik), eis die reg op gewapende selfverdediging by die VN. Tyd om ons volk ook sommer bymekaar te roep om leiers te kies en alternatiewe planne op die tafel te kry!

J ·

Hierdie plaasmoorde is ‘n RAMP wat voor ons oë afspeel.

Dis ‘n MISDAAD TEEN DIE MENSDOM dat hierdie tereurdade toegelaat word om voort te duur.

Uit desperaatheid sal ons vergelding moet oorweeg teenoor die terroriste en hulle meelopers.

Hulle moet swaar gestraf word!

Verder is dit noodsaaklik dat pro-aktiewe stappe geneem word om sulke terreurdae te voorkom.

Patrollies, padblokkades, toegangbeheer, aandklokreëls.

Ons moet bewapen en ons self verdedig!

daniel ·

Dit is politieke rampokkery en gestadigte volksmoord waarvan sommige politieke meer weet as wat hulle wil voorgee , maar wat nou in die duister gekonkel word sal in die lig openbaar word.

Nico ·

My innige simpatie vir die brutale afsterwe van Brendin se familie.

Enduro ·

Wat help die vreedsame betogings? Volgens my, absoluut niks nie. Ek was by Soekmekaar se hof die dag toe die boer wat aangerand is en sy vrou verkrag en geskiet is se aanvallers verskyn het. n Paar weke later was ek in Naboomspruit met die vreedsame betoging teen die moord van oom Alwyn en tannie Breggie. n Week later was ek in Pretoria toe die motorfiets ryers na die Unie gebou opgeruk het. 3 Weke terug het ons gaan kruise plant op Ysterberg vir elke boer wat vermoor is.
Elke keer was dit vreedsaam met geen insidente. Daar is gehuil en bemoedig elke keer, maar dit het geen verskil gemaak aan die huidige situasie.
Wat ek eintlik op neerkom is, dat nog n vreedsame protes optog ook vrugteloos sal wees. Die regering verstaan nie vreedsaam nie. Kyk maar na die ANC se optogte

Althes ·

Inderdaad het die jongman se lewe skaars begin. Mense wat hofveriggtinge bywoon, moet dat dit internasionale nuus haal.

Genis ·

Daar moet uitgevind word vir wie hulle werk, watter beweging..Ons weet natuurlik.. die dat hulle vee diewe is n wolhaar storie..Kom uit met die sak patats

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.