Hospersa veroordeel moontlike afleggings by Netcare

Netcare

Die vakbond vir gesondheid en dienspersoneel (Hospersa) het Vrydag ʼn aankondiging veroordeel oor beplande afleggings by verskeie Netcare-fasiliteite oor die volgende paar weke.

Die privaat hospitaalgroep Netcare het aangedui hy is van voornemens om honderde werkers binne die volgende twee maande by verskeie hospitale af te lê. Hospersa het ʼn kennisgewing ontvang dat 500 van sy werknemers in die hospitaalafdeling hierdeur geraak word.

Netcare het in die kennisgewing daarop gewys dat hy sy struktuur wil aanpas om die maatskappy se salarisrol te besnoei.

Hospersa, die grootste vakbond by Netcare, het onderneem om alles in sy vermoë te doen om moontlike afleggings te verhoed. Die vakbond het gesê hy is geskok oor die rede vir die besluit, en bygevoeg Netcare het in die vorige finansiële jaar miljoene rand ontvang weens ʼn 8.4% verhoging in inkomste (R20,7 miljard in 2018 in vergelyking met R19,1 miljard in 2017).

Kevin Halama, woordvoerder vir Hospersa, het gesê Netcare het ook ʼn 5,9% verhoging in pasiëntdae aangemeld en ʼn 5,3% verhoging in finale dividende tot 60c per aandeel. Hy het bygevoeg Netcare het ʼn verhoging van 17,8% in kontant aangemeld ter waarde van R4,3 miljard in Suid-Afrika.

“Ons verwerp Netcare se redes vir die moontlike afleggings. Netcare het deurgaans miljoene rand verdien in Suid-Afrika se gemonopoliseerde privaat hospitaalbedryf, waar hy die markleier is. Die groep se plan om werknemers af te lê, sal talle families sonder ʼn broodwinner laat in ʼn land waar werkloosheid reeds kommerwekkende vlakke bereik het. Ons kan dit nie toelaat nie. Ons sal met die betrokke lede in gesprek tree.”

Halama het gesê Hospersa sal nie ophou baklei nie en alles in sy vermoë doen om die beplande afleggings te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Adam ·

Ek verwelkom bykans elke personeelafaflegginmg in SA. Dit is hoog tyd dat ons mense meer produktief word. Kyk maar elkders na die artikel oor die bedrog van R50m deur vakbondpersoneel met geld wat deur die VSA geskenk is. Jammer ons het nie ‘n Margaret Thatcher nie; sy het geweet hoe roer jy vakbonde se tee.

Hu ·

Net vir die rekord ek werk al vir meer as 22 jaar vir hulle gaan kyk n slag wat die bestuurders verdien daar behoort n wet te wees wat se hulle salarise moet eerste gesnoei word voor enige afleggings niemand het R80 000 en meer n maand nodig om te oorleef nie. Siek en sat vir ryk mense wat van geld n afgod maak

Skroef ·

Net n beskeie R80 000? Isi dit dan wit bestuurders? Ek hoop van harte die AFLEGGINGS is nie net n fyn uitgewerkte plan om van blanke personeel ontslae te raak nie!

Hendrik UAE ·

Maklike oplossing: STRIKE EN BRAND AF!!! So hoe groter julle verhogings hoe meer kamerade sonder werk.

Johanna Botha ·

Hospersa kan julle nie dalk met goeie idees of alternatiewe kom …dis maklik vir die unies wat lede verteenwoordig om van die kantlyn te demand en stakings en vernietiging van eiendom te reel …kom eerder met praktiese voorstelle en raak ontslae van die dooie hout wat soos parasiete aan die agterspene suig. Skep dan jou eie welvaart en gaan studeer verniet …ons kan almal tog nie dokters wees nie ..so almal kannie die Dr se salaris verdien en sal ook nie die verantwoordelikheid wil neem nie ?

Penelope ·

Ek sal saamstem as jul begin afbetaal aan al die nikswerd personeel wat net ‘n salaris wil hê. Hou die personeel wat die “Ekstra myl” vir hul pasiënte en hospitaal stap…. So sal Netcare sy naam in ere kan herstel.

Heleen ·

Adam, jy het geen benul waarvan jy praat nie…ons werk alreeds met minimum personeel… dit kan pasiënte sorg benadeel.

NK ·

Mees onbeskofte personeel. Ek bel netcare midrand wanneer is besoektye want my 74 jarige pa was vir n rug operasie. Ek, my vrou en broer besoek my pa en die volgende oomblik staan n sekuriteitswag langs my en se ons moet die kamerverlaat, buite besoek tye. Die ontvangsdame was glo gerief oor n opmerking van my vroeer en sy kry die wag. Ons moes die hospitaal netcare midrand verlaat. Die hoofsuster was op diens en sy het wel by oproep vroeer bevestig. Die skade is reeds gedoen deur onbevoegde personeel. Die ceo n ene du plessis was te besig om oproepe te neem. Netcare moet sy naam verander na nocare

Irene ·

Ek kan nie vat dat daar so hard gepraat word in die gange van a hosp nie dit klink of personeel in die strate beweeg

Anni ·

Presies Irene, ek het my net nou die dag bloediglik vererg by ‘n Netcare Hospitaal, dit klink of die “Nurse’s Station” in die middel van ‘n Taxi Rank is soos daar geklets en gelag word. Hoe moet mens nou in so lawaai herstel? En se nou net iets, dan is dit nie omrede hulle onprofessioneel en onbedagsaam optree nie, dis bloot omrede jy ‘n rassis is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.