Hospitaal in Atlantis ontvang bomdreigement

Polisiebeamptes Dinsdag buite die Wesfleur-hospitaal in Atlantis. (Foto: Facebook)

Pasiënte en gesondheidswerkers moes Dinsdag inderhaas uit dele van die Wesfleur-hospitaal in Atlantis in die Wes-Kaap verwyder word nadat dié hospitaal ’n bomdreigement ontvang het.

Natalie Watlington, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, sê die polisie se bomeenheid is vroeër vandag na die hospitaal ontbied om die gebou te deursoek.

Die eenheid het die hospitaal veilig verklaar en bedrywighede is intussen hervat.

Watlington sê die voorval het groot ongerief in die verskaffing van broodnodige sorg aan gemeenskapslede veroorsaak. Sy het pasiënte bedank vir hul geduld gedurende die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.