Hospitaal moet miljoene opdok ná verkeerde diagnose

Die Verre Oos-Rand-hospitaal. Foto: Google Maps

Die Verre Oos-Rand-hospitaal. Foto: Google Maps

Die Verre Oos-Rand-hospitaal moet R13,1 miljoen betaal aan ʼn ma nadat hulle haar kind se siekte verkeerd gediagnoseer het.

Brenda Mavimbela se dogtertjie Nonjabulo is in 2010, toe sy 18 maande oud was, in die hospitaal opgeneem. Sy is met bakteriële meningitis gediagnoseer terwyl sy eintlik TB-meningitis gehad het. Weens die verkeerde behandeling is sy gestremd, blind en kan sy nie loop, praat of self eet nie.

Nonjabulo se ma het ʼn eis teen die premier van Gauteng en die LUR vir gesondheid ingedien en die hooggeregshof in Johannesburg het in 2013 in haar guns beslis. Die ander partye het egter geappelleer. Nonjabulo is later deur 30 kenners ondersoek op versoek van albei partye se regspanne. Die hof het Dinsdag op grond van die aanbeveling R13,1 miljoen aan Mavimbela toegeken.

Die DA het die uitspraak verwelkom. “Die Gautengse departement van gesondheid moes al veel vroeër toegegee het in die saak. Hulle het in die afgelope vyf jaar nie ‘n enkele hofsaak rakende mediese nalatigheid gewen nie, ” het Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Na soveel jare uitendelik goeie nuus maar GEEN geld kan gesondheid koop.
Wonder net met wie se geld daar voorheen geappelleer was?

Berhalet Beukes ·

Verkeerde diagnoses en gevolglike sterftes is ‘n algemene ding by SA staatshospitale! Bevraagteken jy dokters is daar ‘n herrie, probeer jy by ‘n professor uitkom is hulle net nie beskikbaar nie, smeek jy vir hulp uit pure desperaatheid is dit reeds te laat! Dis WALGLIK dat dokters en mediese personeel net geen belangstelling toon in hulle pasiënte nie! As nie eens interniste nie ‘n korrekte diagnose kan maak nie, is daar GROOT fout êrens! Ek het dit voor my oë sien afspeel en iemand se lewe is verlore in die proses! ‘n Dom, onbevoegde dokter wat daar is agv ‘n agtergeblewe agtergrond vergunning die geleentheid gebied is om medies te studeer HOORT nie in die professie as hy nie logika by sy boek kennis kan plaas nie!

scalla ·

Die hospitaal kon nie die verkeerde diagnose gee nie, wel die mediese personeel, hou hul aanspreeklik in persoonlike hoedanigheid, dit gebeur as onbevoegde ingevoerde mense die job nie kan doen nie en die owerheid vas glo dit is reg.

Pietertjie ·

Julle bedoel seker dat die belastingbetaler moet opdok. Soos hulle vir elke ander misdaad in hierdie land moet opdok.

Winston ·

Die skuldiges moet vir die res van hulle lewens werk om die eis te betaal met n maandelikse paaiement in hulle persoonlike hoedanigheid, nie die hospitaal nie. Ons belasting betalers behoort nie vir sulke foute te betaal nie. As jy dom is moet jy self hoes. Nie agter jou werkgewer gaan skuil nie. Alles in die land is sedert 1994 gesigloos behalwe die politici wat net n klomp kaf kan kwytraak en daarna skouers optrek.

Ansie Geldenhuys ·

Ek kan my nie van hierdie voorval en menings distansieer nie. Van ons familie is ook van daardie structure afhanklik en sulke voorvalle gee my hoendervleis en angs. Vorentoe beland ons self dalk ook onder sulke omstandighede. Ons het ‘n 19 jarige kleinseun aan die dood afgestaan , so ‘n jaar gelede. Trauma en hartseer is ons voorland, want hy was ‘n fikse sportman, en aan ‘n bloedklont in sy hart oorlede. Daar is geen verwyte of vrae nie, want die mediese behandeling was perfek, want die mense was gekwalifiseerd en paraat.

stash ·

nou kan die ma vir haar en haar kind op n goeie mediese fonds sit en vir haar die regte goed kry om haar in te transport……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.