Hospitaal ontslaan gestremde sonder om te opereer

Martiens Boshoff (Foto: Verskaf)

ʼn Verstandelik gestremde pasiënt het byna ʼn week in die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria gewag om geopereer te word, net om ontslaan te word voor die operasie kon plaasvind.  Martiens Boshoff moes selfs vir ʼn aand lank in ʼn rolstoel slaap terwyl hy wag vir ʼn bed om beskikbaar te raak.  Sy familie vrees nou vir sy gesondheid.

Boshoff het verlede week sy enkel op twee plekke gebreek toe hy geval het. Boshoff se suster vertel hulle het eers gedink sy enkel is verstuit. “ʼn Dag later het sy been baie sleg begin lyk. Ons het hom verlede Donderdag dokter toe geneem, wat my broer onmiddellik na Steve Biko verwys het om geopereer te word,” vertel die suster, wat nie haar naam wou noem nie. “Hy het sy enkel sleg gebreek. Die been in sy enkel is versplinter en dit het in sy spiere en weefsel gesteek. Daar was vreeslik baie bloed.”

By die hospitaal het ʼn dokter sy been verbind en gesê hy moet wag tot daar weer ʼn bed beskikbaar is.

Boshoff moes volgens sy suster Donderdagaand in ʼn rolstoel slaap terwyl hy vir ʼn bed wag.

Steve Biko- akademiese hospitaal (Foto: ANA)

Sy vertel haar broer het die Vrydagoggend gips aan sy been gekry om die bloeding te stop nadat daar deur die loop van die aand ʼn plas bloed onder sy rolstoel gevorm het. Hy het daardie aand ʼn bed in ʼn gewone saal gekry. “Daar is mense wat drie dae lank wag voor hulle ʼn bed kry. Hulle moet ook, nes my broer, dringend geopereer word,” sê Boshoff se suster.

Boshoff is vroeër dié week na die ortopediese saal oorgeplaas. Daar is x-strale van sy been geneem en hy het fisioterapie ondergaan. Hy is egter gisteroggend (Donderdag) ontslaan, sonder om geopereer te word.

“My ma het dadelik die hospitaal se bestuur gekontak en hulle het gelukkig ingetree. My broer word nou hopelik vandag [Vrydag] geopereer,” vertel Boshoff se suster.

“Intussen is my broer besig om agteruit te gaan. Hulle het sy gips na ses dae afgehaal nadat daar vuilgoed en bloed begin uitkom het. Hy is spierwit en ek kan sien hy het baie pyn. Ons vermoed sy been is besig om te vrot,” vertel sy suster.

Boshoff se suster sê haar hart breek vir haar geliefde broer wat verstandelik gestremd is en nie verstaan wat aangaan nie.

Maroela Media wag vir die hospitaal se woordvoerder om die voorval te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Belinda ·

Die hospitale is egter gereed vir die Covid-19. Mooi gereed in ‘n rolstoel sal jy wag.

De Villiers ·

Al moet jy bake beans en brood eet elke liewe aand van jou lewe, kry tog ‘n mediese fonds!

ogies1 ·

Maklik vitr jou om te se…daar is mense wat dit nie kan bekostig nie… ek kry maar n klein salaris. en met dit betaal ek die huur koop krag en betaal die water. dan is my salris kla. my man is n handy man.. sukkel om vaste werk tekry.. sy geldjies wat inkom koop ons kos. vir ons (3 kinders)en ons diere en skoonmaak middels ens… en hy kry nie hierdie groot werke wat R10 000 -R15 000 betaal nie. als klein werkies. hou ons aan lewe as daar LET WEL werk is… kanie eers vir my kids n broek of n skoen koop nie… so jy kan vir my maar eerder stil bly!

Pandora ·

Ongelukkig is mediese fondse net geldwolwe wat enige rede sal uitdink om geld in te vorder maar nie hulle dienste reg aan te wend nie.
Die ekonomie is in resessie – meeste mense kan nie voorbly met die uitgawes nie – en om nog ‘n afhanklike op jou medies te kry (in hierdie geval sou die suster haar broer op haar medies moes sit), gaan ‘n groot gat in jou sak maak, wat bitter min mense kan bekostig.
Kan ons nie eerder iets soos ‘n Back-‘n-buddy fonds vir die broer maak sodat hy die nodige hulp en nasorg kan kry nie? Ons moet maar so na mekaar omsien.

Alta ·

Dan wil die staat aangaan met die nuwe gesondheid stelsel.”. Hulle kan nou nie eers die huidige mense help nie. My innige simpatie aan al ons mense wat afhanklik is van die staat se gesondheid sorg

Anel ·

Alta, stem 1000% saam met jou. Jy var die woorde uit my mond!

Suzette ·

Die gesondheidstelsel in SA is uiters swak en kan nie eens na alledaagse gevalle omsien en behoorlik hanteer nie MAAR ons moet weet hulle is gereed vir Covid – werklik dit sou lagwekkend wees as dit nie so tragies was nie.

Manda ·

O my ….. nou hoe nou as Covid19 gevalle begin meer word…. dan hol die hospitaal personeel EERS inmekaar vas….

Stof ·

Baie dankie Manda, vir die mosie wat jy in ons stel. Ons ag die voorreg om te dien daar waar dit nodig is, as groter as die stigma wat aan ons toegedig word.

AmY ·

My broer was so vyf jaar gelede na Edenvale Hospitaal verwys met bloeiende maagseer.

Hy het wel die eerste aand geslaap op ‘n draagbaar.

Die volgende middag het ons hom besoek. Hy het ‘n bed en drup gehad, en reeds die kamera gesluk.

Hy is twee dae later ontslaan. Gesond. Sy ondervinding was goed gewees.

Kosie ·

Die burgers wat in die land is kry nie n bed in n hospitaal nie maar die Suid afrikaners uit China bly in n 4 ster oord

Tinker ·

My man het laas jaar 4 dae in dieselfde hospitaal se ongevalle in n stoel gesit. Ek moes my rolstoel van die huis af saam vat elke dag want hy het net een been. Hy kon nie met sy krike loop nie en hulle het hom nie eers gevat om badkamer toe te gaan nie. Daai hospiaal se peroneel worry nie, ek moes baklei voor hulle vir hom pyn meds gegee het. Op die vierde dag het hy eers n dokter gesien.

Prontuit ·

maar” moenie paniekerig raak nie mense” -” ons is gereed vir corvid-19″ – wat ‘n grap – ons kan nie eers nou gewone gevalle hanteer nie !!!!!!! shame dink net in watse pyn daai arme man is eish o nee die hemele behoed ons asb

FM ·

SULKE GOED MAAK MY WOEDEND !!!!!! ‘N GESTREMDE PERSOON ………NEE DIT IS ONAANVAARBAAR.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.