Hospitaal reageer weke ná 2-jarige glo in isolasiesaal verkrag is

‘n Polisievoertuig buite die Dr. George Mukhari-hospitaal (Foto: Jonisayi Maromo, ANA)

Die uitvoerende hoof van die Dr. George Mukhari-hospitaal in Pretoria, dr. Richard Lebethe, sê hy is in die duister gelaat oor die beweerde verkragting van die tweejarige kind in Juniemaand in die hospitaal se isolasiesaal. Hy sê weens ’n misverstand in die kommunikasie tussen personeellede in die hospitaal is hy eers weke na die voorval daarvan ingelig.

Lebethe het Vrydag tydens ʼn protesaksie deur die #NotInMyName-aktiviste by die hospitaal aan die betogers erken hy het die eerste keer verlede week Woensdag van die voorval te hore gekom na hy ʼn medianavraag daaroor ontvang het. “Dit het my geskok en op daardie stadium het ek begin vrae vra oor die voorval,” het hy aan die skare betogers gesê.

Die pa van die dogtertjie was ook deel van dié optog. Die optog is gehou ten einde geregtigheid vir sy dogtertjie te laat geskied.

Lebethe sê hy glo die misverstand het opgeduik in die tydperk toe die kind na die hospitaal se ongevalle gebring is en toe die gesin haar van die hospitaal na die polisiestasie geneem het om ʼn klag van verkragting te lê.

Die tante van die dogtertjie is op 15 Junie deur ʼn kliniek in Soshanguve na die hospitaal verwys nadat die dogtertjie gesukkel het om asem te haal. Sy sou ook ʼn Covid-19-toets by die hospitaal ondergaan. Soos vroeër berig het die tante aangevoer die hospitaalpersoneel het haar verwittig die dogtertjie het moontlik die nuwe koronavirus onder lede en dat sy in isolasie gehou moes word. Haar ma is aangesê om huis toe te gaan. Die hospitaal het later die nag gebel en gesê die kind huil van pyn. Later het nog ʼn oproep gevolg dat sy nou slaap. Die volgende oggend het die hospitaal haar ma weer gekontak, gesê dat die dogtertjie negatief vir die virus getoets het en dat sy huis toe moet gaan.

Die kleuter was daarna nie haarself nie. Sy het moeilik geloop, vreemd opgetree en deurlopend gehuil. Die ma het ook ʼn vreemde vloeistof op die kind se private dele gesien toe sy haar doek geruil het. In die daaropvolgende dae het sy geweier om te speel en heeltyd gehuil. Nadat haar ma nadere ondersoek ingestel het, het sy besef daar is met die kind gepeuter. ʼn Mens kon maklik sien dat daar penetrasie was.

Hulle het die kind se pa laat kom wat gesê het hulle moet haar die volgende dag na ʼn hospitaal neem. By die KT Motubatse-kliniek het die verpleegster gesê daar is aanduidings dat die kind gemolesteer is en dat sy na die Dr. George Mukhari-hospitaal teruggeneem moet word.

Lebethe het toegegee dat die vertraging om aan die saak aandag te gee, en die tyd wat verloop het voor die ondersoek en die insameling van bewyse, ’n negatiewe uitwerking op die strafregtelike ondersoek gaan hê. “As daar dadelik aan die saak aandag gegee was, sou dit makliker gewees het om inligting in te win. Met bewyse soos DNA en semen is dit die beste om dit onmiddellik te neem.”

Lebethe erken toe die kind na die hospitaal terugverwys is na die ma die vreemde vloeistof op die kind se private dele opgemerk het, moes die hospitaal dadelik aandag daaraan gegee het.

“Toe die ouers die kind na die hospitaal teruggebring het, het die een verpleegster besluit die saak moet aan die polisie gerapporteer word. Die verpleegster het die polisie gebel, maar niemand het opgedaag nie. Die ouers is toe self na die polisiestasie toe.” Die ouers is deur die polisie van bakboord na stuurboord gestuur.

Lebethe sê toe die gesin die hospitaal verlaat het, het die verpleegster besluit om met ’n toesighouer van die hospitaal te praat. “Die toesighouer het vir haar gesê dat sy nie veronderstel was om die gesin te laat gaan nie, maar eerder ’n dokter moes gebel het om die kind te ondersoek.” Die hospitaal het die gesin toe gebel en gevra dat hulle moet terugkom.

Amptenare het aanvanklik ontken dat hulle enigiets van die beweerde voorval weet – iets wat die kind se gesin as ʼn infame leuen bestempel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Africangrey ·

Dis wat gebeur as Jan rap en sy maat toegelaat word om verpleegkundigen te speel, die arme kind was in isolasie, so dit was nie sommer enige iemand wat daar kon ingekom het nie, ek bedoel, sy was getoets vir die virus, en in isolasie, dan is daar mos 24 uur toesig? En dra almal beskermende klere? Geen wonder die virus versprei nie, die mense se koppe hak uit…….

Grens ·

Die uitvoerende hoof van die hospitaal is seker noot daar nie, die dat hy nou eers uitvind wat aangaan. “Kommunikasie probleem” storie is ‘n pot snot.

Baardman ·

Hoe kan die hoof nie weet wat in sy hospitaal aangaan nie. Hy is seker lekker by die huis, besig om salaris te trek.

Leon ·

Presies soos baie maatskappye se besturende direkteure nie ‘n idee het wat op grandvlak aangaan nie. Hulle wil nie belangstel nie want hulle is net agter die geld aan en wil nie weet wat onder aan gaan nie. Presies soos die ANC regering.

Pieter ·

Daar is geen verskil tussen julle en julle chinese pelle nie. Julle verwoes alles wat voor kom as julle klomp klaar is gaan daar net mooi niks van die land oor bly nie.

Estelle ·

Bitter hartseer……! Net 2 jaar oud!! Definitief was daar nalatigheid, seker gele en slaap tydens nagskof of so iets. En toe probeer hul dit toesmeer.

Jax ·

Dis wat gebeur as die land en die hele wêreld totaal van omgee vergeet het. Ons leef in n totaal liefdelose wêreld!
Dit begin by die regering en vloei dik deur die skares van mense – nie net SA nie – die hele wêreld ingesluit!

Nette ·

Fire al die wat betrokke is, as dit met ‘n skoolhoof kan gebeur wat ook niks te doen gehad het met wat die onderwyseres gedoen het nie, kan hulle dit met die hoof van die hospitaal ook doen…

katerinadiekat ·

Dis omrede Covid of nie, n 2 jarige se ma by haar moes wees. Hulle kon haar saam met die dogtertjie geisoleer het, ek is seker sy sou dit so wou he. Dit maak n mens regtig siek tot in n mens se siel!!

Porseleintjie ·

Misverstand in die kommunikasie?? Eerder ‘mis verstand’ in hierdie geval. Vir 2 weke poog die ouers om hulp te kry en word van bakboord na stuurboord gestuur. Slap knieë en hande is al wat hul kry, want daar is nie geld betrokke nie. Enige beampte wat sy / haar sout werd is, sou tog die verstand hê om daadwerklik op te tree. Ou Cyril….put your money where your mouth is. Geweld teen vroue en kinders moet elke dag aandag geniet. Nie net n maand in die jaar nie…wat jy duidelik niks mee bereik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.