Hospitaal se Covid-19-saal brand

Argieffoto (Foto: Unsplash)

’n Brand het Dinsdag vroegoggend in die FH Odendaal-hospitaal in Modimolle (Nylstroom), Limpopo, se Covid-19-saal uitgebreek. Twee pasiënte het tydens die brand gesterf.

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, sê volgens ʼn voorlopige ondersoek het die brand tussen 02:30 en 04:00 in die Covid-19-saal in die hospitaal uitgebreek.

Die LUR van gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba (middel) het haar ook Dinsdagoggend na die hospitaal gehaas om personeel by te staan (Foto: Limpopo Departmtent of Health, Facebook)

“Personeel het geskarrel om die pasiënte betyds na veiligheid te neem en het ook met brandblussers die brand probeer blus,” het Shikwambana aan Maroela Media bevestig.

“Twee van die pasiënte het in die proses gesterf. Ons wag op die uitslae van die lykskouing om te bepaal wat die oorsaak van hul dood is.”

Shikwambana sê die brand was vinnig in bedwang gebring voordat dit te ver kon versprei. Die gedeelte in die saal waar die brand uitgebreek het, is beskadig.

Shikwambana sê die oorsaak van die brand word ook nog ondersoek.

Die LUR van gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, het haar ook Dinsdagoggend na die hospitaal gehaas om personeel by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert ·

‘n Mens wonder nou hoe die hospitale nou ewe skielik aan die brand raak? Dis nou die 2de een in ‘n kort rukkie.

Inkpot ·

Dis wat gebeur as daar nie instandhouding gedoen word nie.
Die brandslange en alarms het in die onlangse brand by die Johannesburgse hospitaal nie gewerk nie en nog erger, ‘n groot stad soos Johannesburg het NET TWEE brandweerwaens oor.

Karen ·

Na 27 jaar van geen onderhoud gaan dinge begin uit mekaar val

Tanniepetoors ·

Hoe gebeur dit? Slaap die verpleegpersoneel terwyl die pasiënte deur die brand/rook oorweldig word? Was daar geen brandalarms nie? Indien nie, wie gaan hier verantwoordelik gehou word vir growwe nalatigheid en wanbestuur?

Pietertjie ·

Waar was die nag-personeel toe die brand ontstaan het?

Elize ·

die verpleeg personeel het om ‘n heater gesit en slaap, dis ook hoe die brand ontstaan het, jammer aan die arme families van die 2 slagoffers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.