Hospitaal-skietery: Werker geloof vir heldedaad

(Foto: Jacques Weber/Facebook)

’n Heldedaad deur ’n gesondheidsorgwerker het moontlik tot gevolg gehad dat Saterdagaand se skietery in die New Somerset-hospitaal in Seepunt nie tot verdere lewensverlies gelei het nie.

Die skietery het tot die dood van twee pasiënte en ’n polisiebeampte gelei. ’n Pasiënt wat ontslaan sou word, het tydens ’n struweling ’n polisiebeampte se vuurwapen afgeneem.

Die skieter het die beampte geskiet voor hy na twee medepasiënte geloop en hul doodgeskiet het. Die 32-jarige polisiekonstabel het Sondagoggend aan sy beserings beswyk.

Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid het ’n gesondheidsorgwerker, wat versoek het dat haar naam nie bekend gemaak word nie, met die skieter onderhandel en sodoende moontlik verdere bloedvergieting gekeer.

Die gesondheidsorgwerker het na die skietery die saal binnegegaan en direk met die skieter gepraat. Sy het hom kalmeer en oortuig om die vuurwapen te oorhandig.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, sowel as dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, en Reagan Allen, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisietoesig, het reeds die hospitaal na die skietery besoek.

Konst. Donay Phillips

“Ek is geskok en hartseer oor hierdie aaklige voorval. My innige meegevoel gaan uit na die families van die slagoffers van hierdie sinnelose daad. Ons verwag ’n volledige ondersoek na hierdie saak sodat ons presies kan verstaan wat gebeur het. Dit kan nooit toegelaat word om weer te gebeur nie,” het Winde gesê.

Mbombo het haar simpatie met die families van die slagoffers betuig en die gesondheidsorgpersoneel van die hospitaal geloof vir hul professionele en doeltreffende bestuur van die voorval.

Die polisiebeampte wat tydens die skietery dood is, is as konst. Donay Phillips geïdentifiseer.

Allen het gesê dit is ontstellend dat ’n beampte sy lewe op hierdie manier moet verloor. “Ons beskou ’n aanval op die polisie as ’n direkte aanval op ons almal, en dit kan nie die norm word nie.

“Ek was reeds in gesprek met die provinsiale polisiekommissaris en ek hoop om die familie te besoek om persoonlik my meegevoel oor te dra. Dit is aaklig en hartverskeurend.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nie Verbaas ·

En Cele en Ramaphosa, glo julle dat misdaad in Suid Afrika onder beheer is? Hoeveel meer onbevoeg kan julle nog raak?

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel met die oorledenes se families en naasbestaandes. Dit is so hartseer dat daar nie meer beheer/dissipline in ons land is nie.

domheks ·

Hoekom gebeur dit nou gereeld dat polisie se vuurwapens afgeneem word? cele moet verduidelik!

Linx ·

Snaaks genoeg toe Len Cloete die polisie ontwapen en hy geskiet word toe is die polisie swak opgelei,want hy moes nie in sy kop geskiet was ni,in n vorige berig wat MM gepost het lees een van die kommentare “die polisie is swak opgelei omdat hulle ontwapen word.Niemand se nou die polisieman moes in die been of arm of vinger geskiet was nie,Rus sag kollega mag jou familie vrede vind.

Lillian ·

Dis altyd hartseer as ‘n lid van die polisie hul lewens verloor … Rus in Vrede Kst. Phillips.

JohnnyS ·

Koop ordentlike retensie hoslers vir die SAP en hou op goedkoop oneffektiewe gemors uit te reik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.