Hospitaal-veiligheidswag met mes doodgesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto met ʼn mes doodgesteek, het die polisie in Gauteng Sondag gesê.

“Die veiligheidswag het in ʼn rusie met ʼn ander veiligheidswag betrokke geraak terwyl hulle Vrydag aan diens was,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ander veiligheidswag het ʼn mes uitgeruk en hom daarmee gesteek. Hy is na ongevalle gehaas waar hy dood is.”

Volgens Makhubela het albei veiligheidswagte by die hospitaal gewerk. Die ander veiligheidswag het gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die vakbond Nehawu het gesê die voorval kom nadat daar Vrydag ʼn betoging was by die hospitaal. “Nehawu is geskok deur die nuus,” het Sizwe Pamla, woordvoerder van die vakbond, in ʼn verklaring gesê. Lede van Nehawu het buite die hospitaal betoog oor verskeie kwessies insluitend veiligheid by die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.