Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, het gesê Mpho Nteo, Elias Mafahla en Phineous Mathebula word van diefstal aangekla. Die drie is Donderdag in Ooseinde, Bloemfontein, betrap waar hul glo staalplate, wat vir rakke gebruik word en ander mediese toerusting by die skrootwerf afgelaai het.
Die toerusting was glo sowat R200 000 werd. Die beskuldigdes het glo die toerusting met ‘n voertuig wat aan departement behoort, afgelaai. Die saak is tot 14 April uitgestel vir verdere ondersoek en die verdagtes bly in aanhouding.
Die mans is in hegtenis geneem kom ná ʼn polisieoperasie waartydens klopjagte op verskeie skrootwerwe en tweedehandse winkels gedoen is. Tydens die operasie is vier skrootwerf-eienaars boetes opgelê omdat hulle nie geldige lisensies gehad het nie, terwyl vier buitelandse sake-eienaars in hegtenis geneem is omdat gesteelde selfone in hul besit gevind is. Daar is tydens die operasie op ongeveer 160 selfone beslag gelê. Die verdagtes sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Solank daar n afset gebied vir die gesteelde goed is soos by die skrootwerf sal diefstal nie stop nie.
Ek stem 100% saam – daar moet strenger opgetree word teen die mense/maatskappye wat afsetgebiede skep
Altyd negatiewe komentaar, waar is die of vir die polisie? Mooi so hou aan met goeie werk
Dit is nou “wettiglik” steel. Gebruik die departement se vervoer om die goedere weg te ry. Hoekom sal hulle dan nou een van hulle voertuie voorkeer om te ondersoek.