Hospitale weier glo om 450 kg-man van Jhb te behandel

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

ʼn Man van Edenvale in Johannesburg wat 450 kg weeg, se lewe is in gevaar aangesien geen staatshospitaal glo kans sien om hom te behandel nie.

Corrie Le Grange (60) is in ʼn ernstige toestand by sy huis in Illiondale nadat vog oor die afgelope maand in sy liggaam begin opbou het. Sy niere is ook besig om in te gee.

Linda McKenzie, ʼn lid van die Edenvale-gemeenskappolisiëringforum (GPF) wat die gesin bystaan om mediese hulp vir Le Grange te kry, het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê Le Grange is nie meer by sy volle bewussyn nie en het begin yl. “Hy kry so swaar, hy moet net dringend mediese behandeling kry. Dit is so hartseer,” het ʼn emosionele McKenzie gesê.

Le Grange se verloofde, Shammy Rademeyer, is glo ʼn kankerlyer en daarom is die paartjie se mediese fonds tans uitgeput, het McKenzie gesê. “Die privaathospitale waar ons hom wou laat opneem, verwag almal ʼn deposito voordat hy opgeneem word, tot soveel as R100 000. Corrie en Shammy het nie soveel geld nie,” het sy gesê.

Sy het verduidelik dat ambulanse en mediese personeel van Emer-G-Med op bystand is om Le Grange hospitaal toe te neem en dat hulle sal help om hom uit die huis en in die ambulans te kry. Ongelukkig was daar nog geen hospitale wat aangedui het dat hulle hom sal opneem nie.

“Die staatshospitale weier net om hom te vat, want hulle sê hulle het nie sulke groot beddens beskikbaar nie. Ons het gevra of ons nie twee beddens teen mekaar kan skuif met ʼn groot plank en ʼn dubbelbedmatras bo-op nie, maar die hospitale sê net die beddens sal nie die gewig kan hanteer nie.”

Volgens Linda is hulle nou desperaat om geld in te samel sodat ʼn dokter en verpleegsters hom by die huis kan behandel. “Sover ek verstaan kan hulle met lokale verdowing en spuitnaalde die vog uit sy buik trek, vyf liter op ʼn slag. Maar ons sal ʼn dokter moet kry wat bereid sal wees om die prosedure hier by die huis te kom doen en die geld om daarvoor te betaal.”

Enige persoon wat graag Le Grange wil bystaan, kan ʼn e-pos aan [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Neil ·

Hez ek dink nie dit is maklik nie. Jy sal meer as 3 ongesonde maaltye moet eet en so ‘n paar liter van die swart suiker koeldrank saam met dit moet neem voor middag ete.

Anita ·

@Hez: Dis ongevoelig om dit so blatant te stel. Natuurlik is dit ongesond maar jy het nie al die feite of is ek verkeerd?

Kyk eerder hoe op aarde jy die man kan help.

martie ·

Shame die man kon nie daarvoor help nie dis ‘n seldsame siekte. Ek sê dankie aan my Hemelse Vader ek het dit nie

Melt Olckers ·

Dit is diskreminerend om te vra hoe iemand so baie gewig optel. Daar is siekte toestande wat dit kan veroorsaak. Ook is obesiteit ‘n gestremdheid wat nie altyd die persoon se skuld is nie.
Dit is net jammer dat die staat wat verplig is om te help, nie wil nie.

PIXIE ·

MELT, EK STEM SAAM. SIES VIR JULLE, JULLE MAARGA……… DIT IS DISKRIMINEREND EN EK SKAAM MY VIR JULLE. PLAAS DAT JULLE LIEFS FINANSIEEL HELP. JULLE MENSE IS DAREM GEVOELLOOS EN ONMENSLIK. SIEKTETOE- STOESTANDE SOOS KLIERE EN NIERE KAN OOK OORGEWIG VEROORSAAK. JULLE MAARGA…… DINK SEKER DIT IS VAN EET EN COKE DRINK! MAG DIE HERE JULLE VERGEWE OMDAT JULLE SO MISLIK IS MET CORRIE. EK WAS OP SKOOL OOK UITGESKEL AS VETTIE EN EK WEET HOE HY VOEL. STERKTE OU MATER EK DINK AAN JOU EN BID IEMAND GAAN JOU HELP. MOENIE MOED OPGOOI NIE. MET LIEFDE

Hez ·

@Pixie, wat laat jou nogal dink die res van ons is MAER? Jy verwys na “MAARG……….”? Wonder maar net…

Dave ·

Die vraag is natuurlik hoe staan ‘verplig’ en ‘wil nie’ in verhouding met mekaar.

Pixie ·

Dit is definitief diskriminerend. Sies vir julle wie so lelik is met Corrie. Daar is siektetoestande en dit is nie net van OORVREET nie. Corrie hou moed en wees sterk. Ek bid vir jou. Ek was op skool ook uitgeskel vir VETTIE en weet hoe jy voel. Ek hoop iemand gaan jou spoedig help. Ek stem saam met Jo-an dit is net simpel verskonings van Staatshospitale.

Jo-an ·

Dis net verskonings van staatshospitale hulle kan iets foen om so pasient te help.

Se maar net ·

Die probleem is as jy sover laat gaan het, is dit nie meer keerbaar nie. Daar is talle sulke mense en die groot probleem is hul organe kan net nie meer nie, Ek kan my net probeer indink dit is nie maklik vir hom of sy gesin nie. Maar ongelukkig doen mense dit aan hul self.
Baie sterkte, hoop dat daar tog ‘n hospitaal is wat die man kan help.

Dave ·

Dit is byna ‘n half-ton. Ten spyte van sommige kritiserende kommentare is dit waarskynlik waterprobleme.

Leonie ·

Daar moet mos ‘n dokter wees wat sy diens kan lewer vanaf Kempton Park of Edenvale of gaan als oor geld. As Dr Strauss nog gelewe het sou hy defnitief iets aan die situasie gedoen het. Ek voel so jammer vir die arme man. Hoop regtig daar is ‘n dokter wat bereid is om te help waar als nie net oor geld gaan nie. Sterkte Mnr le Grange, ek hoop iemand lees die berig wat kan help. Maroela Media hou ons asb op hoogte!!

Eish! ·

Vergeet als van hoe die man soveel weeg. My gedagte le by die oorsese lande wat ons soortvan gedwing het om die regering te aanvaar. In hul lande word almal gehelp, maak nie saak hoeveel hy weeg en watter ras hy is nie. Nou wat se hul van die tipe staat waarmee ons moet tevrede wees? Wens dit kan die ander lande se TV kanale bereik, sodat hul kan sien hoe goed ons regering vir ons mense nou is. In die vorige bedeling sou ‘n hospital opgetree het!

orgaanskenker ·

Mense hou op om die man te blameer vir sy toestand. Net hy sal weet wat is die rede daarvoor. Moet asb nou nie so dom onnosel redeneer soos ons geagte Minister van Gesondheid wat homself voordoen as n dokter nie. Die uwe dr Aaron Motsoaledi weier mos om mense met nierversakking te help in die staatshospitale, want volgens hom is dit hulle eie skuld dat hulle organe ingee. Ek wonder of sy redenasie ook van toepassing is op mense wat HIV positief is!! Sy comrade Shabir Sheik is n bespotting vir mense wat elke dag smag na ordentlike mediese sorg en hulle dae omsit op dialise masjien net om aan die lewe te bly. Dan worry Dr Mots ook natuurlik glad nie as hy siek raak want hy mos op die beste mediese fonds en kan heerlik in privaathospital gaan bly.

Richard Louw ·

Jammer dat enige mens in so ‘n toestand moet sukkel, maar hy het dit aan homself gedoen. Almal hier blameer nou die staatshospitale, maar op hierdie stadium as daar nie meer veel wat vir hom gedoen kan word nie. Laat hom eerder sy laaste paar dae in vrede saam met sy familie by die huis deurbring as om hom te dwing om in ‘n vuil staatshospital te gaan sterf.

Pendoring ·

Richard, jy is 100% reg. Daar was nog nooit ‘n geval in die geskiedenis waar iemand oorgewig geraak het deur kos in te asem nie. Dit het deur die keel ingegaan of binne-aars. Al wat die “klier” verskoning is om die eter ‘n verskoning te gee om te ooreet. Basiese wiskunde: kilojoules ingeneem – kilojoules verbrand = vet word of maer word . Niks minder, niks meer nie.

Vic ·

Ag, dat mense hulleself nou so definitief kan uitspreek oor iets waarvan hulle nie die basiese feite ken nie. Dit is seker moontlik dat die man te veel eet. Dit is egter ook moontlik dat sy oorgewig die gevolg is van siekte (hipotirioiedisme, Cushing’s! ens.), of die gevolg is van sekere medisynesoorte. Of iets anders. Meeste siektes waaraan ons doodgaan is die gevolg van iets wat ons self doen, nie doen nie, of tot n sekere mate beheer oor het. Moet ons nou almal gestraf word daaroor?

Hez ·

@Anita, ek het GLADNIE die persoon wat 450kg weeg, geoordeel nie. Jy is immers rég, ek het NIE al die feite nie, maar my gesonde verstand bevraagteken HOE op aarde die mens ongeag sy mediese toestand/diagnose die skaal tot op 450kg laat trek. Dit is BESLIS nie ‘n ding wat OORNAG gebeur het nie! Ek sou dink hy moes al professionele hulp gekry het alvorens sy gewig by 160kg gaan draai het.. Sterkte aan die man inelkgeval, dit moet een hengse LYDING wees – hoop hy kan gehelp word.

Muis ·

Ek wonder nou maar net….veronderstel jy is in ‘n motorongeluk, veroorsaak deur jouself, en jy het mediese hulp nodig…. Sal al hierdie eenvoudige, self-heilige idiote (ek verwys nou na julle almal wat reken dis sy eie skuld omdat hy oorgewig is) tevrede wees as julle weggewys word van hospitale vir mediese hulp…..? Julle is mos almal plankdun en leef die perfekte gesonde leefstyle wat julle ‘n 180jaar oud sal laat word….

Canned Phantom ·

@Muis – ‘n mens word nie “per ongeluk” 120, 150, 200 of 450kg nie. Jy moet eet vir ‘n plek en omtrent gladnie enige aktiwiteite doen nie. Ek is oorgewig en ek weet presies waar dit vandaan kom, ek vreet soos ‘n vark. My skuld, net my skuld. Ek gaan niemand verantwoordelik hou as hulle my nie wil behandel nie, want ek het dit op myself gebring. Ek stem saam met Pendoring, jy kan slegs gewig aansit as jy dit deur jou keelgat inneem.

Vic ·

Jammer, weereens, maar jy is verkeerd. Daar is verskeie metaboliese toestande wat oorgewig veroorsaak sonder dat mense te veel eet. Maak tog seker van jou feite voordat jy dinge so definitief stel.

Hez ·

@Muis, “self-veroorsaakte ongelukke” het nie “Gevaarligte” nie – maar Corrie se toestand wél. Die probleem moes LANKAL aangespreek gewees het en klaar!

Muis ·

Op die einde het sy gewig absoluut niks te doen met die saak nie, hy word die reg om te lewe en mediese hulp te kry geweier. Ek kry die gevoel dat julle wat eiers lê oor sy gewig niks beter het om te doen as om foute te soek in ander nie. Op die einde van die dag word verskonings uitgedink sodat sekere mense nie nodig het om van hulle vet lui agterente af hoef op te staan en te doen wat hulle betaal word om te doen nie, en agv die houding sterf mense daagliks en is ons land in chaos.

SNEL ·

Ek dink almal het maar iets waar hulle die “te” bysit, of dit kos is, oefening, alcohol, oë wat nie van selfone kan lig nie, TV kyk of wat ook al. Die man as hy nie n siekte het nie, het nou maar n lekker eetdingetjie wat net nie gelos kan word nie. Dis net hartseer dat dit amper die enigste verslawing is wat jy oop en bloot rond dra sodat almal dit sien. So glo ek nie een van ons kan n vinger wys nie, ek glo almal het daai ietsie wat hulle meer doen of geniet as wat hulle moet. Dis net skandelik dat mediese hulp hom nou ontsê word oor sy grootte, was dit n ander verslawing, was hy gehelp.

Cheryl ·

Gaan lees Netwerk 24, hulle het ‘n berig opgesit dat Corrie aan Askites ly – Abnormale ophoping van vog in die buikholte

Berhalet Beukes ·

Gewig is irrelevant. Besef mense wat regtig in staatshospitale aangaan? Ek is persoonlik 2 keer geweier, ek kan nie ‘n mediese fonds bekostig nie. Verder wil ek weet, besef mense hoe vuil, onhigiënies, vervalle die hospitale is? Personeel is of onbevoeg of onbeskof en moedswillig en ek kan met eerlikheid sê, staatshospitale vind redes om veral blankes weg te wys! Dis ‘n skande want ons belasting geld word beslis gemors!

Melt Olckers ·

Nie alle siekte toestande is as gevolg van leefwyses nie. Selfs Diabetes kan geneties wees, asook Obesiteit, wat nie altyd net deur ooreet veroorsaak word nie. Dan is daar ook die probleem waarmee baie, en ja baie Afrikaners sit. Hulle het nie genoeg geld om ‘n gebalanseerde dieet te volg nie, en kan net goedkoop chips en brood bekostig.
Die regering met sy AA en BBBEEE is verantwoordelik vir baie siekte toestande.

Liza ·

Volgens ander koerante is Corrie siek met “askites” abnormale ophoping van vog in die buikholte. Dit is waarom sy gewig 450kg is..

Poppie ·

As jul ander nuus ook lees, sou jul gesien het, dat hy oor die afgelope paar maande 200kg opgetel het. Ek weet dit is reeds oorgewig voor die tyd. Maar dalk het hy reeds aan die siekte begin ly voor die tyd.

Ek diskrimineer nie ·

EKs jammer, ek diskrimineer nie… maar as hy ons (die publiek) se geld wil he moet ons weet wat veroorsaak het dat hy so word… anders kan hy die persoon wat vir hom die kos gegee het vra vir geld. wat maak mens dik….KOS KOS KOS verkeerde dieet en nogmaals kos.

Wat??? ·

Watse nonsies raak jy nou kwyt? Asof ons belasting betalers n gedetaileerde uiteensetting kry van elke diensverbruiker van ons staatsgelde. In my opinie is dit n poef redinasie, jammer.

Shamaine Rademeyer ·

Ek is Shammy Rademeyer en will net vir al die mense se wat Corrie soo sleg se dat hulle kan wens dat hulle soo mens soos hy was. Hy het sy gewig gehou vir die afgeloope 20 jaar en dit was 195 kg hy was 2meter lank sy skouer breete was 900 .Hy het altyd n medise fonds gehad maar danksy die doctor se onbefoegtheid het hulle gese dat ek nie die kanker pille gedrink het nie en ons toe van die mediese fonds afgeskop.Praat van die publiek se geld ons het meer bydra gedoen as jy of baie ander mense . Ons weet waneer n honge rmens by ons verby loop of by ons hek kom staan of by die skool nie eet nie weet jy.? Sy water toestand het binne 3 weeke opgehoop en ons het dadelik probeer om hulp te kry soos by Linmed en Donald Gordan en Groote skuur so moet nie oordeel op iets waarvan jy niks weet nie probeer erder werk daaraan om n berter mens te wees soos CORRIE hy het n legende nagelaat jy kan maar gaan kyk op facebook en PCBG dan sal julle sien wat het die mense van hom gedink, die mense wat hom geken het, en dit is n fiet dat die hospitaal sy dood veroorsaak het. En ek will net vir julle se dat niemand het Corrie geweeg nie hulle het net assumptions gemaak, net soos julle! As jy tyd het om nonsense te praat, maak tyd om navorsing te doen. Of dalk eet en eet julle die hele tyd dis hoekom julle mense oordeel sonder feite. My Pa was nog nooit 400 of 450kg nie, daar is nie eens n skaal in die hospitaal of waarvan ek weet wat dit kan weeg nie. ! En ja hy het medies gehad vir die afgeloope 25jaar en nooit R1 gebruik daarvan nie. Die laaste jaar wat hy nie meer 8500 kon bekostig het nie omdat my Ma se kanker behandeling te veel gekos het, was die oorsaak dat hy na n staat hospitaal toe moes gaan. Die huis Dr. bloedtoetse ensv. is alles uit ons sak uit betaal en al sy medisyne. Maar die feit dat hulle n swak man laat stort het in n gebreekte stort en met bakke watter gegooi het, en die drip 3 keer uit sy hand geskeer het en hy toe ICU toe is omdat hulle hom op die grond gelos het vir 6 ure sodat die water wat in sy liggaam was oor sy hart gestoot het en nogsteeds het hy probeer veg om huis toe te kom. Maar ongeag van die feit dat hy toe sepsis opgetel het omdat die arm wat die naald in was infeksie opgedoen het, en hulle 3 dae gevat het om iets daaraan te doen, sy dood veroorsaak het. Mense kry julle feite agter mekaar. Ons gaan deur genoeg HEL!. En Corrie was deur HEL in die hospitaal. Ek hoop maar vir julle mense wat sulke snert kwyt raak, dat julle nie eendag siek word en hospitaal toe moet gaan nie. Of n dokter moet gaan sien nie, want die medies in hierdie land is in sy moses!! Laastens wil ek net vir julle almal inlig, dat ons by die aankoms van die hospitaal gese is dat die media daar uit bly anders raak hulle nie aan my Pa nie. Dit was die grootste fout!. want dan sou die mense in ons land gesien het wat aangaan in ons hospitale. Baie Dankie aan die mense wat wel wense en strekte toegewens het, ons as familie waardeur dit opreg!

Dave ·

Nou weet julle waarom mense soos Hez, Richard Louw, Pendoring en dies meer bloot geignoreer moet word.

Mike ·

@Dave, waarom moet mense ignoreer word wanneer hul bloot hul opinies lig oor ‘n saak? Ai…

KarooKlong ·

Stop, Stop, kalmeer, die man het ‘n bed gekry en is hospitaal toe.

Paula ·

En almal van julle wat so vinger wys na die man, julle het niks wat julle doen wat nie nadelig is vir julle gesondheid nie ne! Dis so jammer dat die samelewing net vingers wys en nie probeer om n ander se ” issues” te verstaan nie. Sterkte aan die man en sy gesin.

Liezl ·

Vir almal wat so lekker kommentaar gelewer het oor dat dit die ou se die skuld is, doen asseblief bietjie navorsing. Ek lei aan ‘n onder aktiewe skilsklier, polycystic overies en dit beinvloed my gewig. Dan lei ek ook aan eosinophilic colitis en oesophagitis wat maak dat my ligaam teen homself werk. Ook het ek erge allergiee vir vrugte en groentes. Weet julle hoe moeg raak ek daarvoor dat mense dink ek is oorgewig van ooreet.

Nico ·

Baie van die mense wat hierbo kommentaar gelewer het, het nie ‘n idee waarvan hulle praat nie!!! As ek hulle is dan skaam ek myself vir hulle DOM uitlatings. Ek dink dis al aandag wat hulle seker in hul lewens kry.

Ek het vier jaar terug dieselfde oorgekom. Ek was nie klein nie maar het in ‘n kwessie van ‘n jaar tussen 80-100kg opgetel en amper op 240kg geeindig. Ek was vir 16 weke in die hospitaal oor ‘n 6maande periode. Die dokters was eers nie seker wat fout was nie maar nadat ek gediagnoseer is met slaap apnee het ons in ‘n rigting begin beweeg. Toetse het ook gedui op onderaktiewe skuldklier, baie hoe estrogeen vlakke wat die terughou van vog in my liggaam vererger het.

So voor iemand verder kommentaar lewer of vra hoe kan iemand dit doen gaan lees net bietjie meer oor die situasie.

Dahlia ·

Ek is al 14 jaar berokke by n plek waar ons na baie erg en fisies gestremde kinders en volwassenes kyk- Meeste van hulle het nie ouers of familie kontak nie- ons moet ook gebruik maak van staats hospitale-ek verstaan die man se frustrasie-staats hospitale en party privaat hospitale- weet nie om met pasiente te werk wat gestremd en oorgewig is nie- staats hospitale weier net om my kinders te voer- hulle verskoning- hulle weet nie hoe nie- so ons moet op en af ry om te sorg dat ons kinders skoon is en geeet het- dis belaglik!-My ma is oorgewig en die sisters het haar laat val in n privaat hospitaal- sy het erger gelyk toe sy uitkom as wat sy ingegaan het! So ek kry die man baie jammer- hoop hy kry die regte sorg en behandelling- ons almal het n reg om dieselfde mediese diens te kry- of jy nou maer, oorgewig , gestremd of oud is en doeke dra!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.