Hotazel-vrou het glo haar man vermoor

Argieffoto Foto: visitstothepark.wordpress.com

Argieffoto Foto: visitstothepark.wordpress.com

ʼn 25-jarige vrou van Hotazel in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar 49-jarige man.

“Die vrou het glo die man met ʼn mes in sy nek gesteek,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die voorval het Donderdag omstreeks 18:00 in hul informele huis in Magojaneng naby Hotazel buite Kuruman plaasgevind.”

Die egpaar het glo begin stry en die vrou het ʼn mes gegryp en hom aangeval.

“Die slagoffer het in die plaaslike hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Tawana bygevoeg. Die vrou is vandag in hegtenis geneem toe sy by die hospitaal opgedaag het.

Die vrou staan tereg op ʼn aanklag van moord en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Mothibistad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

kyk ook na die ouderdomsverskil, bly maar n nasie op sy eie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.