Hotelontvangsman skuldig aan kaartbedrog

krediet-kredietkaarte-geld-bank

Foto: Stevepb/Pixabay.com

ʼn 37-jarige man is in die Ermelo-streekhof in Mpumalanga skuldig bevind aan kaartbedrog.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het Dinsdag gesê die man, Oscar Ngcungama, is op 29 Mei 2009 in hegtenis geneem tydens ʼn klopjag by ʼn plaaslike hotel in Ermelo waar hy as ʼn ontvangspersoon gewerk het.

“Hy het ʼn onwettige kaartmasjien gebruik om kliënte se betalings te verwerk en die geld te buit. Die valke het op die masjien beslag gelê tydens sy inhegtenisneming.”

Ngcungama is Vrydag skuldig bevind en vandeesweek gevonnis.

Hy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis of die opsie gegun om ʼn R40 000-boete te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik van George ·

Die knaap is 9 jaar gelede al gevang? Die wiele van justisie draai wraggies stadig….

Willem ·

In Ermelo van alle klein plekkies…..daai perd is seker op flakka

Rabes ·

In 2009 gearresteer vir kaart bedrog. Ek dink die polisie en jerudiksie moet hul sokkies optrek dat so ‘n saak 9 jaar sloer

Weegskaal ·

Joh joh vreemd hoe vinnig julle boere in die tronk stop en hoe stadig julle vat op hierdie bedrogsake? Sjoe, erens is die wiele van die gereg besig om af te val of na die een kant toe te swaai.

Snuffels ·

Ek stem, nege jaar gevat om hom n drie jaar vonnis te kry…of R40 000. Wat n grap, maar hulle sal seker se “well done, darem n suksesvolle vervolging”

SjN ·

Skelmgeit betaal nie, die wiel draai, al het dit 9 jaar gevat.

Estie ·

Hy het seker die betalings verwerk en (hopelik) nie “verwek” nie!

Tania Heyns ·

Dagsê Estie

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Pop ·

Hoeveel bedrog het hy nie nou al gepleeg in daai 9 jr nie. Kan sommer die geld gebruik vir die boete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.