Hou jou in op sosiale media indien jy jou werk wil behou

sosiale-mediaWat jy op Twitter en Facebook sê kan beslis verander wat mense van jou dink, maar dit kan ook verander wat mense van die maatskappy vir wie jy werk dink … en dit kan ernstige gevolge inhou.

Rosalind Davey, ʼn direkteur by Bowman Golfillan, het Donderdag tydens die 28ste jaarlike arbeidsreg-konferensie gesê talle werknemers dink hulle het carte blanche om neerhalende of pottende uitsprake te maak oor hul werkgewers, kollegas, bestuurder of ondergeskiktes op Facebook. Sy het gewaarsku dat die uitlatings op wangedrag kan neerkom en dissiplinêre stappe, insluitend ontslag, tot gevolg kan hê.

Davey het bygevoeg die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanvaar inskrywings op sosiale media kan tot ontslag kan lei. “Nie alle spottende kommentaar op sosiale media sal dissiplinêre optrede regverdig nie, soos inskrywings wat gaan oor gedrag vir die bevordering en ondersteuning van ‘n beskermde staking of ‘n beskermde bekendmaking, wanneer ontslag nie toelaatbaar is nie,” het Davey gesê.

Volgens Davey kan ‘n werkgewer middellik aanspreeklik gehou word vir die wandade van sy werknemers, maar dit beteken nie dat werknemers vrygestel is van aanspreeklikheid nie. “Om te help om die risiko’s te verminder, is dit noodsaaklik vir werkgewers om ‘n sosiale media-strategie, ‘n sosiale media-beleid, -opleidingspersoneel en -handhawingsmeganismes in plek te hê,” het sy gesê.

Davey het gesê ʼn sosiale media-beleid moet duidelike reëls en riglyne insluit oor aanvaarbare en onaanvaarbare gebruik van sosiale media, sowel as die gevolge wanneer die beleid oortree word, sodat werknemers bewus is van die risiko’s wat gepaard gaan met die gebruik van sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.