‘Hou Malema môre dop’

Julius Malema. Argieffoto: @EFFSouthAfrica/Twitter

Twee organisasies het ʼn beroep op die publiek gedoen om Julius Malema en sy party fyn dop te hou te midde van gerugte dat onbewoonde grond reg oor die land onwettig beset gaan word.

AfriSake en AfriForum het vroeër vanjaar ʼn interdik teen die EFF en Malema bekom nadat laasgenoemdes hul volgelinge aangehits het om op 6 April onwettig grond te beset.

Die organisasies het Woensdag in ʼn verklaring gesê daar bestaan tans baie onsekerheid oor of grondgrype wel môre gaan plaasvind en het ’n beroep op die publiek gedoen om hulle in kennis te stel van enige EFF-lede wat hulself aan die verontagsaming van die hofbevel skuldig maak.

“Ons vra die publiek om asseblief enige duidelike foto’s en verkieslik goeie beeldmateriaal aan ons deur te stuur indien Malema of lede van die EFF hulle skuldig maak aan aanhitsing om grond te beset. Selfs uitlatings op sosiale media is van belang om ’n minagtingsaansoek teen die betrokke partye van stapel te stuur,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis van AfriSake, gesê.

AfriSake en AfriForum sal ook grondeienaars wat op dié dag onder onwettige grondgrype deurloop, probeer bystaan. Die instansies sê egter grondeienaars moet nie laks wees ten opsigte van die beskerming van hul grondregte nie, maar eerder proaktief in hierdie verband optree alvorens enige hulp aangebied kan word.

“Dit is van kardinale belang dat grondeienaars op hul hoede moet wees en hul grond moet patrolleer. Indien mense grond onwettig betree, ontbied onmiddellik die polisie vir bystand en maak dadelik ’n saak van betreding aanhangig. Skakel ook met plaaslike buurtwagte om te help om grond te beskerm en te keer dat geweld uitbreek. Dit is elke grondeienaar se verantwoordelikheid om self sy grond te beskerm en soveel moontlik bewyse oor die voorval in te win,” het Tarien Cooks, veiligheidskoördineerder van AfriForum, gesê.

Enige voorvalle van geweld of intimidasie moet by die polisie aangemeld word. “AfriSake en AfriForum maak op die publiek se paraatheid staat, asook op hul vermoë om bewyse te bekom om te verseker dat die EFF en Malema die hofbevel gehoorsaam ten einde grondgrype teen te werk en totale chaos op 6 April te verhoed,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Boertjies ·

Beskerm julself boys, enige manier wat jul kan, stel lokvalle, grou gate en maak toe met gras, doen enige iets.

Heidi ·

AMEN! GOD is KONING! Daar staan tog in Johannes 16 v 33 geskrywe – “Dit se Ek vir julle, sodat julle VREDE kan vind in My. In die wereld sal julle dit moeilik he, maar hou moed, Ek het die wereld klaar oorwin!”

m ·

Ag wat ons wittes moet nou net oop stukke grond beset. Dan sy daar seker baie gou opgetree word teen ons.

sharon ·

Ek verstaan nou nie mooi nie. Eers se die plasing moenie reg in eie hande neem nie… Neem foto’s en kontak SAP. Ondertoe sê dit dis elke grondeienaar se plig om self sy grond te beskerm.
Dis wat my so de hel in maak… Neem jy as grondeienaar aksie dan face jy die music dan die ander persoon pleit agtergeblewe status en rassisme.
Lekker man… Lekker

JC ·

Sharon, laai asb. AfriSake se handleiding oor optrede in so ‘n geval, af. (Miskien kan Maroela Media die skakel tot die dokument weer hier beskikbaar stel)
Met “self sy grond te beskerm” bedoel die artikel heel waarskynlik dat, nadat jy ‘n saak(nommer) met ‘n gepaardgaande verklaring oopgemaak en afgele het by die SAP, jy SELF (indien die SAP – omrede hulle huiwerig is om betrokke te raak omdat dit kwansuis ‘n “politieke kwessie” is- nie optree nie), dan ‘N BURGERLIKE ARRES kan UITVOER, DIS JOU REG I.T.V. DIE STRAFPROSESWET. Geliewe net daarop te let dat oordadige geweld nie gebruik moet word nie, maar indien die grondbesetter jou teenstaan wanneer jy hom/haar en of die onwettige strukture verwyder-mag jy EN ENIGIEMAND ANDERS (d.w.s. ‘n ander boer [STAAN SAAM MANNE!!] met die nodige hoeveelheid geweld die persoon(e) verwyder;) Ek hoop dit help.

Stem ·

Spyker op die kop. Hoogs teenstellende berig. Maar verstaan dit is hoe ons wette in die land toegepas word.

Lou ·

Maak nie saak wat jy doen nie, moet net nie fotos/videos neem en dit publiseer nie!

Wees veilig ·

Moet net nie ‘n video neem waarin jySELF is nie. Asb, nie waar jy skreeu op ‘n plaasbesetter, hom ‘n klap gee of hom in ‘n kis indwing of jouself teen hom verdedig nie, neem NET videos van plaasbesetters wat klipgooi en buitebande brand en jou dreig!!

johan II ·

Net sou Lou…neem die gemors af, hou jouself uit die skoot ten alle koste…die kamera is sterker as die swaard.

botterblommetjie ·

En hou jou mond op video…. of praat mooi, moet nie vloek en skree nie… moet nie ongewenste name ens. noem nie… onthou jy dalk nie enigste met cell nie… besetters ens. dalkies ook gewapen met cell sodat jy kan oortree en jouself in die voet skiet…..

jaco ·

En in ander berigte word ons gevra om vrydag optogte te hou teen Zuma. Optogte saam met die EFF nogal. As Zuma eers val, is die EFF weer deel v.d. ANC. En dan is dit EEN jaar; net een jaar en alle boere is hulle plase kwyt. Asseblief mede wit mense, wees uiters versigtig.

Wittes wees gewaarsku ·

JA ek stem saam JACO, mense verstaan nie dat hoe langer ZUMA in beheer is hoe swakker word die ANC nie, nou HELP ons vir MALEMA om ZUMA daar uit te kry sodat HY weer kan teruggaan en die party die twee-derde meerderheid kan bekom, MALEMA sal MORE terugloop ANC toe as hy ‘n lekker pos daar kry . HOE DOM is ons wittes? Hier gebruik hulle ons WEER soos met die JA/NEE stemme destyds en ons ou wittetjies dink hulle worry oor die EKONOMIE!!

Pieter ·

Net die EFF kan sulke goed doen, want sy lede werk nie en ander te sleg om te werk en dat glo hulle dat alles aan hul behoort.

Boer se kind ·

Ek wil net graag weet…. my ouers boer op Tolwe in Limpopo. Daar is ‘n klein polisie stasietjie met 4 ANC lede….. Wat gaan hulle doen om my ouers te beskerm as daar probleme is? Wat gaan gebeur as al die boere se lewens in gevaar is op een slag? Wie gaan hulle beskerm? Moet my ouers net agteroor sit en foto’s en video’s neem, en kyk hoe hulle alles vat waarvoor hulle 45 jaar onder baie moeilike omstandighede gewerk het? Plasie is gekoop nie geerf….. Ek is bevrees dat nie een van daardie boere hul plase net vrywillig gaan oorhandig nie…. dinge kan dalk lelik raak….

JC ·

Boer se kind, laai gerus asseblief AfriSake se handleiding af WAT PRESIES VOORSKRYF HOE GEHANDEL MOET WORD IN SO ‘N SITUASIE.
Wees paraat manne asseblief!

Geselsie ·

@ Boer se kind
My pel, jou ouers het seker daardie plaas gekoop sodat julle kinders dit dalk eendag kan oorneem. As ons jonger generasie nie help om die grond te beskerm nie sal ons self niks eendag he nie.
Mense vandag los nogsteeds hul ouers alleen op n afgesonderde plaas of kleinhoewe!???

Boer se kind ·

Ross en Geselsie
Die plaas het elektriese omheining op, die huis is omhein met elektriese omheining, huis lyk soos ‘n fort met al die beskerming om. Hy het regtig alles gedoen wat moontlik is om die plek vir hulle veilig te maak. Geselsie, ken jy die hart van ‘n boer? Weet jy dat hy liewers pap en water sal eet voordat hy sy grond sal prysgee vir die stad? Ons het al menig male vir hulle gevra om te verkoop en in ‘n aftreeoord in te trek, nader aan ons, veiliger. My liewe vader kan nie eers ‘n naweek in die dorp wees nie, hy is sielsongelukkig, hy kan nie vinnig genoeg ry op ‘n Sondag nie, want hy wil gaan kyk of sy Beeste wat nie gesteel is, nog water het…. Ek is regtig ernstig as ek vir jou sê, as hy sy plaas moet opgee sal hy doodgaan in die dorp. Ek weet dit maak nie vir mense sin nie. Maar dit is hoe die ou generasie is. Sy plaas is sy lewe. Hulle is in hul laat 60’s, so hulle is nog relatief jonk. In die dorp het hy krom skouers, op sy plaas is loop hy kierts regop…. My pa is ‘n boer, met sy hele Hart!

oumie ·

Boer se kind bid soos jy nog nooit gebid het nie op jou knieë en bid Amen

Hennie ·

Net een manier gaan werk: ons veg Malema met die Gees (“Nie deur krag of geweld, maar deur My Gees, sê die Here”).

AL ·

So het Dawid Goliat ook verslaan. Die Here is ons beskermheer.
Doen egter wat die situasie van jou vereis.
Maar weet God se beskermengele is met jou.

Chalene Coetzee ·

God is die eienaar van my huis…..!!!!!! Good luck om by HOM verby te kom!!!!

maklik ·

maklik hulle gaan net daar instap. het dit die ander boere gered dat God die eienaar van hulle huise was. nee dit het nie.

Annie ·

As hulle grond wil he laat hulle dit koop soos die res .. no freebies

Rynhardt ·

Malema ondersteun Anc se Vryheidsmanifes wat grondonteiening uitspel! Hy word deur Anc gebruik om massas op te sweep teen boere! Albei die Anc en EFF het die boere al beskuldig dat hul grond gesteel het, en hul gebreinspoelde ondetsteuners glo dit.

vermeende ·

Malema is die enigste politieke leier wat presies doen wat hy se hy gaan doen. As die EFF by sy woord gaan hou dan sal dit eers later in die dag wees want in die oggend sal hulle eeds march teen Zuma, die meeste van die optogte gaan onwettig wees en die SAPD sal dun gesny wees om sy diens te lewer wat besetting dan later baie maklik sal maak sonder teenkanting.
Ek glo nie Malema sal more grond beset nie.
Voorsorg bly altyd beter as nasorg!

Wittetjie ·

Ek SWEER waar ek hier sit ek het NERENS grond persent gekry nie, en ook nie my pa of ma nie, die huise waarin ons gebly het en steeds bly het ons GEKOOP< ons het soos gewone mense geld geLEEN by die bank en dit aan hulle terugbetaal oor 20 jaar. Ek glo ook dit is hoe ander mense hulle plase bekom het. DIE RDP huise is die enigste VERNIET huise waarvan ek ooit nog gehoor het en dit word aan mense van KLEUR gegee. ALLE WITTES< steek asb julle hande op as julle LAND of 'n HUIS verniet gekry het, ek sal graag wil sien hoeveel mense dit is, want dan moet julle dit teruggee vir MALEMA, mind you ek weet ook nie hoekom dink HY spesifiek is hy daarop geregtig nie, waar kom hy vandaan? Het sy voorouers grond hier GEKOOP en BESIT?

John ·

Boere sal baie onnosel wees om hul plase alleen te laat om saam met ‘n Ingelsman te gaan kuier. Hoeveel boere is nie Sondae na kerk aangeval nie. Gaan dit anders wees omdat ‘n Brit preek? Leer ons Boere nie?

JC ·

Dankie John, ek stem saam.
Jou kommentaar is altyd IN DIE KOL ;)

Sharon ·

Baie dankie JC en almal se inset. Ek sal dit aflaai… Waardeer

vytjie ·

Slange op die heinings en in die huis. Sells paddas ook. Dis glad nie snaaks. Afskrikmiddel voor die skietding want wat SOEK hulle op my erf

SARIE VAN HEERDEN ·

Trakteer hul op ‘n goeie lekker lang DOP. Maar genoeg sodat hulle kan gaan slaap.

Mambanza ·

‘n Ou oompie het het eendag aan die predikant tydens n biddag vir reen gesê “Julle kan maar bid, maar die wind waai verkeerd”. Dit het tyd geword dat die Afrikaner homself moet ophou sus met die gedagte dat “God in beheer” is en dan agteroor sit en niks doen nie. God het die die Afrikaner, ‘n gesonde verstand gegee om te gebruik. Hoe gouer die Afrikaner besef dat God nie die Afrikaner nodig het vir die voorbestaan van Sy Woord in Afrika nie, hoe beter. Daar is nerens n waarborg dat die Afrikaner gespaar moet word nie. Om los en vas Bybelversies te gebruik en dit dan op die Afrikaner van toepassing temaak is absurd. Om Siener van Rensburg se drome kort kort op te haal is net so belaglik. Dit is net nog ‘n volstruis manier om die harde werklikhede te ontken soos die wat nou kwansuis ook nie meer nuus lees nie, want dit ontstel hulle. As die Afrikaner wil oorleef sal hy iets daadwerklik aan sy eie lot moet doen en ophou om homself aan die slaap te sus. Rol ‘n slag jou moue op en raak betrokke of pak in jou goed en trek, maar om in hoekie te sit en bid help niemand nie. Bid eerder dat God die Afrikaner sal help om te aanvaar wat vir hom voorlê. Om Afrika reg te bid, daar bestaan geen kerk of godsdiens wat dit sal regkry nie! Die wind waai verkeerd!

Nel ·

Bid alleen gaan nie help nie so ook nie bid en doen nie.
Lees 2 Kronieke 7:14:-
“… en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Dis die eintlike en al ‘harde werklikheid’ – dis nou te sê as jy glo dat die Bybel nuttig is tot lering en relevant is en bly vir alle tye – so nie sal die wind altyd verkeerd bly waai vir ons ou volkie.

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Wens mense wil dit sien dat EFF en ANC werk eintlik saam.

maryann ·

Malema dink sy van beteken Mahala – maar hy sit die pot mis
daar is niks vir mahala in die land nie – Geen boer gaan stil sit dat sy grond gevat word nie
en WIT staan saam want ons is nie alleen nie. Pleit net die bloed van Jesus oor jul plase en grond en lewe en die Satans sal wyk.

Lizl ·

Ek stem saam met Boer se kind. Ek verstaan sy pa se wil om op sy grond te wil bly. Daardie vryheid wat net `n plaas kan gee. Om naby die grond te leef. Dis tog wat ons is, waar ons vandaan kom. Stad en dorpslewe sal die oubaas dood maak. Ongelukkig sy geliefde plaas dalk ook. Wat mens woedend maak is die gepeupel wat te sleg is om te werk en dit slegs wil vat, sommer net so, vat ! Mag God sy hand oor ons hou.

STAAN BY ·

MAMBANZA jou doring goed gesê ek het dit hoeveel keer hier gesê en gevra. kom ons doen iets, byvoorbeeld, as hul grond vandag wil gryp dan daag ons op in hordes, binne wet en gaan kyk of doen die wetstoepassers hul werk , as die groep dan na ons toe beweeg, dan gebeur wat moet gebeur, maar ek gaan om my kyk waar is my buurman of die ander? want as jy hy moeilikheid het, moet hy dit maar vat want waar was hy toe ons hom nodig het, gebid,,en agteroorgesit. nee die geskiedenis het ons mooi geleer van verraaiers, ek BELOWE jou ek voel so sterk daaroor dat ek na hom toe sal ry en te lyf gaan.

Fanie ·

So, dis 6 April en ons wag in spanning vir iets om te gebeur….ons sal maar moet sien of die “gogga maak vir baba bang” storietjies bewaarheid gaan word. Darem nog ‘n paar ure van die dag oor…ek gaan uiters terleurgesteld as die doemprofete WEER verkeerd is.

Rox ·

Mal Lema dink hy onaantasbaar soos sy vriend Zuma.
Hoop hy word goed vasgevat as hy dit durf waag.
Waarom sit hy nie in die tronk vir die miljoene uistaande aan Sars nie?? Maar skuld jy Sars n paar rand is hulle gou op jou.

CWS ·

Dankie Fanie….iets positiefs. Glo glad nie aan getjommel daagliks..Meeste groot Christene maar kyk na kommentaar!!!!! Vereeniging stil….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.