Hou op kla, Cyril; en hou op kaders ontplooi – DA

(Argieffoto: Rapitse Montsho/Flickr)

Die DA wil by pres. Cyril Ramaphosa weet waarom hy steen en been kla oor die aanstelling van staatsamptenare wat nie gekwalifiseerd of bevoeg is nie, maar steeds nie ʼn vinger verroer om iets daaraan te doen nie.

Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief gesê die staatsdiens moet gedepolitiseer word en mense moet op grond van meriete en vaardigheid aangestel word.

Die DA het die president gekap vir sy stellings en sê dit is boonop ʼn bykans identiese herhaling van ʼn nuusbrief wat Ramaphosa sowat ʼn jaar gelede uitgestuur het – en waarin hy oor presies dieselfde ding kla. Sedertdien het weinig egter verander, sê dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie.

“Al die probleme waaroor die president so graag kla, spruit regstreeks uit ʼn enkele ANC-beleid: kaderontplooiing.”

Schreiber sê pleks daarvan dat Ramaphosa kla soos ʼn magtelose toeskouer op die kantlyn, moet hy eerder erken dat hy die probleem help skep het.

“Tussen 2013 en 2017 was niemand anders nie as Cyril Ramaphosa die voorsitter van die ANC se kaderontplooiingskomitee wat, in sy eie woorde, mense ‘aangestel en bevorder het tot sleutelposisies waarvoor hulle nie geskik of gekwalifiseerd is nie’,” sê Schreiber.

Hy sê die konsepraamwerk oor die professionalisering van die staatsdiens waarna Ramaphosa in die nuusbrief verwys, sprak gʼn sprook oor kaderontplooiing nie – oënskynlik in ʼn poging om Ramaphosa teen aanspreeklikheid vir sy rol as hoof van kaderontplooiing te beskerm.

Hy sê Ramaphosa skuld Suid-Afrikaners ʼn verskoning vir die rol wat hy in hierdie hoedanigheid gespeel het en vir die aanstelling van almal van Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfsbestuurder van die SAUK, tot Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof.

Schreiber sê dit is weereens die mense wat Ramaphosa in sy eie woorde “deur politieke patronaatskap in magsposisies ingeskiet het” wat die Suid-Afrikaanse staat verwoes het.

Die DA sê Ramaphosa sal ʼn kans kry om verskoning te vra hiervoor wanneer hy voor die Zondo-kommissie na staatskaping verskyn. Schreiber sê die DA het ʼn maand gelede al ʼn omvattende stel vrae aan die kommissie voorgelê waarop Ramaphosa moet antwoord om sy rol in kaderontplooiing te verduidelik.

Die DA het ʼn versoek ingevolge die Wet op Toegang tot Inligting (Paia-wet) ingedien om die rekords te bekom van alle besluite oor kaderontplooiing wat tydens Ramaphosa se termyn as voorsitter van die komitee geneem is.

“Pleks van dit verdoesel, hoop ons hy gaan die geleentheid gebruik om sonder voorbehoud verskoning te vra vir sy rol om staatskaping deur kaderontplooiing moontlik te maak,” sê Schreiber.

Schreiber sê nadat Ramaphosa verskoning gevra het, moet hy die DA begin help om die gebruik van kaderontplooiing te stuit. Die party het reeds ʼn wetsontwerp oor die beëindiging van kaderontplooiing by die parlement ingedien.

“Soos miljoene Suid-Afrikaners word die DA nou moeg vir ʼn president wat sy dae slyt deur te kla oor probleme wat hy help skep het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Androclus ·

Soos die spreekwoord sê “meer bek as binnegoed” dis war CR is.

Persheks Adri ·

Ag asb hy gaan tog jammer sê gggmmmfff nog minder sal hy van sy mede werkers ontslae raak wat ook ‘n probleem is. Dis waar die grootste gemors broei en net korrup is. Kan nie eers die land aan die gang hou nie en ek sê wéér: raak ontslae van BEE, maar nee ons geld is goed genoeg verder niks nie! Maak my so naar ek kan kots pffft gee vir die blankes dan wys ons jou hoe dinge gedoen word Cyril

SomeOne ·

daar moes lankal van die cr ontslae geraak gewees het, enige rede vir verwydering moes teen hom aanhangig gemaak gewees het, wereld hof toe gewees het vir ontkenning van boere slagtings, ens, enigiets

Magda ·

KLa met die “goue brood” onder die arm, en nie MANS GENOEG OM SY EIE KADERS VAS TE VAT NIE!!!

Pieter ·

Dit sal hy nooit doen nes die res van die werld nou stil is oor wat die korrupte ANC als doen.

jzjz05 ·

Glo die wereld is nou stil omdat hulle nou sien waarom wittes gedoen het wat hulle gedoen het.

Samuel ·

CR is slu!! Hy sal net so min as JZ vir enigiets verskoning vra pffft.

Charles ·

kan nie eers fish & chips shop run nie..nou wil julle land run

Dup ·

Soos n wyse man eendag gesê het….”die skrywer van die boek kan nie die inhoud daarvan kritiseer of bevraagteken nie”……die ANC se naam staan in dik (swart,geel en groen) hoofletters op hulle BBBEE Handleiding…..

anniekiewiet ·

Wat beteken “jammer” sê vir hom. Woorde wek maar voorbeelde strek. Hy moet sy verskoning bewys, alhoewel dit nooit sal gebeur nie.

Adeline ·

Vinger kommentaar- ek sê die cANCer leier en president praat met ‘n gesplete tong…. sê een ding en doen ‘n ander – duidelik ‘n teken dat sy wortels in korrupsie van hoë gehalte geplant is (aan die vrugte wat jy dra sal jy geken word.) en om dit daaruit te trek is ‘n geweldige groot taak, hy sal teveel verloor – die byl lê klaar teen die wortel van die boom van korrupsie om afgekap te word… kom ons kyk!

Michal ·

Die geraamtes in die kas is die probleem, dus sal niks verander nie.

henndrik ·

Die ANC glo ‘lip service’ los alle probleme op, as dit nie werk nie, verander die wet want toepassing van die wet klink na werk

Sarel ·

ANC beleid verantwoordelik daarvoor
BEE Nepotisme verkoop van poste ens ens.

Jakes ·

Wie probeer die president nou eintlik om die bos lei met sy lagwekkende planne met die staatsdiens?
Dit sal nooit gebeur nie en as mense nou nog glo wat CR kwytraak dan het ek nie meer hoop vir hulle nie.

jzjz05 ·

Van wittes word verwag om tot in eewig om verskooning te vrae vir apartheid.wat foute gehad het maar n vooruit strewende land aandie ANC oorhandig het.Nou is dit hoogtyd dat die ANC sê wat hulle daarmee gedoen het.en sê waar is al die werksgelleenheide heen en begin om die mense van die land omverskooning te vrae vir wat hulle hul aangedoen het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.