‘Hou op matriekuitslae in koerante plaas’

matriekuitslae

Argieffoto

Matriekuitslae moenie langer in koerante geplaas word nie.

Dit is die South African National Civic Organisation (Sanco) se versoek aan die departement van basiese onderwys. “Die tradisie om resultate in koerante bekend te maak plaas kandidate onder onnodige druk wat tot depressie en selfs selfmoord kan lei,” het Jabu Mahlangu, Sanco se woordvoerder, gesê.

“Drukfoute in koerante laat geen ruimte vir regstelling vir kandidate wat benadeel word nie, wat sommige beslis negatief kan raak,” het Mahlangu gesê.

Die Suid-Afrikaanse Studentevereniging (Sasco) het in onlangse jare druk op die departement uitgeoefen om die bekendmaking van matriekuitslae te staak. In 2015 het die departement weggedoen met name van kandidate en slegs die eksamennommer en identiteitsnommer van kandidate geplaas.

Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, het verlede week gesê dat 2015 se matriekuitslae swakker is in vergelyking met die vorige jaar. Prof. John Volmink, raadsvoorsitter van Umalusi, het gesê “die druipsyfer het met ongeveer 3,5% vergeleke met die vorige jaar toegeneem, veral in vakke soos rekeningkunde, geografie, geskiedenis en wiskundige geletterdheid”.

Volgens Volmink was die 2015-eksamens regverdig, geldig en geloofwaardig.

Die matriekuitslae is van Woensdagoggend af beskikbaar.

Het jy geweet jy kan jou matriekuitslae hier op Maroela Media kry? Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Manie ·

Ek stem saam. Die uitslae moet bekend gemaak word in die Pers. Die kinders werk daarvoor en dot is hulle oomblik van Glorie. As jy druip vat dit en besef jy moet dalk bietjie meer insit. Die wêreld sal nie vergaan as jy druip nie. Die lewe gee jou nog ‘n kans maar moet dit dan nie opmors nie!!!

Kobus ·

As jy in vandag se tyd in SA druip, het jy in die eerste instansie nie die reg om eers in matriek te kon wees nie. Met ‘n slaagsyfer in sekere vakke van so laag as 30% maak dit ‘n grap van die matieksertifikaat! Almal kan nie universiteit toe gaan nie en jong Suid Afrikanes sal moet besef dat hulle hul hande uit hulle moue moet begin steek en handearbeid begin verrig. Jare gelede hei iemand gesê jy kan enige iets in die lewe word solank jy goed is met wat jy doen. Of jy nou ‘n beeswagter, straatveër, polisieman of -vrou, dokter, onderwyser, staatsamptenaar of wat ook al is, wees die beste in die beroep wat jy beoeffen. Ons land het werkers nodig, mense wat met hulle hande kan werk, skrynwerkers, meubelmakers, loodgieters ens.

Blom ·

Dis rerig n catch 22 situasie.
Want ja, die kinders wat hard gewerk het verdien daardie “eer”.
Maar in my matriek jaar was my beste vriendin met vakansie (kamp tussen erens en nerens) toe die uitslae kom….ek was vroeg die oggend by die winkel om n koerant te kry en het haar dadelik laat weet oor my uitslae. Sy vra toe ek moet kyk vir haar uitslae……haar naam was nie daar nie. Ek het al die koerante in al die tale gegryp (in die hoop dat die beels n fout gemaak het). Maar steeds was dit nie daar nie. Weet julle hoe erg dit is om vir iemand te moet sê jy kry nie hulle naam nie!?

Deon ·

Om die uitslae vir die publiek weg te steek, skeep net nog geleenthede vir bedrog. Hou dit in die koerante.

Ina ·

Ek hou daarvan dat in die koerant geplaas word. jy het 12 jaar op skool gesit om die uitslae te kry. As jy nie hard geleer het nie, gaan jou naam dalk nie in die koerant wees nie. maar as jy kyk na die uitslae…dit is 70% plus slaag syfer. dus slaag meer as wie druip. ek kan nie wag om die uitslae Woensdag oggend te kry en my seun se naam daar te sien nie.

Realis ·

Ek gryp sommer weer die depressie pille. Gelukkig hou hulle nie die keer “veiligheidsredes” voor nie. As Umalusi die eksamen regverdig, geldig en geloofwaardig verklaar dan behoort die uitslae in dieselfde gees in die media bekendgemaak te word.
Dit is ‘n eer om jou naam te sien maar dit is nie ‘n skande om te druip nie.
Jou kind moet geleer word om teleurstellings te oorkom. Sodoende sal hy/sy die lewe in al sy voor-en teenspoed beter kan verwerk. Dit is mishandeling indien jy jou kind se lewe te maklik wil maak.

Anny Penny ·

Die bewering dat dit kinders na selfmoord dryf as hul name bie daar is nie is nonsense. Daardie kinders het reeds n ander probleem en sou sus erens in die nabye toekoms iets onverantwoordeliks aan hulself gedoen het

Johan Viljoen ·

Die minderwaardigheids gevoel van die mense word nou lagwekkend. Die feit dat so baie van hulle nie die paal haal nie moet by hulself gesoek word. Feit is dat hierdie mense so gewoond is om te ontvang sonder harde werk dat dit n leeftyd sal neem om daardie kultuur uit hulle te kry. hulle wil nie he ander moet sien hoe hulle misluk nie.

Maritsa ·

As die kinders hard werk soos ons jare terug sal daar geen rede tot kommer, selfmoord of depressie wees nie. Los dit in die koerante – dit word al vir jare en jare so gedoen. Hoekom dit nou verander?

Anon ·

Ag nonsens!!! ons is almal al daardeur en dit is deel van die lewe…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.