Hou skole oop – DA

Vakbonde en skoolbeheerliggame sê skole is nie gereed om Maandag te heropen nie. (Foto: Unsplash)

Die DA is van mening dat slegs skole wat nié aan die nodige veiligheidsmaatreëls vir Covid-19 kan voldoen nie of in gebiede sonder ’n voldoende gesondheidstelsel geleë is, behoort toe te maak noudat Covid-19-gevalle skerp in Suid-Afrika toeneem.

Dit sal ongrondwetlik wees om alle skole te sluit ten koste van die akademiese jaar, meen die opposisieparty.

Nomsa Marchesi, DA-woordvoerder vir onderwys, en dr. Belinda Bozzoli, DA-skaduminister van hoër onderwys, het Vrydagmiddag tydens ’n virtuele mediakonferensie agumente uiteengesit waarom die meerderheid van skole in die land nié weer kan sluit nie.

Dié argumente is reeds aan pres. Cyril Ramaphosa gerig vir oorweging te midde van onderwysvakbonde se noodkreet om die skole te sluit.

“Skole is nie gereed om te sluit nie en is ook nie gereed om [aanlyn] onderrig te gee indien hulle gesluit word nie,” voer Marchesi en Bozzoli aan.

Volgens die DA kan aanlyn onderrig in Suid-Afrika nie die ware Jakob vervang soos in ander ontwikkelende lande nie, aangesien talle leerders en onderwysers op tuisbodem nie internet-geletterd is nie. Die beskikbaarheid van data en voldoende internetkonneksie is ook ’n uitdaging in armer gemeenskappe.

Marchesi en Bozzoli wys daarop dat talle leerders boonop afhanklik is van die voedselskemas by skole om hulle van voedsame kos te voorsien.

Die opposisieparty is ook van mening dat hoewel onderwysers ondersteun moet word, hulle nes duisende ander Suid-Afrikaners na die werkplek moet terugkeer te midde van die virus.

“Onderwysers moet besef dat duisende ander Suid-Afrikaners terug is by die werk en dat die hantering van die daaglikse uitdagings van die virus nog maande lank deel van ons lewens gaan wees,” verduidelik Bozzoli.

Die DA is van mening dat, sou onderwysers nie terugkeer werk toe nie, hulle nie met die belastingbetaler se geld betaal kan word om bloot tuis te bly nie.

Bozzoli verduidelik verder dat dit in die meerderheid van ouers se belang is om die leerders op die skoolbanke te hou aangesien tuisonderrig nie ’n opsie vir werkende ouers is nie.

“Ouers het onderneem om terug te keer werk toe met die verstandhouding dat die skole beskikbaar sal wees om hul kinders op te voed en te versorg terwyl hulle by die werk is. Dit is ʼn belangrike maatskaplike en ekonomiese werklikheid. Hoewel ouers besorg kan wees oor die welstand van hul kinders, het die oorgrote meerderheid van hulle die belang dat skole oop bly.”

Die DA doen nou opnuut ’n beroep op Ramaphosa en Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, om skole oop te hou en nié te swig onder politieke druk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Aai ·

Rerig dink julle nou vir een oomblik hulle gaan agterbly en die wat moeite doen gaan aan met skool kyk wie is die regering .Hulle sal dit nooi toelaat.Dalk wil hulle he ons moet siek word.

NetM ·

My skool se onderwysers het baie beslis nie by die huis gesit en niks doen nie. Die werk het aangegaan. Elke dag. My kind begin Maandag weer skool gaan en haar werk vir die jaar is op datum.

Tannie Suurtier ·

Luister Bozz-boelie. Ek sou sê skoenmaker hou by jou lees! Jy is natuurlik heeltemal veilig in jou eie ou kantoortjie. Onderwysers en kinders word blootgestel. En as jy nie in dieselfde bootjie is as die onderwysers nie, stel ek voor jy kry jou feite agtermekaar, voordat jy besluite wil maak namens die onderwysers wat NIE VEILIG is nie!

Johanncb ·

Hou asseblief die skole oop! Hierdie aangaande, onnodige debat, verwar leerkragte en leerders! Moenie die onsekerheid nog verder aanvuur nie!

J ·

Die lewe (ook skole!) moet voortgaan ten spyte van die virus!

Want die virus gaan VIR ALTYD by ons bly … net soos HIV, TB en ander verkoues en griepvirusse.

Die staat kannie individue se verantwoordelikheid oorneem vir persoonlike gesondheid nie … elke individu moet dit SELF doen

Almal weet dat ‘n voortsnellende bus jou gaan doodry as jy voor een instap … tog sluit die staat nie die hele land toe as gevolg van gevaarlike busse nie. Selfde met VIGS, TUBERKULOSE, VERKOUE, GRIEP en MISDAAD!

Die ANC rampokker regime KÁN jou nie beskerm teen bg. nie … selfs al probeer hulle!

marius ·

As die skole sluit moet die regerings geboue plat . Klaar .

gedoriewaar ·

Was sedert Maart 7 mense in die huis, streng protocol gevolg tov in perking. Kleinseun vir 4 dae skool toe, al ses positief, waarvan een n ouma van 75 met onderliggende toestande . Julle weet GLAD nie waarvan julle praat nie.

gedoriewaar ·

Niemand sê skole moet vir ewig sluit nie. Wag ten minste tot die Piek verby is. Duisend ander mense kry nie salaris se nie, so onderwysers is sal nie n uitsondering wees nie en skole is nie bearings sentrums vir werkende ouers nie en ook nie sop kombuis nie.

Elsa ·

Absoluut waar. Ek hou self skool en dit gaan goed by my skool. Deur die genade het ons nog nie een geval gehad nie. Ons volg al die reëls en ons kids geniet weer skool en sosialisering.

Warrior ·

Is jou lewe vir jou iets werd? Ondw word aan baie meer “persone” blootgestel as iemand wat heeldag alleen of saam 3 of so in n kantoor is. Ek werk my gatiep af om vir al my leerders werk te voorsien- vir d wat skkol bywoon en d wat tuis wil bly…. op my eie onkostes. Niemand gee vir my gratis internet of data ni….nee pappie, dit kom uit MY eie sak. My man het sy werk verloor en ek moet my klein ondw salaris d pot aan d kook hou. Van ons ondw sukkel nes julle!!! Sies vir julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.