‘Hou wantroue-mosie voor staatsrede’

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die DA het versoek dat die staatsrede uitgestel word totdat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder is, terwyl die EFF meen ʼn mosie van wantroue moet voor die staatsrede plaasvind.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het in ʼn brief aan Baleka Mbete, speaker van die parlement, versoek dat die staatsrede wat vir 8 Februarie geskeduleer is uitgestel word totdat Zuma verwyder is en ʼn nuwe president aangestel is.

“Dit is geen geheim dat daar gevegte binne die ANC en sy uitvoerende komitee is nie, met elke kant wat sterk uiteenlopende beleide, ideologiese posisies en planne van aksie het,” het Maimane gesê. “Cyril Ramaphosa is president van die ANC en Zuma van die land en dit het tot gevolg dat die land nie weet watter rigting ingeslaan word nie.”

Volgens Maimane is dit gegewe die huidige stand van sake nie in die belang van Suid-Afrika dat pres. Zuma die staatsrede lewer nie, aangesien dit nie duidelik is vir hoe lank hy nog president van die land gaan wees nie. “Die ANC se werkskomitee het versoek dat Zuma voor die staatsrede verwyder word maar Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretarisgeneraal, sê Jacob Zuma ‘gaan nêrens heen nie.’”

Julius Malema, leier van die EFF, het Mbete intussen versoek om voor die staatsrede ʼn mosie van wantroue in Zuma te skeduleer. Volgens Malema is daar “ernstige politieke ontwikkelinge” aan die gang en noodsaak dit ʼn dringende parlementêre sitting om ʼn mosie van wantroue in Zuma aan te hoor.

“Die EFF glo dat die parlement tot ʼn ander gevolgtrekking sal kom met die mosie van wantroue as in die vorige gevalle toe daar pogings was om Suid-Afrika van ʼn individu te red. ʼn President wat voor ʼn regterlike kommissie moet verskyn, kan nie die hoof van ʼn land en regering wees nie.”

Volgens Malema is Zuma se geskiktheid om steeds president te wees belangriker as ʼn staatsrede. “Zuma moet nie toegelaat word om die staatsrede te lewer voor die parlement nie besluit het of hulle steeds vertroue in hom het om president te bly nie.”

Malema het gesê indien Mbete nie die mosie skeduleer nie, sal die EFF geen ander keuse hê as om die saak tydens die staatsrede te opper nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Wats nou weer die uitdrukking oor dinges en n wolkombers? SA al baie goed genoem so wolkombers is seker nie te bad nie, maar dinges is n kompliment vir wat aan die kombers vas gegroei het… VIVA ZUPTOPIA

Genieve ·

Geen staatsrede nie,hoe kan die land nog aan hom luister hy is geen voorbeeld vir SA nie .

Jacques Venter ·

Zuma moes NOOIT president geword het nie. Onder sy bewind is SA nou op die randjie van bankrotskap

Gestremde ·

Hoe wil Julius nou sy eie mentor en model figuur aanval as hy dieselfde belange nagestreef en homself net so korrup is en self verryk met sy rasistiese denke? Hy leef ook maar lekker vir iemand wat net ‘n groot bohaai opskop terwyl sy mede burgers krupeer in armmoede. Loots ook sommer ‘n mosie van vantroue teen Julius sodat korrupte staatsamptenare en soortgelyke partye ook uitgewus kan word.

christa ·

Nee hulle wil die skelm nogmaals nie regtig verwyder nie. Almal is kop in een mus

C Jordaan ·

Hoe vinniger hy uit die politiek verdwyn, hoe beter, almal weet dit. Daar lê n enorme klomp werk voor, voor die skade wat aangerig is, tot n mate herstel kan word.

Pierre ·

Kom ons kyk wat gebeur, dalk sien ons iets drasties gebeur binne die volgende paar dae. Hoe sal CP hom in ‘n ding vasloop as JZ die SONA lewer, dan is hy doodeenvoudig gebind tot iets waarmee hy nie saamstem nie, kyk maar JZ se klaaste troefkaart oor gratis onderrig, en toe sit CP met die sak patats.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die armsalige DA verstaan ook maar nie lekker nie. As jy NOU die prez verwyder, het die A&C genoeg tyd om “herstelwerk” te doen aan hulle beeld en die 2019 verkiesing WEER te wen (al is dit net my dieselfde beloftes uit nuwe monde uit). As die prez nou daar bly…en verder aanjaag…dan kan ons in 2019 in totaliteit van die “struggle organization” ontslae raak….en ‘n “achievement organization” ‘n kans gee….

Cherokee ·

En dàn Soppies? Moet nie vassteek by hoofstuk 1 nie maar vertel verder. Wat dan? Wie neem dan oor? Die ANC se identiese tweeling by name DA of die EFF? Waarskynlik sal dit dan koalisies oraloor wees met die VF wat krummels optel.

FM ·

Die malema praat so bont. Wie kan hom glo. Eers was hy n pro zuma man en sou sterf vir zuma. Hoe nou mnr manteldraaier? Jy is n tweegesig. Join eerder vir zuma in die gutters.

Jacques Venter ·

Gemaskerde sopbeen
As jy die DA as armsalig beskou, sê dan asseblief vir my waar sien jy die oplossing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.