Houe val glo ná polisieman hondjie doodry

Lyndon Smith se kneusplek aan sy gesig.

Lyndon Smith se kneusplek aan sy gesig. Foto: Verskaf

ʼn Rustige Saterdag-uitstappie het in ʼn traumatiese ervaring vir ʼn gesin van Villiers uitgedraai, nadat ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, glo hul Basset-hondjie doodgery en dit tot ʼn onderonsie gelei het.

Ashleigh van der Merwe (24), ʼn dagsorgmoeder van dié Vrystaatse plaasdorpie, het Donderdag aan Maroela Media gesê sy en haar verloofde, Lyndon Smith (27), het op 23 Julie saam met ʼn vriendin en vier kinders, tussen twee en 10 jaar oud, met hul vier honde gaan stap.

“Ons het twee volwasse Jack Russels wat self gestap het, terwyl ons ons twee babahondjies, ʼn boerboelkruis en ʼn agt maande oue Basset, Droopy, in ons arms gedra het,” het Van der Merwe gesê.

Die groepie het in ʼn stadium verby ʼn winkel gestap en die Basset op die grond in die parkeerterrein neergesit, aangesien daar nie verkeer was nie.

“Droopy het tot op die teerpad gehardloop net toe iemand in ʼn wit bakkie om die draai gekom het. Hy het genoeg tyd gehad om te stop of uit te swaai, maar hy het aanhou ry en die hondjie voor die kinders doodgery. Daarna het hy stadig verder gery.”

Ashleigh van der Merwe se merk op haar wang. Foto: Verskaf

Ashleigh van der Merwe se merk op haar wang. Foto: Verskaf

ʼn Ontstelde Smith het die bestuurder gestop en gekonfronteer. Die man was in siviele drag en Smith het nie geweet hy is ʼn polisiebeampte nie. ʼn Woordewisseling het tussen Smith en die man ontstaan en die man het Smith glo van sy voete af gestamp. Smith het in reaksie die man geklap.

“Intussen het ʼn groep mense begin saamdrom en toe ons weer sien, het ʼn polisievangwa ook stilgehou. Die polisie het hom voor die kinders in die agterkant van die vangwa ingeboender en hom in hegtenis geneem vir aanranding.”

Van der Merwe verduidelik sy is daarvan weerhou om haar verloofde te sien en toe sy na die agterkant van die vangwa wou gaan om te kyk wat aangaan, het dieselfde man wat bakkie bestuur het, haar glo op haar wang geklap. Die klap het ʼn rooi merk op haar wang gelaat en haar kakebeen is uit lit. Smith is glo in die vangwa deur ʼn beampte in uniform vasgehou terwyl die bakkiebestuurder hom ook aangerand het. Smith het kneusplekke aan sy gesig en arm opgedoen.

Smith is tot Dinsdag by die Villiers-polisiestasie aangehou waarna hy in die dorp se landdroshof verskyn het. Hy is op waarskuwing vrygelaat en die saak is tot 11 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Van der Merwe het ʼn klag van aanranding teen die polisiebeampte ingedien. Smith wou die dag nadat hy vrygelaat is, ʼn klag teen die polisiebeampte ingedien het, maar polisiebeamptes het glo geweier om hom by te staan.

Smith het intussen, as gevolg van die voorval, sy werk as ʼn konstruksiewerker, waar hy skaars ʼn maand en ʼn half terug begin werk het, verloor.

Lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval is by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld vir verdere ondersoek.

Robbie Raburabu, waarnemende nasionale woordvoerder van Opod, het aan Maroela Media gesê die saak was nog nie teen Donderdag onder hulle aandag gebring nie, maar die moontlikheid bestaan dat dit nog gedoen kan word. Hy het onderneem om navraag te doen oor die voorval. Hy het die paartjie ook aangeraai om die voorval amptelik by Opod aan te meld. Van der Merwe het aan Maroela Media gesê hulle sal dit doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Blou bende ·

Die polisie is vreeslik uitgeslape veral in die moot as en wanneer jy ‘n klag lê teen ‘n polisieman ondersoek opod dit kastig maar word terugverwys na die stasie waar dit onder die mat ingevee word hou die saak dop daar sal niks van kom nie asb maroela media doen ‘n opvolg na ‘n paar weke asb

dea ·

Moenie jou hond in ‘n parkeer terrein laat loop nie – dit is ‘n plek vir motors.
Loop met die honde in ‘n tuin of wandelpad. Hoop julle het julle les geleer.

Andrea ·

Sjoe Dea, dis n gemene opmerking! So die arme hondjie se opsetlike doodry en die aanranding deur die polisie is n les? Hel, hoop nie ek loop jou eendag raak nie…

Cherokee ·

Wel Dea, ek hoop na die skrobbering deur Andrea het jy ‘n les geleer.

Lolla ·

Sjoe jy is seker een van die mense wat as ek in die middae met my honde op die plaas pad gaan stap ek self tot in die middel van die pad moet gaan anders sal hulle nie eens die moeite doen om stadiger te ry nie (Dit is ‘n privaat pad). Almal het ewe veel reg op lewe, of dit nou in die middel van ‘n pad, parkeerterrein of park is.

commentqueen ·

Ek stem saam met dea…. wanneer jy jou hond uit jou erf neem MOWT hy aan n leiband wees!
Rede hiervoor is dat dit jou hond beskerm!! Moet asb nie jou honde los laat rond hardloop nie!

Jan maak n plan ·

Kap die polisieman met n siviele eis op hom as persoon.

Francois Le Cochon ·

Hoekom? Die Polisieman het niks verkeerd gedoen nie. Hy het die man gestamp wat hom geklap het. Wetgewing verplig nie ‘n motorbestuurder om uit te swaai vir ‘n dier nie, of om te stop as hy/sy ‘n dier raak gery het nie.

Christi Ten Haaf ·

Sal sien wat jy se as jou kind se hond on nodig dood gery word. En gaan jy die ander wang draai as iemand jou van jou voete af stamp? Die polisie is daar om te dien, nie om gewone burgers agterin n vang wa aan te rand nie. Dis miskien nie teen wetgewing maar wraggies teen ordentlikheid om nie te stop as jy n dier dood ry nie.

Chris Ws ·

Francois Le Cochon jys bietjie verkeerd hier.Die polisieman was in SIVIELE drag en dus nie sigbaar ‘n polisieman nie en hy het eerste die man van sy voete af gestamp.So daar is hy skuldig al klaar.Dan die DBV kan hom aankla dat hy nie stigehou het na hy die hondjie raak gery het nie.AS daar getuies is wat kan se die straat was leeg van ander verkeer dan het hy die hondjie moedswillig doodgery – dis nog ‘n aanklag teen hom.Nee wat die polisie is in te veel gevalle die misdadigers!Hulle is NIE ons vriende nie.

Janine ·

Emosies kry maklik die oorhand in so ‘n ongelukkige geval, ek voel jammer vir almal wat betrokke is en met kneusplekke op die lyf en hart sit. En vir die hondjie.

Bloues ·

Die polisieman se optrede was nie reg nie. Die mense wat die hondjie laat los loop was verkeerd. Ek het baie lelik met n motorfiets geval omdat hondjies in die straat was. Ek dink ook dis teen die wet om uit te swaai want jy kan ongelukke veroorsaak waar onskuldige mense seerkry.
Hou maar liewer die bandjie aan, dis beter

Francois le Cochon ·

Lyk my nie hierdie mense steur hulle aan wetgewing nie. Hulle noem skaamteloos dat hul Jack Rusels self loop. Hierdie sou nie gebeur het as al die mense se honde aan leibande vasgemaak was nie, soos wetgewing vereis. Dat die hondjie doodgery is, is bejammerend, maar dit is die eienaars se eie skuld. Jy kan nie oor ‘n stopstraat ry en ‘n ongeluk maak, en dan die onskuldige beskuldig nie.

Andrea ·

Ja-nee, die polisiebeamptes is beslis onskuldig in hierdie geval…

Joe v Vuuren ·

Vriend Francois, lees weer die berig stadig deur, en die keer met die nodige begrip! Die polisieman het tydens die woordewisseling Lyndon Smith van sy voete afgestamp, waarna Smith die polisieman bygedam het. Wie het dus geweldadig opgetree? En waarom moes die arme dame deur (dieselfde!) polisieman aangerand word?

Suid-Afrika is ‘n mislukte land, met ‘n onnosele burgerry wat blykbaar regverdiging daarin vind dat vrouens fisies aangerand word, diere gemartel en uitgeroei word, oumense verneder en vermoor word, volke se erfenis in die grond vertrap word.

Hoeveel berigte het al oor (troetel) diereverwaarlosing en -mishandeling net in die laaste paar maande op Maroela verskyn? Ek bevind my tussen ‘n spul sieklike, agterlike sub-mense wat nie die onvoorwaardelike liefde van troeteldiere werd is nie. Siesa!

jennefer ·

Mense wil maar net nie luister. Honde mag net in die straat wees met n leiband aan. PUNT

Ruby ·

Rus in vrede Droopy. Jammer vir julle verlies en wat ek nou gaan sê is nie om julle oor die kole te haal maar sodat iemand anders iets hieruit kan leer.

Daar kon soveel trauma gespaar gewees het.

Ongeag die hondjie se ouderdom, as hy by jou erf uit moet hy aan ‘n leiband wees. Die drywer kon wragtig ook maar gestop het, maar hy het geweet hy is reg en die hond verkeerd want dit is ‘n plek vir motors en nie diere nie. Aspris was hy verseker.

Ek kan net dink hoe julle en die kinders veral moet voel, soms maak ‘n mens ondeurdagte foute, jammer vir julle eina.

Johan ·

Honde moet aan ñ halsband vas wees. Ek het 2 opregte Duise herdershonde. Ek is baie lief vir hulle, maar as ons gaan stap is hul aan hul halsbande vas. Was al in moelikheid omdat ñ Jack Russel sonder ñ halsband my honde probeer aanvat het. Die vrou was histeries omdat my honde hom gebyt het. Selfde met honde op die strand. En 4 honde blaf seker heelnag.

Louida Myburg ·

Dis plaas dorpie almal loop met hul honde so, ek sê nie dit was reg nie,maar lyk my dis al wat mense sien. Nie die feit dat hulle deur polisie wat veronderstel is om die wet te onderhou aangrand is nie, ni die feit dat hy ñ vrou geklap het nie. Oo nee net dat hulle hondtj nie op ñ leiband was nie. Rerig! Hoop so iets kom nooit een van julle se familie lede oor nie! Hulle is veronderstel om die wet ook te gehoorsaam,maar hulle mag jou en ñ vrou daarby aanrand! En ja dis my familie!!!

plaasjapie ·

Polisie nie verkeerd opgetree ? Of lees ek wat gebeur het verkeerd ?
Hy het die polisieman geslaan NADAT die polieman hom gestamp het. Toe het dieselfde een sommer ook sy vrou n klap gegee. Kyk na die foto’s van die man en vrou.
Nee wat ek dink die polisieman het sy mag misbruik !

Piet ·

POLISIEMAN WAS VERKEERD HY HET DIE MAN EERSTE GESTAMP AS EK REG GELEES HET HY HET HOM UITGELOK EN TOE BOONOP DIE VROU DEER HAAR GESIG GEKLAP MOES BAIE HARD GEWEES HET TE WYTE AAN ROOI MERK.OP HAAR WANG POLISIEMAN WAS ARROGANT EN UITDAGEND HOOP HULLE VERVOLG HOM

Andrea ·

Ek stem, Piet. Dit was aanranding deur die polisieman, daar is niks wat ter verdediging van sy optrede gesê kan word nie. Veral nie die vrou wat deur die gesig geklap is nie! Het sy hom aangeval? Moes hy homself só drasties verdedig teen haar? Kyk hoe lyk haar gesig!

Piet Pompies ·

Honde mag nie sonder lyf of nek bande in strate loop al word hul vergesel deur die eienaar, op sportgronde en parkies is dit ‘n ander saak. So die saak het twee kante, die klaer, die polisie en die waarheid

KarooKlong ·

Looi daai bakkie bestuurder/polisieman en die ander polisieman en die mbambo wat lieg oor die saak met die nodige kriminele klagtes en siviele eise ook. Daar is baie prokureurs wat spesialiseer in hierdie tipe sake. Hoe meer sulke sake teen die sapd ingestel word hoe gouer sal sapd verbeter.

Louida Myburg ·

Dankie tog party mense sien die hele storie, My seun hulle fout begaan ja,maar hy was nie uit om ñ poliesie beampte aan te rand nie lees mooi, die ou was in siviele klere en my seun hom uit reaksie geklap nadat hy my seun van sy voete af gestamp het! En dit gee hulle die reg om ñ vrou ook aan te rand dit voor die kinders. My kind was toegesluit,Hy moes daai aand in die bitter koue sonder matras en kos op die vloer slaap! Al wat die meeste mense kees is die hondtjie was nie op ñ leiband nie! Dit is vir hulle ñ verlies hulle was lief vir daai diertj. Wat van as dit jou kind,man.vrou,broer of suster was! Wanneer is genoeg,genoeg! Dis hoekom ons so behandel word,want eerder saam staan gooi ons modder! Ons land vergaan, want mense tw bang om iets te sê en doen. Nou weet ek hoekom want praat jy…val jou mense jou aan oor simple goed! Helooooo PUNT IS HULLE IS AANGERAND DEUR ONSE EIE MENSE WAT DIE WET MOET HANDHAAF EN ONS BESKERM!EN Ñ VROU BOONOP! Wel ek sê genoeg is genoeg! En los sal hierdie Ma en Ouma nie!

Francois le Cochon ·

@Louida. Het die poliesieman sommer uit die bloute na jou seun gestap en hom gestamp, of het daar iets gebeur wat aanleiding daartoe gegee het dat die poliesieman jou seun gestamp het. Het jou seun die poliesieman gekonfronteer en uitgelok?
Weereens, die punt is dat die honde nie aan leibande was nie, en om die poliesieman te blameer omdat hy nie uitgeswaai het nie, is belaglik.
Gaan ry oor ‘n stopstraat, bots teen ‘n ander voertuig, en blameer die ander bestuurder dat hy/sy nie uitgeswaai het nie, en sien self daardie bestuurder aan jou gaan se^.

johnny ·

Mev. Myburgh, in vandag se lewe het mense nie respek vir ander se eindom nie sowel nie respek vir mekaar nie. Jan die hond was nie aan ‘n leiband nie wat dalk verkeerd is maar dit dit blyk dat die die bestuurder of hy polisieman is of nie het ‘n vinnige spoed gehandhaaf. Nou dit ism hartseer dat die klein hondtjie was doodgery maar ek wonder net wat die bestuurder se verskoning sou wees as dit ‘n klein kind was wat hy doodgery het. Ek is ‘n afgetreede polisie offisier en kan nie kommentaar lewe i.v.m die konfrontasie en arrestasie van u seun nie. Gewoonlik met die konfrontasie situasie gaan dit oor “jy se” “hy se” en “sy se” en wie eerste geklap en wie die klappery uitgelok moet deur die hof besluit. As bestuurders van motors net verdagsaam en versigtig bestuur. Ek het ‘n Engelse instrukteur gehad op polisie kollege wat die volgende vir ons geleer i.v.m met die bestuur van motors, “Drive defensively not offensively” maar dit lyk dat dit nie deel van die bestuurs kursus/eksamen in vandag se tye nie.

commentqueen ·

Mev. Mynurg… ek is ook in siviele klere want ek is nie n polisieman nie. Ek is net n dood gewone Suid Afrikaanse Burger… punt is. Jou seuntjie en sy verloofde moes in die 1ste plek AL HUL HONDE – Jack Russells ingesluit aan leibande gehad het!
Ek wil MENSE wat met hul honde in die straat loop sonder leibande raakry!! Dit is JOU PLIG AS eienaar om jou hond veilig te hou!!
Of hy niu polisie is of nie – maak nie saak nie. Jou seuntjie wil net sy skuldgevoel op iemand anders pak.

Ouman ·

Die polisie is bekend vir misbruik van hulle magte. Dagvaar hulle in hul persoonlike kapasiteit en trek hulle kaal uit. Belastingbetalers is moeg om vir die pote se wangedrag te moet betaal. Dit gaan hier oor aanranding en nie oor die dood ry van die hond nie. Ek het lankal geen respek of simpatie met die gemors in blou uniforms nie. Hulle lewer geen diens en is net nig parasiete wat teer op die belastingbetaler. Daar is enkele wetgehoorsame lede in te mag maar ongelukkig is die oorgrote meerderheid net misdadigers met wapens en te veel mag.

jawat ·

Teer op belasting betaler?? So n Polisieman betaal nie belasting nie? Hy kry n helse salaris? Ag regtig. Julle mense moet bykom. Dalk moet jy meer belasting betaal dan kan hulle oordentlike salaries ontvang.

Drikus ·

Ek sal graag wil weet watter tipe werkgewer dank sommer sy werknemer af sonder om hom ‘n kans te gee om sy kant te stel? Ek hoop werklik dat dit net ‘n misverstand is en dat hy weer in diens geneem sal word. Sies vir die SAPD lid wat sy hande vir ‘n vrou lig, en dit nadat hy soos ‘n lafaard sy maatjies laat kom het om hom te kom help. Iewers gaan ‘n prokureur hier ‘n paar Rand maak.

Anoniem ·

Stem saam Drikus…Wat het die werk in elk geval met die voorval te doen…..En sorry jou hond mag nie los loop in straat. Daar is soveel ongelukke as gevolg van honde wat los rondloop en hiermee se ek nie dit was reg wat gebeur het nie…maar die mense kon ook maar gedink het en hoekom loop hul jack russels los rond..dit se ook baie alreeds……dis n hond wat aggressief kan raak..onverwags….Honde hoort aan n leiband in straat of as klein hondjie is…in jou arms….!!!!!!

Louida Myburg ·

Dankie Dennis, dis ni ñ stad nie,my kinders daar groot geword, dis nog plaas, daar gaan die kunders nog in die sommer kaalvoet skool toe.

Tiger ·

Weereens ‘n duidelike bewys van ‘n poot wat sy mag misbruik.Mense ons is gemerk.Hulle sal enige iets doen om ons mense agter tralies te sit.Ek hoop daai poot kom sy moses tee met die familie in die hof.Ek se ook -trek hom kaal uit!Die feit dat hy nie dadelik gestop het na hy die hondjie getrap het nie maak hom skuldig aan ‘n oortreding van die Diere Beskermings Wet so gaan gee hom aan by die DBV vir dit ook dat hulle hom goed kan roer van daai kant af ook.

jennefer ·

Soveel kommentaar op hierdie berig maar net 2/3 by die berigte oor gister verkiesing. Laat God;s water maar oor God’s akker loop, ons mense is behep met sensasie berigte,

plaasjapie ·

Jy is die een wat die groter prentjie miskyk jen. Jy kyk net in die hondtjie vas. Jou mense om jou kan maar vergaan !

jawat ·

So almal het die Polisieman se weergawe gehoor? Dit is die paartjie se prespsie dat hy die hond aspres dood gery het. Almal gaan nou tekere asof hulle daar was en gesien gebeur het kry eers al die feite. Onthou n Polisieman mag nie met die media praat nie. Die berig hy was in sivile drag. Die klaer het nie geweet hy is Polisieman. Ek dink die man was ramtjie uitnek en eerste gaan stamp en klap en toe hy in eiemint terug betaal word is dit nou nie reg nie. As jy kan uitdeel moet jy kan ontvang. Ek dink by het net die verkeerde perd opgesaal.

Louida Myburg ·

Lees die berig ordentlik,ek is sy ma, en dink jy vir een oomblik hy sal so iets opsetlik laat gebeur voor sy kinders? Waar is ju verstand !?sy dogtertjie is maar 3, en my seun is ñ baie goeie pa en man, hulle was juis oppad rivier toe sodat hy en sy seun goggas kan hunt. Die uitappie is hulle familie tydtjie saam,Lekker om mense sleg te sê as Jy hulle nie ken nie né,maar ja lyk my as ramtjie uitnek se skoen jou pas trek hom aan, daar was un elk geval getuies.

Vossie ·

Almal moet asb. onthou dat julle net die een kant van die storie lees. daar is gewoontlik 3 kante aan so n storie, jou storie, my storie en die regte storie…….

Dennis ·

Al die kommentaar, weet Julle hoe groot Villiers is daar ry miskien eenmaal n Dag n kar in die dorp, Kinders en honde het nog al die jare in strate gespeel

Louida Myburg ·

Dankie Dennis, dis ni ñ stad nie,my kinders daar groot geword, dis nog plaas, daar gaan die kunders nog in die sommer kaalvoet skool toe.

commentqueen ·

Dennis, ek bly ook toevallig in n BAIE KLEIN Vrystaat dorpie. Plaasdorpie. Almal ken almal…. Maar die oomblik wanneer ek en my man en kindesmrs en my 2 honde gaan stap – is my honde aan leibande. Ek gee nie om of daar 2 karre of 200 karre in die dorp is nie – ek hou my kinders en diere veilig…. VEILIGHEID BEGIN TOG BY DIE EIENAAR!!! Wanneer ons plaas toe gaan los ons die leibande tuis. Maar in die dorp dink ons aan die 10 of 100 inwoners….
Die polisieman was dalk verkeerd – maar hierdie mense was GLADNIE REG NIE!!
Ek word SOOOO kwaad en agresief wanneer mense in die doep stap en hul Jack Russells kom blaf by ons hek en terroriseer my honde (omdat hulle nie aan leibande is nie)
Ek dink daar moet sommet boetes wees aan honde eienaars sonder leibande

Izzy ·

Die enigste wat julle gehelp gaan word, is as julle Afriforum kontak. Prokureurs gaan julle der duisende rande kos en gaan jare duur (en die polisie het hulle eie span prokureurs). Afriforum is julle enigste hoop.

Peet Mulder ·

Wel net die feit dat die polisieman nie stil gehou het nadat hy die hondjie raakgery het spreek boekdele van sy karakter en persoonlikheid. Ek wonder net hoe behandel hy sy vrou en kinders, stamp hy hulle ook rond. Ek het geleer as jy nie liefde het vir diere nie is daar groot fout met jou .Ek gee nie om wie wat se nie uit ordentlikheid kon hy gestop het en kyk of hy nie dalk hulp kan verleen nie, jy ry nie net weg nie

Francois le Cochon ·

@ Peet. Jy maak geen melding van die wettelose mense wat nie hul honde aan leibande gehad het nie. Ons lesers weet ook nog nie wat daartoe aanleiding gegee het hoekom die poliesieman die man gestamp het nie. My vermoede is dat die man die polieseman gekonfronteer het, omdat hy die hond, wat nie aan ‘n leiband vas was nie , doodgery het, en so sy eie skuld op die poliesieman probeer plaas het.
“Moral of the story is”, dien die landswette, of dra die gevolge.

Andrea ·

Francois, ja, dis die wet. Maar het jy nog nooit die wet oortree nie? Nog nooit ooit vinniger as 120km/uur gery nie? Nog nooit deur n rooi robot geglip nie? Wel, dan is jy volmaak en verdien om Minister van Justisie te wees. Ek is seker die gesin sou gedwee die boete gaan betaal het indien die polisieman gestop het en hul n boete gegee het omdat die honde nie aan leibande was nie. Die polisiebeampte het egter nie eens PROBEER stop nie, nie uitgeswaai of geen poging aangewend om NIE die hond dood te ry nie. Dit sê alreeds alles van hierdie persoon se karakter en ingesteldheid. Hy het met opset die hondjie doodgery. Of omdat hy geen gevoel het vir diere nie(baie moontlik) of omdat hy geweet het of gehoop het dat dit konflik gaan ontlok. Ek waarborg jou nou dat die leiband-storie nie eens vir n oomblik by hom opgekom het nie. Ja, as die hond aan n leiband was, het die hele debakel nie gebeur nie. Maar dit was nie nodig dat dit op aanranding en arrestasie uitloop nie. Onthou hoerdie voorval as jy weer die spoedgrens verbreek, n running stop doen, of dalk net probeer om so bietjie minder belasting te betaal.

Izzy ·

Baie sterkte aan die familie wat deur al die trauma moes gaan van die polisie wat hulle aangerand het. Kontak Afriforum. Om prokureurs aan te stel gaan 1000de rande kos en kan jare duur ….. die polisie het hulle eie prokureurs en gee nie om hoe lank die saak duur nie. Afriforum is die enigste organisasie wat opstaan vir minderhede se regte.

Francois le Cochon ·

@Louida. – Afriforum sal jou slegs bystaan as jy ‘n opbetaalde lid van hulle is. Jammer, maar met die huidige feite het julle nie ‘n saak nie, en gaan nerens gratis regshulp kry nie. Leer eerder hieruit, en gaan loop in die toekoms met jul honde aan leibande. Sterkte.

Louida Myburg ·

Franscois, jy kom maar sterk op vir hulle. Wonder hkm? En al wat j op hammer is die leibande….. nie die vrou wat deur ñ man geklap is of die vernedering wat hul moes deurmaak. En sorry boetie, ek sal aanhou baklei,sit jy maar in ju huisie van glas tot ju beurt kom.

Joe v Vuuren ·

Fransie, jy was vanaf die eerste oomblik uit jou diepte met jou bespotlike kommentaar op hierdie berig. Dis duidelik uit jou kommentaar dat jy nie met begrip kan lees nie, en sukkel om sinvolle bydraes te lewer. Jy dryf – of probeer – ‘n kleinlike agenda dryf, wat klaaglik misluk; in daardie opsig soos baie soos jou insetsels.

Feite, soos weergegee in die berig, dui op voortgesette polisie brutaliteit. ‘n Blanke man en vrou is voor jong kindertjies fisies aangerand. Dit, Fransie, is die kern van die betoog van die intelligente (maw jy uitgesluit) deelnemers aan hierdie forum.

Polisielede mag slegs hulself tot fisiese geweld wend, wanneer hulle eie lewens (of die van kollegas) in absolute lewensgevaar is, en mag nooit, onder geen omstandighede, die ‘go-to’ keuse tydens verbale konfrontasie wees nie. Dis die landswet, ou Fransie, en die een wat deur die optrede van die polisieman in siviele drag, gebreek is. Soos sooooo baie lamsakkiges voor hom, en sekerlik na hom.

Jou raad aan Me Muburg is bespotlik, en verdien geen verdere kommentaar nie.

Jawat ·

My man nou 24 jaar Polisie man. Hoogs opgelei. Gaan google JHB Reacation Unit. Julle moet baie seker maak van julle feite voor julle hulle will aanvat. Jy jou seun goeie man ek stry nie. Almal verloor hulle humere. Elke aksie het n reaksie. In die berig staan ook hy het stadiger gery. Miskien was hy nie seker wat hy stamp het nie en was in die proses om the stop. Niemand kan met sekerheid se hy het die hond aspres raak gery nie ,dalk het hy die hond nie eers gesien nie. O ja so ek gaan vanmiddag met my Rottie stap sonder halsband. Bewaar die out we siel wie hy byt. Dis mos ok hy moet kyk waar hy loop. Selfde ding. Nie alle polisiemanne/vroue is sleg. Gaan stap n day in hulle skoene. Kyk as hy verkeerd was dan was hy verkeerd maar soos ek vroer gese het. Almal ken net die klaer se kant.

Louida Myburg ·

Asb verstaan, dis nie alle polisie wat sulke boelies is nie, ek weet want ek ken ñ paar daar wat goeie mense is wat hul werk rerig op hul harte dra. Maar die slegtes gee hulle slegte naam, en dis hulle wat uitgeroei moet word. Hulle hoort nie in magsposisie as hulle sommer besluit hulle is bo die reg nie. En dan nog die mense vir wie hul veronderstel is om tot hulp te wees vrede en beskerming te dien aan te rand nie. Wat as een van hulle julle moet gaan help en jy sit volgende keer in die vang wa opgegfoeter terwyl hulle ju vashou en j ju ni kan verdedig nie. Dis wat die engelse noem ñ bunch of cowards! Hulle moet weet ons gaan nie meer net stilbly nie! So eerder om vieslike aanmerkings te maak staan saam. Dankie vir al die positiewe kommentaar, die ander : een woord KARMA,WHAT GOES AROUND COMES AROUND. En ek…ek sal my hande stomp baklei vi my gesin!!! Niemand maar niemand verdien om so behandel te word nie.En vir die wat dink dis reg dat ñ man ñ vrou só mag klap vir gn rede…sies ek sak my kop in skaamte dat ons volk so laag gedaal het,dat ons geen morale waardes meer het nie.

Louida Myburg ·

Oo en laastens Francois. Was jy daar? Is jy een van die getuies? Dinkvjy nie di media het di feite nagegaan nie.Lol jy probeer so hard die fout net by ons deur gooi, om ons die saak te laat vaar of… o nee jy is ñ siener…prokureur….polisieman….staatsaanklaer….in my meening sorry ek moet net dit sê :jy is ñ ass ja ñ donkie, Vat my maar met liefde hof toe ek sal met ñ smile di boete betaal.

Leonora van Biljon ·

My ouers het self ‘n paar jaar terug in Villiers gebly. Daar is die strate vol beeste en skape en bokke. Dit was die snaakste verskynsel gewees om die koeie en skape in die erwe te sien en omtrent al die honde in die strate! Die feit bly staan – in die klein plaaslike dorpie, is dinge nie soos hier in die groot stad nie. Die hondjie is doodgery, en glo my, die paaie daar is nie so besig dat die ou nie kon stop nie. Hy kon maklik tot stilstand gekom het om dit te vermy. Miskien het hy so vinnig gery dat hy nie kon stop nie? En ja, hy het nie die reg om ‘n vrou in die gesig te klap nie. Die feit dat die ou hom aangevat het toe hy wou wegry het niks met die saak te doen nie. Ek sou ook as jy my dier skade aangedoen het. Dis ‘n natuurlike reaksie. En ja, ek sou die ou ook aanval en terugslaan as hy my eerste gestamp het! Wie dink hy is hy? Ek is hier aan die ou en sy gesin se kant. Ek weet daar is wette wat gehoorsaam moet word, maar doen jouself ‘n guns en ry bietjie deur Villiers. Miskien dan, sal almal wat so kerm oor die wet en die reëls sien waar ons almal vandaan kom . . . . . sterkte aan almal wat hierdeur geraak is.

Francois le Cochon ·

@Leonora. Nes jy se^, Villiers is ‘n klein dorpie waar dinge nie gedoen word soos in die stede nie, en dat mense nie so moet kerm oor wette en reels nie. In Villiers is dit aanvaarbaar dat mense 100 km/u mag ry in ‘n 60 Km/u sone. In Villiers is daar dus geen probleem as die poliesieman gejaag het nie. Of is dit net die poliesiemanne in Villiers wat moet hou by die wette en reels?

Hahahehehiehie tjietjie ·

Hehehehiehie Francios is seker die polisieman en dink die forum gaan hom los kry…….
Nee jinne jong dan hou jy nog aan stry al sien jy die mense dui alles vir jou aan!!!!! Eish as ‘n polisie beampte ‘n mens stamp van sy voete af is dit aanranding (veral waar sy lewe nie in dreigende gevaar was nie), dan nog die dame klap, sjoe jy kan nie ‘n klap en stamp in ‘n mond fight bring nie. Vir al die wetsgehoorsames, ja hondjies moet aan leibande wees, ek is baie streng daarop, maar plaas dorpies is anders en hoekom draai jy nie maar net uit nie.

Francois le Cochon ·

@Haha…….tjie.- In hierdie hele verhaal is nog een legkaart skort. Wat het gebeur vanaf die tyd wat die polisieman uit sy voertuig geklim het, tot die tyd dat die polisieman die ou omgestamp het. Iets moes gebeur het wat die polisieman dit maak doen het. Maar wat? Eers as dit uitkom, sal ons die volle prentjie sien! NS. Ek moet my naam laat gestalte doen. Le Cochon is immers Frans vir “die vark”!

Jawat ·

Wil julle almal nou hier vir my se Polisie beamptes is mense sonder emosies. Jy kan hom maar stamp vloek en skel hy moet soos hout pop staan? Hy is mens van vlees en bloed soos jy.

Louida Myburg ·

Nee Jawat, hulle is vlees en bloed enja hy en my seun het woorde gehad, maar Gaan lees tog net mooi Hy het eerste my seun gestamp. VAN SY VOETE AF NIE LIGGIES NIE en UIT REAKSIE HET MY SEUN HOM GEKLAP. HY KON BLY WEES HY NIE SY HANDE VIR MY GELIG NIE HY SOU NOOIT WEER REGLOOP NIE!

Louida Myburg ·

En snaaks dat iemand geskryf het dit kon ñ kind wees…want dis presies wat die bevelvoeder vir my skoondogter gesê het toe hy sy vinger in haar gesig gedruk het: YOU CAN BE GLAD IT WAS YOUR DOG AND NOT YOUR CHILD! Wat Dreig hy haar of moet die kinders ook nou op leibande wees!!

Jawat ·

Polisieman swaai uit vir rondloper hond en sterf…… Wat as die berig so begin het. Elke kind sy ouers se engeltjie…..

Jawat ·

Ek kan ook vir die media stories spin want die polisie beampte MAG nie met die Media praat nie. Ons hoor net julle Kant.

E.K. (vra net) ·

Jinne dat mense mekaar nou weer hier aanval en nie een was daar nie. Dis jammer van die hondjie, maar ja dis wet dat mens nie moet uitdraai vir diere nie (jy kan dalk in ‘n aankomende motor vasry en meer mense kan seerkry/doodgaan)en verseker moet honde te alle tye buite hul erf aan leibande vas wees. Vir hul eie veiligheid. Ek verstaan glad nie hoe die man sy werk verloor het nie – wat het dit enigsins met die gebeurde te doene? Ek ruik ‘n rot daaroor – hoor ons wel die hele storie? Want as hy oor so iets wat buite werksure gebeur het afgedank is kan hy mos arbeidshof toe gaan. Klink alles baie eienaardig.

E.K. ·

So, net omdat hierdie ‘n klein dorpie is geld sekere wette dan nou nie? Dis mos belaglik! Ek kan dit nie glo nie. As daar ‘n wet/bepaling is dat honde in die openbaar aan leibande moet wees is dit vir elke liewe dorpie, gehuggie of stad geldig. Ek meen as mens dit nou so beskou hoef julle dan ook nie eintlik by spoedbeperkings te hou want dis ‘n klein dorpie? Wat van gemors rondstrooi, stoptekens verontagsaam – nie nodig in julle dorpie nie? Ek kan sowaar nie glo wat ek hier lees nie! Oor die bakleiery wil ek my glad nie uitlaat nie, dis net swak – wie ookal begin het. Oor die storie dat die man sy werk net so verloor het…we-e-l, sou graag die HELE storie daaroor wou hoor.

joe ·

Ek bly ook in n klein dorpie en hier loop die honde ook los rond. Hel ons het tot al ongelukke gehaat waar beeste in die hoofstraat doodgery is. Ek glo nie eers ons polisie weet daar is n wet wat sê honde moet aan leibande wees ni… En as hulle dit moet weet sal daar sekerlik 100 boetes n dag daar voor uitgeskyf word.

Dirk T ·

Mense, lees die berig weer. Ongeag die hond wat dood gery is en wie ook al wie gestamp het en wie ook al geklap het is die kern van die berig oor wat gebeur het nadat die man in die vangwa geboender was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.