Howe se IT-stelsel kapot

(Argieffoto: Unsplash)

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling se IT-stelsel gee sedert Sondag probleme en beïnvloed tans die werking van al sy kantore en howe reg oor die land.

Terwyl kundiges spook om die stelsel weer aanlyn te kry, gaan tyd en geld verlore, meen ’n regskenner.

Steve Mahlangu, woordvoerder van die departement, het Woensdag aan Maroela Media gesê sommige howe ondervind in die stadium probleme met die opneem van hofverrigtinge, terwyl sommige regsverteenwoordigers sukkel om dokumente op die aanlyn platform CaseLines op te laai.

Ander sukkel weer met toegang tot hul e-posse en die betaal van onderhoud.

Carel Taute, ʼn prokureur van Pretoria, het Woensdagmiddag by navraag aan Maroela Media gesê dit is ’n groot frustrasie indien regsverteenwoordigers nie dokumente op die aanlyn platform CaseLines kan laai nie, aangesien daar nie met ’n saak voortgegaan kan word voordat die nodige dokumente opgelaai is nie.

Die platform word gebruik om onder meer getuienis tussen regspanne te deel ter voorbereiding van hofsake.

Taute sê regsverteenwoordigers wag in die stadium tot nege maande vir ’n hofdatum. Indien die nodige dokumente nie vroegtydig op CaseLines gelaai word nie, word die saak bloot van die hofrol geskrap en moet daar weer maande op ’n ander hofdatum gewag word.

Intussen hoop die regskoste op. “Dit mors tyd en geld,” sê Taute.

Taute sê dit is ook ’n probleem indien regsverteenwoordigers nie toegang tot e-pos het nie aangesien hofdokumente deesdae by wyse van e-pos op persone beëdig word. Dokumente moet dus weer in persoon beëdig word indien daar nie toegang tot e-pos is nie.

“Dit is weereens tyd en geld.”

Mahlangu sê kundiges werk tans onverpoos om die IT-stelsel so gou moontlik weer aanlyn te kry. Alle netwerkgebaseerde dienste bly intussen van lyn af terwyl die diagnostiese werk voortgaan.

“Die departement vra alle kliënte opreg om verskoning vir enige ongerief. Die departement is vol vertroue dat die betrokke dienste binne die volgende paar dae herstel sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Windhond ·

Mens kan dit seker verstaan, as al die ander staats departemente nie funksioneer nie, hoekoms sal dit dan nou anders in die geval wees…………..cry our beloved country

Johan ·

Die oorsaak van sulke stelselonderbrekings is in die meeste gevalle weens die afwesigheid van behoorlik opgestelde rugsteunstelsels wat outomaties behoort oor te neem wanneer die hoofstelsel”omval”.

gatgogga ·

So baie IT stelsels gaan nou ten gronde. Net kaders mag deesdae die tegniese sagteware onderhou – en dis bo hulle vuurmaakplek.
Dink maar aan Natis.
DStv se sagteware val omtrent elke dag om.
Ons hoor die klagtes oor die OVK se rekenaarsisteme.
Elke dag ondervind ek een of ander probleem gedurende my wersaamhede – alles te wyte aan rekenaarsisteme wat nie deur die huidige tegniese mense onderhou kan word nie.

Erika ·

Nog n poging om die Howe se IT Stelsel te saboteer. -ondermyn die regstelsel sodat Krimenele nie spoedig verantwoorbaar gehou word nie. …True Legacy of the ANC…-Noting Positive came from their rule except selfish gain..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.