HuffPost-blog is nié haatspraak, sê persraad

Verashni Pillay (Foto: Facebook)

ʼn Omstrede blog wat vroeër vanjaar op The Huffington Post SA gepubliseer is waarin daar aangevoer word dat wit mans hul stemreg vir 20 tot 30 jaar ontneem moet word ten einde wanbalanse reg te stel, kom nié op haatspraak neer nie, het die appèlpaneel van die persraad bevind.

Maroela Media het vroeër berig die persombudsman het in April bevind die artikel genaamd “Could it be time to deny white men the franchise?” kom op diskriminasie en haatspraak neer. “Die teks wat The Huffington Post gepubliseer het, was diskriminerend en afbrekend en kom neer op haatspraak. Dit is ʼn oortreding van die etiekkode van Suid-Afrika,” het die persombudsman vroeër in sy uitspraak gesê.

Dit kom nadat AfriForum ʼn klag teen The Huffington Post en die destydse redakteur, Verashni Pillay, by die persombudsman aanhangig gemaak het.

Die blog, wat onder die naam van ʼn ene Shelley Garland gepubliseer is, het wyd opslae veroorsaak en is skerp gekritiseer. Pillay het aanvanklik die publikasie van die blog verdedig, maar dit is later van The Huffington Post se webwerf verwyder. Dit het kort daarna aan die lig gekom dat “Shelley Garland” ʼn fiktiewe persoon is en dat die blog eintlik deur Marius Roodt (37), ʼn navorser by die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) in Johannesburg, geskryf is.

Pillay het na aanleiding van die persombudsman se bevinding bedank en gesê sy respekteer die amp van die persombudsman. Daar is egter kort daarna appèl teen die persombudsman se bevinding aangeteken.

Volgens die persraad se jongste uitspraak was die inhoud van die blog nie aggressief of aanhitsend van aard nie. Die persraad het beklemtoon dat vryheid van spraak waardevol is aangesien dit ons in staat stel om idees te bespreek en te toets en weg te doen met dit wat te lig bevind word. “Daar moet daarom ruimte wees vir robuuste debat.”

Die persraad het ook genoem dat dit moeilik is om in te sien dat die inhoud van die blog daartoe kan lei dat wit mans van hul stemreg ontneem word, aangesien hierdie reg deur die Grondwet beskerm word. “Dit kan wees dat die stuk sommige mense geïrriteer of ontstel het, maar om dit as haatspraak te klassifiseer, sal ʼn té groot sprong wees.”

Pillay het Dinsdag op haar Twitter-profiel in reaksie op die uitspraak haar prokureur bedank wat haar pro bono verteenwoordig het, “terwyl AfriForium hul massiewe hulpbronne gebruik het om dit te verdedig”.

Sy het ook na die persombudsman gekap en gesê die oorspronklike uitspraak was “ongelooflike swak werk en nie vir die eerste keer nie”. “[Daar is] egter geen oproepe vir hom om aanspreeklik gehou te word nie,” het sy getwiet.

Op ʼn vraag of sy nou haar vorige werk sal terugkry, het sy geantwoord: “Ek sal dit nie terug wil hê ná die algehele gebrek aan ondersteuning van Media24 in hierdie saak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

pietie ·

NIE NET WIE DIE PANEEL IS NIE, MAAR OOK WAT HUL IDEOLOGIESE VERBINTENISSE IS WAT WEER HUL PARTYDIGHEID VERKLAAR. DIE GEVOLGE VAN DIE UITSPRAAK BETEKEN NET VERDERE DISKRIMINASIE EN GEWELD TEEN WITTES.

Johann ·

En die pers raad bestaan uit? Vergeleke met die omnutsman? Vra ek bloot….?

De Villiers ·

Ja, dit word seker nie beskou as haatspraak nie, want blankes is die teiken, net soos die regering beskou dat slegs blankes rassiste kan wees, en glad nie swartes nie. Was die rolle omgeruil, sou die herrie seker nie einde gekry het nie. Dubbele standaarde!

Frederik ·

Bargain van ‘n leeftyd. Ontneem ons van ons stemreg, en ons hoef nie belasting te betaal nie.
Onder die apartheisregering het die Indiërs en die slimmer Bruines & Swartes goed vir hulself gesorg. Baie van hul het vandag groot besighede, maar steeds geen belastingnommer nie. Hoe het Trevor Manual dan nie gespook om die taxieienaars te oorreed om belasting te betaal nie.

RJW ·

Frederik. Weet nie waar jy aan jou inligting kom nie. Kleurlinge moes belasting betaal gedurende apartheid en betaal nog steeds. Die ironie is dat in albei bedeling, trek hulle nog steeds aan die korste ent.

N Lourens Reitz ·

En ek dink Pieter du Toit moet nou baie verlig voel.

Eish ·

Dis nou regtig soos om n madeliefie se blare te pluk, hy het my lief, hy het my nie lief nie… Maak op jul mind.
Robuuste debat aan te moedig…
Dis so voorspelbaar deesdae, solank die blanke net aan die ontvangkant is, word allerlei diplomatiese, akkomoderende en ander flambojante woorde ingespan om kuns, politiek, die fabrieksvloer en wherever te bepoeier met die modderige gly walaf. Dis n helhool waar ons bly en tweedeklas burgerskap staan my nie aan nie. Helaas, vasgevang in die tronk wat ons vorige bedeling vir ons bewimpel het.

AL ·

Natuurlik sal sy nou n mondvol te sê hê na die bevinding van die appél. Belaglike uitspraak. Indien die opskrif gelui het swart mans moet vir 30 tot 40 jr hul stemreg ontneem word – sou die appél se bevinding heel anders gewees het.
Dan was dit haatspraak en rassisme.

Awie Opperman ·

Jy mag absoluut enige iets kwyt raak, behalwe as jou velkleur wit is, want dan is jy ‘n rassis en dit is haatspraak. As ‘n blanke persoon iemand aanrand word klagte van poging tot moord bygevoeg, al is die aanranding emosioneel van aard. Die simbool van geregtigheid is ‘n skaal, maar die skaal in hierdie land weeg nie reg nie. As ek ‘n berig plaas wat presies dieselfde sê, maar ek vervang wit met swart, dan is ek môre werkloos en ek sal voor die gelykheidshof moet verskyn. Dit is verregaande hoe geregtigheid se betekenis verander het sedert 1994.

Uvonka ·

Doen so maar ontneem ons ook daarvan om belastinggeld, waarvaan die regering so lekker lewe ook te betaal.

Kannaland ·

Die rade en kommittees, ministeries en al het heeltemal onregverdig en mal geword. Dit help nie ons probeer met hulle meer praat nie. Ons moet eerder ons aandag spandeer om te onderhandel om af te stig en onsself te regeer.

Mielie ·

Vryheid van spraak? Rerig. Mens kan nie eers meer jou opinie lig nie dan word jy uitmekaar getrek….Dit is nou as jy n wit Afrikaner is. Sê eerder vryheid van spraak sluit nie die wit Afrikaner in nie dan weet ons presies hoe dinge werk en hoe om dit te hanteer.

Bernard Hellberg ·

Verashni is, soos ‘n amateur, met ‘n slap riem gevang. Sy het ‘n gek van haar en Media24 gemaak – iets wat die Naspersbase nie sal duld nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.