HuffPost-blog ʼn ‘hartseer dag vir joernalistiek’

Huffington Post SA (Foto: Facebook/HuffPost SA)

Media24 het Saterdag in ʼn verklaring gesê hy gaan dringend ondersoek instel na ʼn omstrede blog wat deur The Huffington Post se Suid-Afrikaanse uitgawe gepubliseer is wat voorstel dat wit mans hul stemreg ontsê word, en daarna op dié webwerf verwyder is weens talle onsekerhede oor die skrywer van die storie.

Dié blog, getitel “Could it be time to deny white men the franchise?”, het wyd opspraak gewek en die maatskappy is met ʼn storm negatiewe kommentaar getref.

The Huffington Post het vandeesweek gesê die stuk is geskryf deur Shelley Garland – ʼn onafhanklike skrywer wat haarself voorgedoen het as ʼn MA-student by die Universiteit van Kaapstad. Weens die opspraak wat die stuk egter gewek het, is ʼn ondersoek na Garland van stapel gestuur waarna bevind is dat dié persoon nie werklik bestaan nie.

Garland se blog het geargumenteer dat wit mans vir minstens twee dekades hul stemreg ontsê moet word. Sy het die blog onder meer ook gebruik om wit mans te blameer vir Brexit en Trump se oorwinning.

Die blog is vroeër deur The Huffington Post as ʼn “standaard-feministiese teorie” bestempel voor dit verwyder is.

Esmaré Weideman, Media24 se uitvoerende hoof, het Saterdag gesê die maatskappy neem die saak nie ligtelik op nie.

“Die hele voorval het groot skade vir The Huffington Post en Media24 veroorsaak. Verantwoordelike joernalistiek is die hart van dit wat ons doen; dit is die ‘geldeenheid’ waarmee ons werk. In die era van valse nuus, bestee ons redakteurs baie tyd daaraan om te verseker dat die waarheid gepubliseer word. Wanneer ons stelsels misluk, is ons nie net hartseer nie, maar ook woedend. Dis ʼn hartseer dag vir joernalistiek,” het sy gesê.

Andreij Horn, hoof van 24.com, het gesê ʼn volledige ondersoek is van stapel gestuur om te probeer uitpluis hoe die voorval kon gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Johann ·

Ill HUFF and Ill puff…en blow the whole thing out of the water. Watse ondersoek? Nou skielik? Bla bla vla….

Bertus J van Vuuren ·

Vreemd dat ondersoek gedoen word na hòe dit gebeur het, maar nie na wìe fit gedoen het nie. Die IP adres behoort mos redelik maklik nagespoor te word in ons tefnologiese gevorderde samelewing.

Johan ·

Sou enige koerant of media huis wat nie “Fake News” is nie nie eers bloggers bevestig voordat hulle geplubliseer word nie.

Hulle smeer die storie nou net toe.

Media24 en HP is FAKE NEWS!

Anoniem ·

En daar slaan Huffington Post hulle naam katswink met ‘n plank. LEKKER!! Dit sal julle leer om deel te neem aam selektiewe rassisme!

w ·

Hoop dat indien di skrywer opgespoor word hy of sy voor die M RK komm sal verskyn en n groter boete as Sparrow sal opgele word. Kom ons kyk. Hang seke weer af wat is die ras van di skrywer

Mariette ·

Die hele ondertoon van die blog is in elk geval so seksisties en belaglik dat enige media 2 keer behoort te dink voor hul so iets plaas, ongeag of dit n werklike persoon is of iemand wat onder n skuilnaam skryf. Die blog is sekerlik nie deur n masjien geproduseer nie, slegs onder n vals naam. Weer iemand met n mond vol mening sonder die moed om onder eie naam te skryf

kobus ·

Douw, ek stem. As media24 verantwoordelik was sou hulle dit glad nie geplaas het nie.

Chris ·

Ja hoor. Dink die media groepe die publiek is dom? Soos die Ingelse spreekwoord lui, ” I was born at night, not last night”

Piet Badenhorst ·

Media 24, Nasionale Pers en ander “hoofstroom media” was aandadig aan die Breinspoeling van ons ou Volkie sodat die huidige bestel tot stand kon kom.(Promosie van die Ja stem – spesifiek).
Kry vir julle.

jaco ·

die nee-stemmers het gehoop hulle word die regering in die plek van die ja-stemmende Nasionale Party, en dan sou hulle maar weer as n wit minderheid apartheid op die swart meerderheid toegepas het. BITTER MIN nee-stemmers het geaggiteer vir ‘n wit volkstaat. Die 900 000 nee-stemmers in 1992 het ook verminder na 420 000 in 1994 en daarna aanhou daal tot 129 000 in 2014. Ek weier om te glo hulle is almal dood of sit almal in die buiteland. So die meeste nee-stemmers is maar net soveel te blameer as die ja-stemmers.

Boerseun ·

Ons moet eintlik nie eens geskok wees nie.

“Naspers op sy beste”

J ·

Bla bla bla bla gelukig voel ek niks vol poletiek of enige drama waar my vel kleurn rol speel im white and proud of it….

At ·

n Sekere mediagroep in hierdie land se primere doel is om haat aan te blaas, bleekgesig Afrikaners te verneder en hul verwronge denke , via ‘n paar van hul pione, op stiksienigge lesers af te forseer.

pieter ellis ·

So, die Huff Post plaas n artikel wat uiters swak is, dan word hulle bewus dat dit onder n skuilnaam geplaas is, dan word daar n ophef gemaak omdat dit onder n skuilnaam geplaas is, en nou is dit skielik n swart dag vir joernalistiek. Dit was n stupid artikel om mee te begin, selfde soos die aap wat aanvoer dat alle witmans behoort selfdood toe te pas. Komaan, Media 24 en Huff Post, word wakker asb.

apie ·

huffpost is ‘n sg sattelliet van VSA huffpost. kan nie n woord glo wat hulle skryf nie. hulle skynbare. verbasing is net oor die reaksie. nsapers kan huffpost maar toemaak

Johan Piek ·

Esmarie Weideman en Media24 moet asseblief hulle skynheiligheid laat staan. Dis n verdere belediging vir die leserspubliek se intelligensie om te maak asof hulle nou skielik nie weet hoe die blog onder hulle vaandel verskyn het nie. Wil sy en hulle nou waaragtig vir ons laat verstaan dit het per ongeluk verskyn ? Julle lees mos eers n blog voor julle dit druk ! Ek dink julle het dit gelees en gedruk en toe julle self sinneloos geskrik oor die uitwerking daarvan. Skaam julle en maak die Huffington Post toe !

Kaspaas ·

Dit sal interessant wees om te weet wíé dit geskryf het as die Shelley nou kastig nie bestaan nie. Wys jou hoe smokkel hulle met mense se koppe. Ek dink dit word “meningvorming” of “opinievorming” genoem. Nou weet julle waar julle met hulle staan.

AL ·

Dis skreiende rassisme en seksisme! Esme Weideman moet maar pa staan vir hierdie een! Ons lesers is nie dom nie!

Kezia ·

Joernalistiek is volgens Dr. Robert Hare een van die top 10 loopbaankeuses van psigopate. Volgens “Without conscience” Dr. Robert D. Hare. So ek is glad nie verbaas nie.

Steven ·

Esmarie Weideman was in haar studente dae al ‘n feminis of note.36 jaar later het niks verander nie.
Sy en Media24 sal altyd wees soos die wind waai. Nooit sterk standpunt inneem nie.
Media24 skuld alle witmans ‘n goeie verskoning!

Sakkie ·

Is Weideman die een op wie Steve destyds die teepot uitgegooi het? Julle moet die poo-protesters vani Kaap vir haar inspan, hulle keer sommer vinnig ‘n hele lavatory op haar kop uit.

Basjan ·

Ek wonder wie is redakteur van Huff Post? Weet julle dalk .? Ek dink ek weet en is daarom glad nie verbaas nie,

Andre ·

Huffington se reaksie “….the blog submission….cannot be traced and appears not to exist”….grote genade ek hou my in om nie heelwat sterker taal te gebruik nie)….hoe de …..plaas n uitgewer n opinie van enigeen sonder om die bron EERS te ondersoek!? Hulle moes rooi ligte sien flits toe die skrywer aanvoer dat sy n M student van UCT is. Die pot strooi waarmee studente van daardie (voorheen respektabele) instansie vorendag kom ken geen einde nie. Dink maar aan die belaglike opmerkings rondom kolonialisme en wetenskap. Mens kan nie anders as om te wonder of dit nie dalk deur n Huffingtonner self geskryf is nie.

Louwboepens ·

Media 24 + Huffington Post + Beeld is kallers van dieselfde kraal.By Media 24 is Weideman en by Huffington Post is Pieter Watsenaam en by Beeld was Basson.Ek het drie jaar gelede al opgehou om Beeld te koop met die Pukke se sogenaamde lagwekkende Nazi groet.Al kry ek Beeld gratis lees ek hom nie.Maroela moet net aanhou om nuus te plaas,slegte of goeie en nie in die versoeking kom om net resepte en goeie nuus te gee nie.

Philip ·

Huffington Post het oorsee so min geloofwaardigheid dat dit eintlik maar gesien word as n verhewe ponie koerant. Ons eie weergawe het n man van huisgenoot as subredakteur, so wat anders kan mens verwag? Ons gee hul heeltemal te veel lugtyd deur hul artikels ernstig op te neem, dis sensasiesnert.

N Lourens Reitz ·

Louwboepens daarom sê ek Pieter Vermeullen Adiaan Basson E Weideman is graf stil

Martin ·

Duidelik kom hulle ware kleure uit. En EWN is ook net so. Hoekom is wit mans dan so ‘n bedreiging as hulle nie sukses van hulle eie loopbane maak nie.

Wouter ·

Slegs mense wat bydrae tot die land (belasting, werk ens) moet kan stem. Nie die 17 plus mil wat staatshulp kry nie. Praat nie van aftree pensioen nie

Susan ·

Gits.. ek ken die speletjie “Rummy en Donkie” waar die “joker” kaart jou soms potjie, maar nog nooit van die kaart speletjie gehoor. Deesdae trek hulle aanhoudend die rasse kaart uit die spelkaarte. Dalk is die spelkaarte net vir beginners en nie vir proffesionele spelers nie. . Ons is van kleintyd geleer dat jy moet soms kan wen en ook soms verloor.

Johannes Meintjes ·

Intussen moet die manne nie laat slaple nie! Ons vrouens en kinders in die kombuis kla juis dat die manne niks uitgerig kry in hierdie tekens en tye nie.

zumie ·

Gaan lees bietjie “Antonio Gramsci” en sy begrip van “hegemony” en verstaan dan.

Inge ·

Dis nie “rocket science” om die oorsprong te “trace” nie mense.

RSG ·

Was daar nie ‘n onderhoud vanoggend op RSG met hierdie Pillay persoon nie? Waar hy presies hierdie goed kwyt geraak het van wit mans. Hoekom hou RSG hulle op met rassisme?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.