Hugh Masekela se dood ʼn ‘onmeetbare verlies’

Hugh Masekela (Foto: ANA)

Die familie van Hugh Masekela, die legendariese Suid-Afrikaanse jazz-musikant wat Dinsdag sy stryd teen prostaatkanker verloor het, sê sy afsterwe is ʼn groot verlies vir sy familie én aanhangers.

Masekela se familie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hulle is “diep hartseer” oor sy afsterwe, maar dankbaar dat hy vreedsaam by sy huis in Johannesburg dood is.

Die familie het gesê hy laat ʼn groot nalatenskap agter en hom as ʼn “liefdevolle pa, broer, oupa en vriend” bestempel.

“Hugh se internasionale bydrae en deelname in musiek, teater en die kunste oor die algemeen lewe voort in die geheue van miljoene dwarsoor ses vastelande. Ons is geseënd en dankbaar dat ons deel kon wees van sy lewe en nalatenskap van liefde, mededeelsaamheid en kreatiwiteit die afgelope ses dekades,” lui die verklaring.

Intussen het pres. Jacob Zuma sy meegevoel aan die familie oorgedra. “Masekela was een van die pioniers van jazz wie se talent wêreldwyd erken en vereer is. Hy het die vryheidsfakkel hoog gedra deur teen apartheid te stry met sy musiek en deur internasionale ondersteuning te werf vir die vryheidsbeweging en die euwels van apartheid,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Zuma het die musikant in 2010 met die presidensiële Orde van Ikhamanga (goud) vereer vir sy “uitsonderlike bydrae tot musiek en die stryd teen apartheid in Suid-Afrika”.

“Sy afsterwe is ʼn onmeetbare verlies vir die musiekbedryf en die land as geheel. Sy bydrae tot die bevrydingstryd sal nooit vergeet word nie,” het Zuma gesê.

Nathi Mthethwa‏, minister van kuns en kultuur, het Masekela vroeër as “enig in sy soort” beskryf. “Ons kan met oortuiging sultuur, het el. Sy bydrae tot die bevrydingstrAfro-jazz was en dat hy die siel van ons nasie opgehef het deur sy tydlose musiek,” het Mthethwa gesê.

Die musikant se familie het die publiek intussen versoek om hul privaatheid te respekteer. “Hugh was iemand wat altyd by die media betrokke was oor kwessies wat musiek en sosiale en politieke kwessies ingesluit het. Ons vra die media om hom én sy familie in hierdie tyd van rou te respekteer. Ons bedank almal vir hul meegevoel en ondersteuning.”

Masekela het sedert 2008 ʼn stryd teen prostaatkanker gevoer. Die behandeling was aanvanklik suksesvol, maar die kanker het in 2016 weer versprei. Die musikant was met vakansie in Marokko toe hy geval en na die hospitaal geneem is waar die dokters ʼn tweede gewas opgespoor het. Hy moes in Oktober verlede jaar onmiddellike verpligtinge kanselleer as gevolg van die behandeling en sy toestand het klaarblyklik agteruit gegaan.

Die familie het gesê meer besonderhede oor ʼn gedenkdiens en sy begrafnis sal binnekort bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ander Annie ·

Groot verlies vir Jazz liefhebbers. Hy was ‘n wonderlike mens en hoogs talentvol. “Gentle Giant”. Innige simpatie aan sy familie. Hamba Kahle.

Estelle ·

‘n Groot kunstenaar het ons verlaat. Rus in vrede Hugh. Innige medelye met sy geliefdes.

Dons ·

So jammer om dit te hoor. Ja so gaan ons almal eendag vooruit. Hy was baie bekend.

Marianne ·

GOD HAS GIVEN – GOD HAS TAKEN
Finominale man, sagte diep gelowige. Die musiek wêreld het ‘n onvulbare leemte. Ek was geërd om jou te kon ontmoet.
My deepest heartfelt symphathy with his family and every one whom has ever been touch by his presence, knowledge and music.

Ander Annie ·

Marianne, dit is ‘n pragtige boodskap. Ek wens die familie kan dit lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.