Huilende baba langs vermoorde ouers se liggame

(Argieffoto)

Die polisie in Limpopo het ʼn beloning van R200 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die moordenaar of moordenaars van ʼn jong paartjie wat die afgelope week in hul huis doodgesteek is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die 21-jarige man en sy 18-jarige lewensmaat se liggame is Dinsdagmiddag in hul huis in ga-Rapitsi gevind. Die polisie het hulle as Nius Malatji en Lusia Malapane geïdentifiseer.

“Die man se werkgewer, wat ook sy buurman is, is glo omstreeks 12:00 na die huis om na die man te soek nadat hy nie vir werk opgedaag het nie. Met sy aankoms daar het hy die rasende gehuil van ʼn baba gehoor. Hy het uitgeroep, maar niemand het geantwoord nie,” het Mojapelo gesê.

Hy is die huis binne waar hy die paartjie saam op hul bed in die slaapkamer aangetref het. Hul een jaar oue baba het langs hulle gelê.

Mojapelo het gesê die man het die polisie en nooddienswerkers ontbied.

Die polisie het Malatji en Malapane met verskeie steekwonde aangetref en die twee is op die toneel dood verklaar.

Die provinsiale polisiehoof in Limpopo, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die moorde veroordeel en ʼn span ondersoekers, gelei deur ʼn senior offisier, ondersoek die saak.

Enigiemand met inligting kan brig. Willy Mashava by 082 451 7188 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

MM julle eerste paragraaf is misleidend. Is dit die oorlede paartjie wat vervolg moet word?

Christel Cornelissen ·

Dagsê Vriendelike Frikkie
Baie dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig en het die berig reggestel.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

david ·

En hulle eis dat “BLACK LIVES MATTER”….vir wie moet dit eintlik saak maak ..? Vir Swartes ook ..?Of is hulle vrygestel van hierdie eis …..?
Nog Swart-op-swart geweld……maar die wittes moet hulle eerbiedig …!

Steve ·

Ek vra net… is daar ook belonings on die moordenaars van ons boere en ons mense te vang?
Of is blankes se lewens niks werd nie?

Stefaan ·

Tragies. Hoop die R200 000. doen sy werk. Sal gaaf wees as daar belonings uitgeloof word vir elke plaas moord.

Stefan ·

Eendag moet iemand vir die opgegroeide baba vertel wat gebeur het.

Anel ·

Beloning word uitgeloof en hoë polisie offisier veroordeel moorde. Wie het iets gesê of uitgeloof toe die blankes die afgelope paar dae vermoor is? So, kan ons kwalik geneem word as ons niks meerqr voel vir our people se moorde op our people nie?

Sandra ·

Here, waarnatoe is die land op pad met al die dinge wat om ons gebeur.

Ivana ·

R200 000 beloning, maar niks vir die uitmoor van ons witmense en boere nie. Wys jou net, ons lewens is vir hulle nie n c werd nie. Nou ja dan moet ons maar seker self n plan maak

Belinda ·

Watter regdenkende mens doen so iets. Spul moordenaars en dit dalk vir ‘n selfoon of ‘n paar rand.

Magda ·

Sien julle dit maak nie saak wat die kleur van jou vel is nie. Staan op staan saam met die boere. AL die mense in SA word uitgemoor. Ons die slagoffers is meer as die moordenaars. KOMAAN STAAN OP STAAN SAAM MAAK NIE SAAK WAT DIE KLEUR VAN JOU VEL IS NIE!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.