Huis brand in Philippi; drie dood

Argieffoto

Drie gesinslede is Sondagaand dood toe hul huis in Philippi in Kaapstad begin brand het. Die vierde gesinslid is steeds vermis.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdienste in Kaapstad, is hulle Sondagaand omstreeks 23:35 na dié Nutec-huis in Boomstraat in Philippi ontbied.

“Met die aankoms op die toneel, het die huis se dak en eerste verdieping reeds ingeval. Ons moes nóg hulpbronne en bystand inroep. Op die ou einde was daar ongeveer 23 mense op die toneel om die brand te probeer blus,” vertel Carelse Maandag aan Maroela Media.

Twee liggame is aanvanklik in die huis ontdek. Die polisie het Maandagoggend 09:00 egter nóg ’n liggaam in die huis ontdek. “Al drie liggame was onherkenbaar verbrand,” sê Carelse.

Die brand is teen Maandagoggend geblus en die toneel is omstreeks 07:00 aan forensiese deskundiges oorhandig om verdere ondersoek in te stel.

Carelse sê daar was na bewering vier gesinslede wat in die huis gebly het. Daar is nog geen inligting oor die vierde gesinslid nie.

Dit is nog nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.