Huis Davidtsz ontruim weens stakings

huis-davidtsz-veiligheidswagte-skuif-2019-03-08-verwerk

Die inwoners van Huis Davidtsz in Pretoria word onder die toesig van veiligheidswagte geskuif. Die tehuis is Vrydag tydelik gesluit na talle personeelstakings. Foto: Verskaf.

Huis Davidtsz, die tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad wat al byna ’n jaar lank sporadies onder personeelstakings gebuk gaan, gaan met onmiddellike inwerkstelling tydelik ontruim word.

Hannes Noëth, besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het Vrydag gesê die bestuursraad van Huis Davidtsz het ná ’n lang vergadering met die Gautengse departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling Dinsdagmiddag gesamentlik besluit om in belang van die inwoners die diens by Huis Davidtsz tydelik op te skort en die bejaardes en verswakte volwassenes uit te plaas na ouetehuise van hulle keuse.

Spanning het weer verlede week by die tehuis uitgebreek toe werkers begin staak het. Hulle beweer daar is teenstrydighede met hul werkloosheidsversekering- en pensioenfonds, asook dienskontrakte.

Leonora Strydom, die tehuis se bestuurder vir die afgelope 43 jaar, hou egter voet by stuk dat al haar dokumente in plek is en dat die probleme by die tehuis ontstaan weens politieke inmengery of probleme by staatsinstansies.

Verswakte en bejaarde inwoners moes onder meer self die rol van verpleegkundiges oorgeneem het terwyl ander skottelgoed en vloere gewas het aangesien van die werkers by die tehuis, wat glo aan die EFF verbonde is, die inwoners weer aan hul eie lot oorgelaat het.

Die bestuursraad van Huis Davidtsz en verteenwoordigers van die departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling het vanoggend ’n dringende vergadering met sommige van die huisinwoners se familielede gehou en tydens die vergadering bevestig dat die tehuis tydelik ontruim gaan word tot die situasie met die werkers beredder is.

Die bestuursraad het aan die familielede die stappe en opsies van die ontruimingproses verduidelik en het onderneem om die families deur die tyd by te staan. Nagenoeg 11 tehuise in en om Pretoria is geïdentifiseer waarheen die inwoners geskuif kan word. Die bestuursraad het die familielede versoek om te help om ’n geskikte tehuis vir hul geliefdes te vind wat aan hul fisiese en finansiële behoeftes voldoen, of om hul geliefdes tydelik self te huisves. Die departement van maatskaplike ontwikkeling sal die inwoners skuif wat nie familielede het nie.

Die departement van gesondheid het onderneem dat elke inwoner deur ’n geneesheer ondersoek word en om mediese dokumente in plek te kry wat aan die inwoner se nuwe instelling oorhandig gaan word. Dié departement sal ook onder meer sorg dat inwoners met spesiale behoeftes met spesiale ambulanse na hul nuwe bestemming geneem word.

Strydom en Cas Weber, ʼn direksielid van die bestuursraad van Huis Davidtsz, het by die vergadering benadruk die besluit is nie ligtelik geneem nie, maar hulle het geen ander keuse gehad nie aangesien die bejaardes se welstand deur die stakers se optrede benadeel word.

Strydom het onderneem om al die familielede by te staan wat struikelblokke ervaar en deurlopend met die familielede oor die vordering te kommunikeer.

Sy het verder onderneem om so gou moontlik die situasie met die werkers te beredder. Weber het gesê as dit suksesvol is, sal Huis Davidtsz se gebou behoorlik opgeknap word voor sy deure weer oopgemaak gaan word. ’n Ander moontlikheid bestaan om die tehuis na ’n ander gebied in die stad te skuif of om dit permanent te sluit.

“Helpende Hand verwelkom dié besluit en sal die situasie steeds fyn monitor,” het Noëth Vrydag ná die aankondiging gesê.

“Sedert die spanning verlede jaar op 14 Maart begin het, moes Helpende Hand dikwels toetree om na die bejaardes om te sien en hulle te versorg. Ons is bly die twee departemente en Huis Davidtsz se bestuursraad kon ’n uitweg vind wat die bejaardes en verswaktes se welstand eerste stel en ons bedank hulle daarvoor,” het Noëth bygevoeg.

Oor bewerings van politieke inmengery by Huis Davidtsz en talle ander tehuise het Noëth gesê dit is iets waaroor Helpende Hand bekommerd is.

“Ons maatskaplike werkers ondersoek tans ʼn tendens waar politieke partye werknemers van ouetehuise en ander soortgelyke instellings beïnvloed. Onder hierdie inmenging dring werkers aan om in die raad van die tehuis te dien. As hulle in die onderskeie rade opgeneem word, vra hulle vir die finansiële state van die tehuis en dan word dit ʼn geldspeletjie en word bejaardes en gestremdes gebruik as die middelpunt van onderhandelinge, die wapen vir jou loongeskille. Die rade en bestuur moet eenvoudig geen politieke inmenging duld nie,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Daan Erasmus ·

Skuif die mense. Sluit die plek. Jaag al die stalkers weg. Help die wat nie gestaak het nie by ander plekke werk kry.

Keelvol ·

Dis reg, ontwrig en skuif die bejaardes en verswaktes.
Groot trauma vir baie van hulle. Al die onsekerheid en kostes.
Die stakers en oproermakers kry alweer hulle sin.

Nou is die tehuis leeg en daar is geen pasiente wat versorg moet word, geen etes wat voorberei moet word en geen gebou om skoon te hou nie.
DUS geen werk nie. Vergeet van onderhandelings, dit het in die verlede nie gehelp nie.
Laat die hele spul sonder inkomste sit.
Breek somer die plek af anders is daar oor ‘n paar maande net gebreekte ruite en stukkende badkamers oor. Dan kla die wat die perseel wederregtelik bewoon het weer omdat hulle is sulke haglike omstandighede moet bly.
Aan al die bejaardes:: ” Ek hoop julle is gelukkig waarheen julle ookal gaan.”

Ben ·

Ek stem saam. Eks net so keelvol. Ek kry die ou mense so jammer. As die bestuur toegee aan die stakers, staak hulle oor 3 maande weer! Daar sal nooit n end aan kom nie en die bewoners sal weer daaronder ly. En ‘Die werkers wil in die raad dien’ Wat jy waar kry? Fire die hele lot en stel nuwes aan om weer rus te kreeer vir ons ou mense!

Lientjie ·

Ek dink dit is die regte besluit. Nou wonder ek wat gaan die stakers nou doen, want daar gaan nie ‘n inkomste vir hulle wees nie en niemand sal hulle indiens wil neem nie. Staak maar lekker.

zoom zoom ·

Die stakers gaan nou begin om die plek te beset en vir geld gaam hulle wat daar is wat hulle kan verkoop, verkoop en ook kamers uithuur aan
families wat in die stad wil bly.

Zak ·

Begin jou eie mense indiens neem is daar dan nie wit squater kampe nie,,,,,,

Hanna Hoekom ·

Ons het so paar jaar gelede “ons eie mense” in diens begin neem. Groot fout! Drankmisbruik heel bo-aan die lys. En dan volg die afwesigheid by die werk, huishoudelike geweld en tienerswangerskappe. Hierdie families (al drie van hulle) kon gratis op die perseel woon. Ons was SO teleurgesteld: ons eie mense wou nie werk nie!

Frikkie Geld en huis ·

Ek het 14Januarie 2019 vir die tweede keer in my besigheid se bestaan daai fout gemaak. Plein sleg met geen belangstelling nie.

Alida ·

Die stakers is nou met verlof en gaan 10/1 elkeem n vet tjek kry.

Johanna Botha ·

Ag sluit net die plek die mense wil nie werk nie en vind net fout met alles….laat hulle maar ander werk gaan soek want mens kannie volhou met al die demands nie

Joy ·

Maklik om te sê sluit die plek,skuif die mense…maar hoe skuif jy ‘n 95 jarige met alzeimers en sonder die nodige finansies. Soveel mense se lewens word geraak deur so iets..die pasient sal dalk nie eers die skuifing oorleef nie. Hartseer verby

Marinda ·

Die arme senior burgers. Hierdie is baie traumaties vir hulle.

Kry ander personeel, mense wat wil werk. So maklik soos dit.

Wiehan ·

Sê nog steeds, sit hul in ‘n tehuis in Orania waar REGTE Afrikaners na hul Kan omsien. Heplende Hand, HELP daarmee asb.

Penellope Jones ·

Die gebou sal moontlik ingeneem en totaal gestroop word. . . . . . .

Wilma ·

En waar is die slapgat govt officials se mense regte nou en boonop bejaardes. Gestremdes. Nee wat dis n klomp.patete bymekaar
Net hul vet tjeks. Enigste belangstelling

Christa Frost ·

Ek het self my 72-jarige broer daar weggevat vandag – hy was vir 4 jaar deel van die oppe en affe van Huis Davidtz. Daar sal defnitief nie plek vir almal in bestaande, bekostigbare tehuise in en om Pretoria wees nie – daar is ‘n hele paar honde ouens in HD. Die gebou is nie goed onderhou nie, so weet nie wat hier gaan gebeur nie. Ek gaan self aan die einde van hierdie jaar aftree, maar tot dan gaan ouboet maar by my moet bly en bedags stokalleen na homself moet kyk en eintlik mag hy nie alleen wees nie want hy het al ‘n paar beroertes gehad. Maar dalk sal dit beter vir hom wees …

aj ·

‘n Tweede Esidemeni massamoord is VOORKOM deur die ingryping van Helpende Hand.

Kom ons kanaliseer ons belasting liewer na Helpende Hand as na die bodemlose swart put van die ANC!

Verkoop die gebou VOORDAT dit gevandaliseer word!

aj ·

In Japan word robotte ingespan in die versorging van bejaardes.

Miskien moet ons eie slim mense gaan loer wat die Japannese doen?

SA sit met ‘n helse DILEMMA … tegelykertyd ‘n ooraanbod van ongeskoolde werkers en ‘n tekort aan werkers met bepaalde vaardighede.

Daarom GROEI die aantal honger werklose massas!

Die situasie gaan ongelukkig net vererger in die toekoms.

marco polo ·

Hoekom kan hierdie tehuise nie geskuif word na die sogenaamde ontwikkelingspunte nie, waar ons ons eie mense kan gebruik? Die laaste ding wat ek wil sien wanneer ek afgetree is, is n gillende rooi beret.

jaco ·

baie van “ons eie mense” wil nie werk nie en is ook werkloos weens drankmisbruik, dwelms ens. vra my, ek weet. ek het genoeg van “ons eie mense” al gebruik om vir my te werk. Aanmekaar het van my gereedskap uit my garage verdwyn. almal ook brandarm, MAAR daars altyd geld vir drank en sigarette. en wanneer ek n wenk gee om daardie onnodige uitgawes te stop, was “ons eie mense” almal dadelik kwaad vir my.
so hoe los ons hierdie probleem op? ouetehuise beman deur “ons eie mense” sal sekerlik ideaal wees. Miskien moet wie dit ook al begin, eenvoudig die aansoekers strenger keur en ook dit vir “ons eie mense” inskerp dat afdankings indien hulle swak werk lewer, uiters maklik is, omdat hulle wit is en dus nie soveel “regte” het om hulle werk te behou of terug te kry nie.

marco polo ·

Jaco, jy gaan mos nie dronk werktuigkundiges gebruik om oumense op te pas nie. Om ons eie mense te gebruik is geen verskoning om lae standaarde te aanvaar nie.

jaco ·

so dis reg om brandarm te wees maar die bietjie geld wat wel inkom, eerste op drank en sigarette uit te gee? Dis seker ook verkeerd om vir hierdie arm mense aan te moedig om uitgawes op hierdie onnodige goed te stop.
G’n wonder baie van “ons eie mense” lyk soos wat hulle lyk nie, want diegene in beter omstandighede wat van beter behoort te weet, dink OOK dat armes se uitgawes op onnodige goed soos drank en sigarette, maar in orde is en nie onnodig nie.

Karin ·

Dis so jammer dat die oues en verswaktes altyd onder die tipe behandeling moet deurloop.
Verder is dit teleurstellend dat “ons mense” so onbetroubaar is dat daar verkies word om hulle eerder nie aan te stel nie. En die baie vrot appels vat die klompie wat wel betroubaar is en nie rook of drink nie, se geleentheid om weer menswaardig in hulself te raak, weg.

Ina Jacobs ·

Dit is weersinwekkend hoe hulpelose ou mense behandel word. My mammie het Alz gehad. Twee jaar gelede oorlede. Ek weet hoe verwarrend enige verandering vir so n persoon veral is.
My hart wil sommer breek as ek sulke nuus lees. Mense se harte is net absoluut verhard… geen gevoel nie. Dankie tog vir diegene wat by sulke plekke werk en elke bejaarde met respek en deernis en liefde behandel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.