Huis in PE met petrolbom bestook

Argieffoto

Speurders van Mount Road-polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting ná ʼn petrolbom Donderdagaand in ʼn huis in Newton Park gegooi is.

“Die inwoner van die huis was Donderdagaand omstreeks 20:40 buite sy huis in die ontspanningsgebied besig toe sy honde skielik begin blaf het,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het ʼn ontploffing by sy voordeur gehoor en gaan ondersoek instel.”

Die voordeur het reeds begin brand en stukke van ʼn glasbottel is op die trappe gevind. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Mount Road-speurders kontak by 041 394 6243. Alle inligting sal vertroulik hanteer word en persone kan anoniem bly op versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Hoe word ‘n petrolbom gemaak dat dit met die trefslag ontplof? Met ‘n lont? Dit kan gevaarlik wees om ‘n lont aan die brand te steek waarvan die ander punt in ‘n bottel vol petrol is.

Cheryl ·

Vergelyk nou hierdie geval met die nuutste arrestasie in senekal. Behoort hierdie nie ‘n geval van poging tot moord te wees nie of ten minste met die doel om ernstig te beheer? Kan ‘n regsgeleerde dit asb verduidelik?

Sarel ·

1. Die ou was nie op Senekal nie do hy sal nie gearresteer word nie.
2. Cherokee dit hang af van die lengte van die lont..

Cherokee ·

Natuurlik Sarel, jy’s reg. En wanneer die bottel breek, speel die lengte van die lont nie meer ‘n rol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.