Huisagent wat verdwyn terug agter tralies

Annica van Staden (46) is Maandag aangekeer. (Foto: SA Polisie)

ʼn Huisagent is terug agter tralies nadat die polisie sowat ʼn week gelede gevra het vir enige inligting oor waar Annica van Staden (46) haar moontlik bevind.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, sê Van Staden is Maandag in Boksburg in Gauteng aangekeer waar sy oënskynlik geskuil het.

“Sy is gevind met haar tasse gepak en reg om te vlug,” sê Sekgotodi.

Van Staden verskyn Woensdag in die landdroshof op Middelburg en volgens die Valke word nog inhegtenisnemings binnekort verwag.

Van Staden word daarvan verdink dat sy laekoste huise sonder die medewete van die eienaars daarvan verkoop het. Kopers het glo geld in haar sakerekening inbetaal, waarna dit aan haar beweerde medepligtiges oorbetaal is.

Volgens die Valke is sy glo in Augustus 2019 in Protea Glen in Soweto in verband met ʼn bedrogklag aangekeer. Sy is op borgtog vrygelaat en die saak is tot November verlede jaar uitgestel. Van Staden het daarna spoorloos verdwyn en ʼn lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik.

Verdere ondersoek het haar ook met ander sake van bedrog ten bedrae van sowat R184 000 verbind. Die sake – altesame 36 – is aanhangig gemaak in die omgewing van Orange Farm, Mbombela (Nelspruit), Mashishing (Lydenburg) en eMkhondo (Piet Retief).

Sekgotodi sê ʼn wenk van die publiek het die Valke na Van Staden se wegkruipplek gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marshall ·

Nog ‘n voorbeeld van die herhaalde rassistiese heksejag op Blanke Siud-Afrikaners deur die aparaat van die Staat. Daar is oorgenoeg prima facia bewys dat Mnre Zumu en Magashule lankal gearresteer en aangekla moes gewees het, maar dit gebeur nog nie. Die enigste pad vorentoe uit die Globalistiese wrak van die “Nuwe Suid-Afrika” is afstigting.

gatgogga ·

Afstigting is die enigste oplossing. Maar ons wittes is te traag om ons gewig in te gooi. Die moontlike geleentheid is verspil, ek dink dis reeds te laat.

Fritz ·

Jaaaaaa……afstigting gaan net vir n rukkie werk, dan word die afgestigde gebied maar weer deur n volgende geslag weggegee. Wittes ly mos aan daai genetiese ongeneeslike “kry ander jammer” siekte. Hier en in ander lande.

Jaco ·

As daar nie regstellende aksie en BEE was nie, sou dié dinge hoogs waarskynlik nie gebeur het nie. Dié vrou is waarskynlik vir werksaansoek na werksaansoek afgekeur NET omdat sy wit is. Toe probeer sy seker maar die eiendomsbedryf, wat tegnies nie regtig ‘n werk is nie. Kommissie geld kom net in as ‘n huis verkoop word. Hierdie sogenaamde “wit boordjie misdaad” gaan toeneem solank regstellende aksie en BEE al hoe strenger toegepas word.

Kobus ·

Daardie twee kaalkoppe moet nou toegesluit word los die museum se regmaak op die eiland en sit daardie twee daarin en se hulle moet begin regmaak om te betaal vir hulle verblyf hulle kan later kos kry

Estelle ·

Jaco, ek stem nie saam met jou nie – daar is ‘n verskil tussen ‘n blatante dief en skelm en om ‘n huisagent te wees. Hierdie vrou was nooit voornemens om huise op die “gewone” manier te verkoop nie, sy het met opset misdade gepleeg. En nie net een keer nie, maar vele kere.

Misky ·

Haar lewe weggegooi vir R180 000….. geen geld is dit werd nie en ook nie diè kleingeld nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.