Huisarres aanbeveel ná aanranding, k-woord

court-hammer_thumbAndré van Deventer (36), wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn huishulp aangerand en haar die k-woord genoem het, se vonnis moet wees om swart mense met gemeenskapsdiens te help, het die Kaapstad-landdroshof Vrydag gehoor.

“Ons verlede is ons verlede en ons moet leef en ons toekoms insien. Die hof moet dit oorweeg en die gemeenskap beskerm teen mense soos die beskuldigde,” het staatsaanklaer Andy Hess ter strafverswaring aangevoer tydens vonnisverrigtinge.

Hess het gesê daar moet in ag geneem word dat Van Deventer in 2008 ʼn soortgelyke oortreding teenoor Gloria Kente begaan het. “Ons het verskillende raskwessies in ons land. Die beskuldigde het duidelik ʼn probleem met swart mense en vroue.”

Van Deventer het vroeër erken dat hy ʼn probleem met alkohol en aggressie het, maar het ontken dat hy ʼn probleem met swart mense het. “Ek sal voorstel dat hy in die gemeenskap moet ingaan en sien dat die nie ʼn land is waar almal rassisties is of die tipe woorde gebruik nie,” het Hess gesê.

Volgens Hess sal huisarres, gemeenskapsdiens en ʼn verbod op alkohol en dwelms ʼn gepaste vonnis wees. Sy het ook alternatiewelik voorgestel dat Van Deventer in die week werk en naweke by die Pollsmoor-gevangenis spandeer.

Die saak is tot 28 Januarie uitgestel wanneer Van Deventer na verwagting gevonnis sal word.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snip ·

Is dit dan nie ook verkeerd om blankes boere of whiteys te noem nie? Ek wonder maar net…

Asjas ·

Hulle noem ons “pink vermin” maar ek kan eerlikwaar se dit pla my nie juis in die minste nie. Ek is al erger dinge deur wit mense genoem.

JZ Myburg ·

Ek is wit en hoor elke dag swart mense witmense as “umlugu” aan spreek.Gelukig witmense wat nie die taal ken nie weet nie wat dit beteken nie.Dit beteken “Witskuim”.gelukkig hinder dit nie meer witmense wat hulle genoem word nie.Groetnis J.Z.

lillian ·

Ja, nou wonder ek oor die rassistiese verwysings na ons as blankes, dis seker toelaatbaar in hierdie land … Mlungu .. Whiteys … ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.