Huisarres ná aanranding, k-woord

Argieffoto

Argieffoto

André van Deventer (36), wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn huishulp aangerand en haar die k-woord genoem het, is Vrydag in die Kaapstad-landdroshof tot korrektiewe toesig en gemeenskapsdiens gevonnis.

Landdros Alta le Roux het Van Deventer tot twee jaar huisarres gevonnis. Sy het gesê daar word van hom verwag om 70 ure gemeenskapsdiens te voltooi, met ʼn minimum van 16 ure per maand. Dié gemeenskapsdien behels om swart vroue te help.

Van Deventer, wat erken het hy het probleme met aggressie, dwelms en alkohol, moet ook ʼn aantal programme in hierdie tydperk voltooi. Die programme spreek dwelmmisbruik, sosiale vaardighede en gedragsprobleme aan.

Hy mag verder nie toegelaat word om ʼn vuurwapen te besit, of om enige verbode middels te gebruik nie.

Le Roux het gesê hy sal toegelaat word om van sy huis af aansoek te doen vir werk, en kan met die departement van korrektiewe toesig reëlings tref oor werk.

Van Deventer is in November verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy sy voormalige vriendin se huishulp, Gloria Kente (50), aangerand en in haar gesig gespoeg het. Die gelykheidshof in Kaapstad het hom op 24 Oktober in ʼn afsonderlike verhoor oor dieselfde voorval, beveel om skadevergoeding van R50 000 aan Kente te betaal.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Nou wat gebeur as hulle my boer noem, ek is trots daarop, dubbel standaarde, alles gaan net om geld, n spade bly n spade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.