Huisarres ná hoofseun se dood

Jake Wootton Foto: Facebook

Jake Wootton Foto: Facebook

ʼn Man is Vrydag gevonnis nadat hy nagenoeg drie jaar gelede in ʼn groep voetgangers in Hermanus vasgery het.

ʼn Voormalige hoofseun van Milnerton High School, Jake Wootton, het die volgende dag aan sy kopbeserings beswyk.

Schalk Lubbe (25) van Hermanus, het in die Strand-streekshof voor landdros Fransie Mouton verskyn nadat hy skuldig bevind is op aanklag van strafbare manslag. Mouton het hom tot nege maande huisarres gevonnis.

Lubbe is ook aangekla van dronkbestuur, maar is onskuldig bevind op dié aanklag.

Die ongeluk het laat die aand op 4 April 2012 plaasgevind. Wootton was 18 jaar oud.

Die landdros het Vrydag tydens die hofverrigtinge gesê sy sou tronkstraf baie ernstig oorweeg het, indien Lubbe ook skuldig bevind is aan dronkbestuur.

Lubbe is ook tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is. Sy rybewys is ook vir ses maande opgeskort.

Die ongeluk het by ʼn verkeersirkel plaasgevind toe Lubbe uit die sirkel wou ry. Mouton het gesê Lubbe het sy plig versuim om behoorlik te kyk. “Toe jy uit die binnebaan van die sirkel na die buitebaan beweeg het, het jy die veiligheid van voetgangers, insluitend Wootton, geminag. Sy het gesê Lubbe se spoed was matig, maar onveilig.

Mouton het gesê geen tronkstraf kan die oorledene terugbring nie. Sy het gesê die Wootton-familie sou graag wou sien dat Lubbe tronkstraf uitdien, maar verskeie faktore het die hof oortuig dat ʼn tronkstraf nie in hierdie geval gepas is nie.

Sy het gesê korrektiewe toesig, wat huisarres insluit maar nie tronkstraf nie, soos staatsaanklaer Thia Swart voorgestel het, tesame met die opskorting van sy rybewys, is behoorlik.

Lubbe moet ook, as deel van sy huisarres, Saterdae instandhoudingswerk doen by die Hermanus-polisiestasie. Die landdros het hom gewaarsku dat hy nie tydens die tydperk van sy huisarres alkohol mag drink nie.

Sy het gesê beamptes van die departement van korrektiewe dienste sal hom gereeld, maar onverwags, by sy huis besoek. Hy sal tydens hierdie besoeke onderwerp word aan asemtoetse en sal in hegtenis geneem word indien die uitslag positief is.

Die landdros het ook gesê Lubbe moet Vrydae voor 16:00 by die toesighoudende beampte by Caledon aanmeld. Mouton het versoek dat Lubbe se prokureur, Helmut Scholzel, seker maak dat dit gebeur.

Lees alle vorige berigte oor Jake Wootton op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

FC ·

Kom hy nie voorsien het dat iemand sou sterf deur so roekeloos te bestuur. Hoekommgeld die beginsel van dolus eventualis nie hier nie.

Longjohn ·

Belaglike vonnis gemeet aan die erns van die oortreding en die lewensverlies. Smaak my Oscar het die deur oopgemaak vir die belaglike vonisse

Kobus ·

Ek ken nou nie die hele storie nie, maar is die aeum ook getoets vir alkohol gebruik.

sannie ·

Nee kobus hy was nie getoets nie. Hy en sy vriende het gekuier by Hermanus se jolplekke en hulle was defnitief nie nugter nie. Dit is ook so gese. Nou is die een wat hom dood gery het die vark in die verhaal. Daai straatjie waar hy dood gery is, is n baie kort straat. Daar word ook niks gese dat n paar van hulle in die pad geloop het nie.
Kinders praat onder mekaar maar niemand stel belang daarin om te gaan ja meneer en nee meneer nie. Die hof is n klug en die kinders word deurmekaar van die “slim” mense se vrae. Daar word woorde in hul mond gele. So niemand kan hul kwalik neem as hul nie wil gaan getuig. Ek ken nie die beskuldige nie maar is bly vir sy part dat die saak uiteinelik verby is en hy kan aangaan met sy lewe

Schalk ·

Hierdie word nou n algemene verskoning as daar gevonnis moet word. Tronkstraf gaan nie die oorledene terug bring nie? Hoekom dan nog die moeite doen om te vervolg? Ek dink hy het belaglik lig daarvan afgekom. Maar nou ja, weereens stel die howe teleur. Die jag seisoen is oop, kry julle skietgoed reg.

anne ·

Sannie Jake het nie in sy kar geklim wetende dat hy te veel gedrink het en iemand anders gaan doodmaak daardeur nie punt. Maklik vir Lubbe nou kan hy aangaan met sy lewe want die saak is nou verby. Maar wat van Jake se ouers ? Sal hulle ooit kan aangaan met hulle lewens, nee ek glo nie.

Frans ·

Dis nie goed as iemand sterf ni ma ons is mens maak foute ek sal eerder meer warri oor die plaasmoorde wat so baie gebeur en dai manniekies kry nog borg ok ek seke die man het berou oor sy ongeluk

Mariaan ·

Hoekom het ons tronke as dit nooit die gepaste straf vir kriminele en wetsoortreders is nie? Die tronk behoort ń afskrikmiddel te wees, wat blykbaar nie meer die geval is nie. Mense kom letterlik met moord weg. Ses maande huusarres is om die minste te sê, lagwekkend gemeet aan die oortreding wat die vent begaan het. Ses maande vlieg in ń oogwink verby en in dié tydperk kan hy nog steeds tv kyk en dies meer. Die jong seun is nie net vir ń tydperk weg nie, hy is vir altyd weg. Die “vonnis” is ń grap. Dan wonder ons nog hoekom niemand respek het vir die wet en ons paaie ń slagveld is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.