ʼn Gesin van ses is Woensdag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand in Kaapstad dood.
Theo Layne, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdiens, het gesê die voorval het in Mpangele-singel in Philippi-Oos plaasgevind.
“ʼn Volwasse man, ʼn vrou en vier kinders het noodlottige brandwonde opgedoen toe hul plakkershut afgebrand het.”
Layne het gesê drie van die kinders was meisies, onderskeidelik ses, twee en nege maande oud. Die vierde kind was ʼn tweejarige seun.
Layne het gesê die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word.
Dis verskriklik tragies, baie sterkte aan die familie van die oorledenes
die hoeveelste tragedie vanjaar as gevolge van huis wat afbrand.