Huise ontruim weens woedende grondgrypers

(Foto: Verskaf)

Inwoners van kleinhoewes in Knoppieslaagte, Timsrand en Mnandi buite Centurion moes Maandag inderhaas hul huise ontruim weens gewelddadige betogings deur grondbesetters in die gebied.

Onwettige grondbesetters in die Olievenhoutbosch-omgewing het verlede week ’n skool en huise aan die brand gesteek en paaie versper nadat ’n uitsettingsbevel toegepas is wat hulle dwing om die grond te verlaat.

Die besetters het Woensdag en Vrydag al begin om die N14-snelweg met brandende motorbande en klippe te versper en eiendom aan die brand te steek in opstand teen die verwagte uitsetting.

Eiendomme in Londonlaan is Vrydag aan die brand gesteek. Die Greenhill‑GB Primary School in Olievenhoutbosch is ook afgebrand.

(Foto: Verskaf)

Lukas Olivier, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Olievenhoutbosch, sê nadat die polisie, balju en ’n private diensverskaffer Maandag by die grond opgedaag het om die besetters te verwyder, het die situasie handuit geruk. Inwoners is Maandagaand gevra om hul huise te ontruim weens moontlike aanvalle deur die betogers.

Die besetters het in Augustus verlede jaar ’n stuk grond in die omgewing – van sowat 180 hektaar – betree en met verloop van tyd 6 000 tydelike wonings opgerig. Die eienaars het hul na die hof gewend en in November is uitspraak gelewer dat dié besetters nie plakkersregte het om die grond te beset nie en dat hulle verwyder moet word. Maroela Media het die uitsettingsbevel onder oë gehad.

Met die uitvoer van die uitsettingsbevel Maandag, het besetters gewelddadig geraak en klippe begin gooi. Die polisie en die ander partye op die toneel, het later onttrek.

Die GPF het boonop inligting ontvang dat die besetters uitgebreide aanvalle op die gemeenskap beplan.

Die GPF het Maandagmiddag met die polisie, sekuriteitsmaatskappye en ook raadslede van die Stad Tshwane ontmoet, waarna daar besluit is om inwoners te vra om hul wonings te ontruim.

(Foto: Verskaf)

“Dit was nie ’n besluit wat ligtelik geneem is nie,” sê Olivier.

“Twee gesinne het besluit om alternatiewe akkommodasie te soek terwyl die meeste inwoners besluit het om te bly en hul grond te beskerm.”

Die polisie en sekuriteitsmaatskappye soos Scorpion Risk Services, Monitor Net en Axon was saam met die GPF Maandagaand op die toneel om bystand aan gemeenskapslede te bied.

“Die situasie was gewelddadig, veral toe daar nog nie polisieteenwoordigheid was nie. Die polisie het omstreeks 22:00 opgedaag.” Nie enige inwoners is egter direk in gevaar gestel of beseer nie.

Teen Dinsdag was die situasie kalm, maar volgens Olivier is die GPF op gereedheidsgrondslag. Die openbare polisieorde is ook tans op die toneel.

Maroela Media het navraag aan die polisie gerig, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

André ·

Hierdie is ‘n voorsmaak vir wat vir ons almal voorle! Die SAP is nie bevoeg om die burgers van die land te verdedig nie!

Blikke ·

So n paar jare gelede sou die SAP Nooit onttrek het nie maar eerder die hele lot daar uitgeboender het!!!

domheks ·

So elkeen in die land kan vat wat hy wil he – die polisie “MONITOR DIE SITSUASIE!”

Eugene ·

Die polisie is useless. Inwoners het besluit om te bly en hulself te beskerm. Staan sterk mense.

Magda G ·

Patetiese optrede. Wat gaan die minister van polisie nou se en doen. Jaag hulle almal weg

Johann ·

Nee…die kriminele VERKIES die KRIMINELE wat dan rule regulate en verwoes.

Owlie ·

Abdoluut alles wil hulle in die lewe gratis hê en dan verwoes en plunder hulle dit in elk geval – waar is die logika en geleerdheid agter dit????

M ·

Owlie….. daar is géén logika êrens te bespeur nie, en waardering ( maw geletterheid vir dit wat is en bestaan ) is minder as die “gat” in ‘n Nul … Groete. M

Harley Davidson ·

Mense doen wat jy hulle toelaat ,niemand sal my woning afbrand nie.

Duck ·

Die SAP se vlag het al lankal geval, dis ‘n sirkus met ‘n klomp uniform draende narre.
Kyk maar die ander pad as jy iets onwettig sien, help jouself as jy in die verknorsing is. Bly weg van besige oproerige areas. Ons huise word ons enigste heenkome, so pas maar aan met wat jy het. Sad but true

Harley Davidson ·

Waar was die goed vir niks polisie of is dit nou die norm as jy ongelukkig is dan brand jy iets wat nie aan jou behoort nie ,pleks brand hulle die polisie stasie af.

Johan ·

Natuurlik sal mens bly en jou eindom beskerm. Die Polisie en weermag moet dit ook doen. Skrap die wapenwet, sodat ons, ons kan beskerm!!!!

Harley Davidson ·

Die wapen wet sê duidelik as jou lewe of die lewe van ‘n ander persoon in onmidelike gevaar is kan jy maksimum geweld gebruik om jouself of ander te beskerm,hierdie klomp het gekom met die doel om dood te maak dit is hoekom die polisie ontrek en weggehardloop het,hulle was nie daar om koek en tee te vat nie.

Dup ·

Die geld is reeds gegryp en nou gaan die grond gegryp word.Die polisie/politici het ook net toegekyk toe staatskaping gebeur het.(en steeds gebeur) Die minderhede gaan nog swaar trek in SA.

Vonkprop ·

Mooi vir die mense wat agterbly en hulle eiendom beskerm. Solank my lyding nie lank en erg is nie sal ek ook my eiendom beskerm. Genoeg is genoeg.

Sonblom ·

Hoekom? Ek vra hoekom skole en huise, waar mense werk om hulle huise te hê, af te brand? Dit gaan my verstand te bowe. Maar dan moet ek nie verbaas wees in SA nie.

Hippi ·

En so begin Zimbabwe se streke al hoe meer kop uitsteek.
Dreig die gemeenskap, kry hulle van hulle eiendomme af sodat dit oorgeneem kan word.
Trek of die gespuis brand dit af.

M ·

Drink maar vinnig, soos ekke, ‘n 2 de bloeddrukpil …. drink ‘n glas heerlike wyn… en ontspan . Ons “Lig van kleur” sal tot ( amper wil ek sê ‘ tot in Ewigheid’) nie kan verstaan nie. Sterkte. Ek deel jou “woede”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.