Huise verwoes in brand by St Francisbaai

‘n Brand woed in St Francisbaai (22 Augustus 2019) (Foto: Kouga-munisipaliteit/Facebook)

Minstens agt huise is Donderdag verwoes tydens ʼn veldbrand in St Francisbaai in die Oos-Kaap.

Laura-Lee Randall, woordvoerder van Kouga-munisipaliteit, het aan Maroela Media bevestig Kouga-brandbestryders en ander nooddienspersoneel is steeds op die toneel in die omgewing van Lymeweg. ʼn Brandweerhelikopter van Port Elizabeth is ook besig op die toneel.

“Ons het ook bystand versoek van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit en Nelson Mandelabaai-munisipaliteit. Ons versoek dat motoriste en ander inwoners die gebied sal vermy, omdat ekstra verkeer die situasie vir nooddienste bemoeilik.”

ʼn Gesamentlike operasionele komitee is reeds aangestel.

Meer as 10 huise is in Desember verlede jaar tydens ‘n wegholbrand in St Francisbaai verwoes en in 2012 is meer as 70 huise in ‘n brand verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Barend

Hoe brand daar elke jaar huise af in die dorp

Elize

Baie sterkte aan die eienaars van die onderskeie wonings. Almal van ons het memorablia wat geld nie kan vervang nie. My hart gaan uit na julle.

Sinkdak

Noem dit by die naam! BRANDSTIGTING! Net soos die vorige keer !

Penellope Jones

Ag tog alweer?!?!?!?
Sterkte aan die slagoffers !

Boer

Grasdak. Simpel verby.