Huise verwoes in brand by St Francisbaai

‘n Brand woed in St Francisbaai (22 Augustus 2019) (Foto: Kouga-munisipaliteit/Facebook)

Minstens agt huise is Donderdag verwoes tydens ʼn veldbrand in St Francisbaai in die Oos-Kaap.

Laura-Lee Randall, woordvoerder van Kouga-munisipaliteit, het aan Maroela Media bevestig Kouga-brandbestryders en ander nooddienspersoneel is steeds op die toneel in die omgewing van Lymeweg. ʼn Brandweerhelikopter van Port Elizabeth is ook besig op die toneel.

“Ons het ook bystand versoek van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit en Nelson Mandelabaai-munisipaliteit. Ons versoek dat motoriste en ander inwoners die gebied sal vermy, omdat ekstra verkeer die situasie vir nooddienste bemoeilik.”

ʼn Gesamentlike operasionele komitee is reeds aangestel.

Meer as 10 huise is in Desember verlede jaar tydens ‘n wegholbrand in St Francisbaai verwoes en in 2012 is meer as 70 huise in ‘n brand verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elmar ·

Jare terug móés jy grasdak opsit as jy wou bou op daai dorp. En so het nogsteeds helfte, indien nie meer, van die dorp se huise grasdakke.

Lizelle ·

Ek het nie eers geweet daar is nog huise oor om uit te brand nie…. Dis noggal snaaks hoe dit so baie brand daar. Elmar is seker reg met die grasdakke…

Elize ·

Baie sterkte aan die eienaars van die onderskeie wonings. Almal van ons het memorablia wat geld nie kan vervang nie. My hart gaan uit na julle.

Natalene Visser ·

St Francisbaai het n baie bosryke omgewing aan die westekant. Die grootste deel van die jaar kry jy die westewind daar, wat baie keer stormsterkte bereik. Voeg nou nog Augustusmaand wat as windmaand bekend staan en plakkers wat in die bosryke deel hul skuilings bou en jy soek n ramp om te gebeur. Nie noodwendig brandstigting nie, maar n vonk trek net té vér, met grasdak wat in sy pad kom en jy het n resep vir n ramp. Eerste woning se dak vat vlam en met n wind wat jou van jou voete af kan waai, spring die vlamme en vonke na die volgende en volgende gebou. Die natuur in St Francis kan dodelik wees. Ek weet, ek het in die omgewing groot geword.

Pikkewyne ·

Daar is ‘n 50% kans jy is reg. 50% kans die res is reg. Die waarheid sal ona nooit weet nie, en 75% van die volk wil nie rerig die waarheid weet nie…

Natalene Visser ·

Grasdakke in St Francis was n verpligting baie jare gelede. Soos ek die storie onthou, het die stuk grond wat vandag St Francis heet, aan n Engelssprekende behoort het en hy het die bepaling neergelê dat die dorp se huise wat daar gebou sou word, almal grasdakke moes hê. Deesdae is dit egter so dat al die grasdakke wat deur vuur vernietig word, asook nuwes wat gebou word, swart dakteëls moet hê. Met die gereelde vure wat daar uitbreek, het dit te gevaarlik geword om grasdakke te gebruik.

Hannah ·

Ai mense: Is julle bewus van die ernstige droogte wat die hele Oos Kaap al die afgelope 4jaar plus in n wurggreep het. Selfs teen die kusstreke is dit bitterlik droog en brande ontstaan spontaan. Ook het ons die afgelope paar dae erge wind gehad. Dink asb voor julle sulke ondeurdagde uitlatings maak. Groot ophef is gemaak oor dag zero in die Wes Kaap en tans oor die stand van hulle damme. Hoekom skryf niemand oor die Oos Kaapse droogte en die hartseer stand van ons damme nie, asook die vernietigende uitwerking wat dit op die Oos Kaapse boere( vee, melkerye, sitrus en gesaaides), werkers en die provinsie se ekonomie het nie?

Pikkewyne ·

Ek is jammer maar ‘n brand ontstaan nie net spontaan nie. As dit nou weerlig is of ‘n smeulende kool dit is verseker nie spontaan nie.

Zettie ·

Daar word beweer dat die brand moontlik kon ontstaan nadat daar bye d.m.v rook in die bosse verwyder is. As dit waar is, sou dit baie heelwaarskynlik die oorsaak van die brand kon gewees het. Die wind is verskriklik daar en dis baie droog in die omgewing.

Niklaas ·

Dit moet darem verskriklik wees om te sien hoe al jou besittings in ligte laaie opgaan. En versekering sal verligting bied maar nie totaal nie. Mense verloor soms tog maar geldelik. Om nie te praat van sentimentele waardes nie. So jammer vir diegene wat geraak is deur die brande. Dit sal amper soos dood in die familie wees .

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.