Huise verwoes, ouetehuise ontruim in Kaapstad-brand

Foto's: @BrentLindeque op Twitter.

Foto’s: @BrentLindeque op Twitter.

Vier huise is in Muizenberg, Kaapstad, verwoes en drie ouetehuise ontruim nadat ʼn brand oor die naweek daar uitgebreek het.

“Ongelukkig het vier huise afgebrand, maar ons het vanoggend 28 brandbestrydingsvoertuie en 16 ondersteuningsvoertuie op die toneel,” het Onele Ndesi, verbonde aan die Kaapstadse rampbestuur, gesê. “Die brand het Sondag ontstaan en regdeur die aand gewoed weens winderige toestande.”

Hy het gesê sommige paaie, waaronder Chapmanspiekrylaan, is vir verkeer gesluit.

Sorgsentrums is by twee kerke en die Vishoek-gemeenskapsaal opgestel om die mense wat ontruim is te huisves.

Geen beserings is sover aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

faith liddle ·

Ai sterkte met die kaapse brande hoop dit reen om te help met die brandblus. sterkte aan die gesinne wat se huise gebrand het. indien iemand verantwoordelik is vir hierdie brand hoop jou …. kry n kramp

janine ·

Baie dankie aan almal wat gehelp het dit maak mens sommer weer trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Om te weet die mense van die land sal by mekaar staan selfs in die slegste tye!! Weer eens baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.