Huiseienaar skiet een dood, wond twee

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Inwoner van Germiston aan die Oos-Rand het Donderdagmiddag ʼn man doodgeskiet en twee gewond wat glo op sy huis wou toeslaan.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het aan Maroela Media gesê vier gewapende mans het omstreeks 13:00 op die inwoner se huis in Coralweg in Primrose toegeslaan.

“Die huiseienaar was in sy huis ten tyde van die voorval. Die verdagtes het met ʼn voertuig daar opgedaag en toegang tot die perseel verkry deur die hek met hul voertuig oop te stamp,” het Makhubele gesê.

Die inwoner het die geraas gehoor en ondersoek ingestel. Hy het die gewapende mans in sy erf gesien, sy vuurwapen gegryp en op die mans losgebrand.

“Een verdagte is noodlottig gewond. Een is kritiek gewond en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Nog ʼn verdagte is gewond, maar hy en die ander verdagte het teruggeklim in hul voertuig en met leë hande gevlug.”

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het een van die mans wat geskiet is in die pad aangetref en een in die oprit na die huis. Albei is vermoedelik in hul 20’s en is verskeie kere geskiet.

Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens wat in die verdagtes se besit gevind is. Die twee verdagtes wat gevlug het, is steeds soek.

Die inwoner is ongedeerd. Die Primrose-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot huisroof, poging tot moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Marietjie Cilliers ·

Bly jy is ongedeerd. Hoop nie jy het nou die probleme nie. Bid vir jou.

JC ·

Mooi flink en paraat optrede:)
Wapeneienaars, hou om hemelsnaam asb soos die parate persoon, julle wapens by julle!

tom ·

Die polisie minister se mos skiet So Bravo vir daai huis eienaar sy paraatheid het hom gered

Engela de Klerk ·

Soos ‘n volle aanval op ‘n enkele woning. Goed vir hierdie huiseienaar, maar terselfdertyd skrikwekkend!

Buurman ·

Dit sou in elke geval uit geloop het tot n oor en weer geskietery. Die eienaar was net proaktief.Mooi gedaan.

AL ·

Knap gedaan! Nog n parasiet minder op die belastingbetaler se rug!
Ek is baie dankbaar jy is ongedeerd en sterkte vorentoe.

Buitestander ·

Knap gedaan een krimineel is nou onder.
Hoop nie jy kry moeilikheif nie.

Jan maak n Plan ·

Dit is presies hoe ons dit moet doen. Ek hoop nou net nie die arme huis eienaar is nou weer in die moilikheid omdat hy homself verdedig het nie.

Anoniem ·

Mens vat maar eerder die moeilikheid agterna en gaan sit in die tronk as om een van die moordstatistiek van die land te word. Inbrekers kom wanneer mense nie tuis is nie. Moordenaars kom in getalle en wanneer jy op jou weerbaarste in jou huis is. Daar is ongelukkig net een uitweg. Jy of hulle. Ek kry net die man jammer oor al die trauma wat hulle moet deurgaan.

Wilsie ·

Dit is altyd 4 of 6 teen een – lafaards. Dis nooit one-on-one nie. Hulle weet dan gaan hulle slae kry.

Regso ·

Daars hy nou begin die publiek om hulleself te verdedig, dit is AL wat gaan werk want hulle kom altyd in hulle massas om een man en vrou te kom beroof, martel en vermoor, SKIET HULLE< dit is niks anders as selfverdediging nie, as iemand deur jou HEK RY om jou erf binne te kom, EN gewapen is, het hulle NIE kom speel nie.

Erick ·

Welgedaan! As jy nie die land wil of kan verlaat moet jy ‘n gelisensieerde vuurwapen kry en weet hoe en wanneer om dit te gebruik.

Leek ·

Laat my nou weer dink aan daai arme boer wat alleen en verafgeleë was toe hulle sy trekker gevat en deur die muur gery het om toegang tot die huis te kry. Nou wat help al jou veiligheidsmaatrieëls jou as dit oorlog is. Want dis oorlog die, dis nie gewone huisroof nie.

Anoniem ·

Welgedaan, hierdie huiseienaar verdien ‘n medalje. ‘n Man moet hom mos deesdae self beskerm want die regering stel nie belang om dit te doen nie. Hierdie mans was nie net daar vir ‘n kuier nie.

Cherokee ·

Lees tog die berig
en hou op met die negatiewe kommentare wat ‘hoop die eienaar van die huis is nie in die moeilikheid nie’. Dit is duidelik dat die saak reg hanteer word. Sy vuurwapen is nie eens gekonfiskeer nie (verrassende goeie nuus) en ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Kobus ·

Cherokee…my aanname van jou kommentare wat gereeld opduik hier ter plaatse…is dat jy n uiters onvergenoegde man of ledig is…jy val gereeld kommentators aan wat net soveel reg op n mening het as jyself….moontlik nie almal van ons so geleerd en wereldwys as jy…

Stem saam ·

Ja Kobus, hy karring maar gereeld mense, maar vandag is hy reg, mense moet net lees, ondertoe het Afrikaanse Knaap ‘n mooi duidelike verduideliking.

Carla ·

Skokkend!!! Wat is fout in die land?? Wat is normaal? Wie of wat gee kriminele die reg om so op te tree; in te breek; te verwoes? Parate en flinke optrede van huiseienaar. Wel gedaan!

charles ·

die laaste sin se polisie ondersoek onder andere ‘n saak van poging tot moord, dit sal seker teen die huis eienaar wees!!!

Afrikaanse Knaap ·

Nee Charles. Die wapenwet is duidelik. As jy seker is jou lewe is in gevaar, mag jy jouself beskerm en die persoon wat jou lewe dreig noodlottig wond. As ‘n redelike man in sy huis sit en 4 gewapende mans betree sy eiendom en is oppad na hom toe, kan hy maar verseker weet dat sy lewe in gevaar is. Die poging tot moord sal op die rowers wees wat oorleef het.

Strandloper ·

Ek ook! Ons sal hulle moet begin invoer hier na die Kaap toe.

Piet Skiet ·

Nie n kenner nie maar as ek dit nie mis het nie. Moet die aanval op die persoon op die punt wees om te gebeur of klaar aan die gebeur wees om gepaste geweld te regverdig. Soos ek dit verstaan het die annval nog nie gebeur nie en die oortreders ten tye van die skietery nog net kon gesien word as oortreding van privaat grond. Wat nie noodlotige geweld kan regverdig nie. Wat seker beter sou wees maar nie idiaal nie is vir die eienaar om te wag dat sy lewe in onmidelike gevaar is voor hy sy wapen gebruik het. Moenie my verkeerd verstaan nie ek sou tien teen een dieselfde gedoen het. Se maar net hoe die wet die ding gaan herkou.

Deon ·

Dis nou die tipe nuus wat ek wil hoor! As ‘n wettige vuurwapeneienaar, help dit my niks as my wapen in die kluis is nie. Hy is aan my persoon, want dis presies waar en wanneer ek hom miskien mag nodig kry. As stelers/moordenaars/aanranders my en my geliefdes uitlos, sal ek mos nie rede hoef te he om te skiet nie. Beveilig julself…die vyhand is ‘n spul lafaarde, want hulle teiken ons in hul hoeveelhede, en wanneer ons dit die minste verwag!

swart duiwel ·

Nee jong. Om nou ‘n nuwe wapen te bekom gaan amper onmoontlik wees. Mense wat wel wapens gehad het moes daaraan vasgehou het toe die ontwapening begin het. Al wat ons gaan red in hierdie land is om ons eie grongebied te verdedig. Ons bly te uitgesonder tussen die massas. Ons sit in ons hokke en word een vir een uitgemoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.