Huiseienaar skiet een van vyf wat inbreek  

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Huiseienaar het Woensdag in die vroeë oggendure ʼn aanvaller geskiet en gewond in Kaap St. Francis in die Oos-Kaap.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf gewapende rowers het omstreeks 02:45 by die huis ingebreek. Die rowers was met messe en breekysters gewapen en het ʼn sitkamervenster oopgebreek om toegang tot die huis te kry.

Volgens Nkohli het die rowers ʼn egpaar in die huis oorval. “Tydens die gestoeiery kon die huiseienaar daarin slaag om sy vuurwapen te kry. Hy het een van die verdagtes geskiet en gewond.”

Die verdagtes het van die toneel gevlug. Die gewonde verdagte het egter in die oprit na die huis inmekaargesak. Die 26-jarige man is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling waar hy onder polisiebewaking is.

Volgens Nkohli het die huiseienaar ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Sy vrou is ongedeerd.

Die polisie het op die toneel op ʼn breekyster, kabelbinders en twee gesteelde selfone beslag gelê. Sake van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

Volgens Nkohli is die polisie op die spoor van die ander vier verdagtes wat gevlug het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Anoniem ·

Hulle wil net nie hoor nie, gaan soek Hom by die naaste kliniek of ongevalle !

Gerd Lourens ·

Lees weer die berig, stadig en met aandag.

DIE GEWONDE MISDADIGER IS IN DIE OPRIT VAN DIE HUIS GEVIND EN DEUR DIE SAP HOSPITAAL TOE GENEEM.

Wiki ·

en nou moet ons belastingbetalers sy mediese onkostes betaal. Siek!

Oujongvrou ·

My mening ook Blom. Ek verstaan nooit hoe mense so vas slaap dat daar deure oopgebreek word met breekysters en niemand word wakker nie.

Driekie ·

Dit het met my ook gebeur. Ek is n baie baie ligte slaper en tot vandag toe wonder ons hoekom het ek nie wakker geword het nie.

Mars ·

Pasop! Dit het met my ook gebeur – ek is ook ‘n baie ligte slaper. Hulle het diefwering afgebreek en my huis leeggedra. Die versekeringsagent het my vertel dat hulle goed het, wat hulle brand en sodoende jou bedwelm of beneuwel terwyl jy slaap. Ek sal nooit weer gaan slaap sonder om my alarm te aktiveer in die res van die huis nie!

Adriaan ·

Is die huiseienaar aangekla / gearresteer vir poging tot moord? Was dit nie n tyd lank SAPS prosedure nie?

Mike Stander ·

Dit is nog steeds – daarom is dit van Kardinale Belang dat mense wat uit noodweer optree NIE; en ek sê weer – NIE ‘n verklaring aflê op die toneel, aan die Polisie Nie. Jy mag nie geforseer word om n verklaring af te lê nie!
Praat eers met jou prokureur, gaan dan na die polisie stasie / ondersoek beampte en lê dan n verklaring af.

Polisie mag wel jou vuurwapen (die een gebruik in noodweer) op die perseel konfiskeer, wettiglik. En dit mag jy nie weier nie. Dus maak seker jy het ‘n wettige tweede vuurwapen, of jou ‘partner’ het ook n vuurwapen.
Wees veilig en Paraat mense…

Francois ·

Ek verstaan nie.
Hoe kan so iets gebeur in n pragtige rustige klein kusdorpie ?
Dus moet almal in die kusdorpies met n geweer onder die bed slaap ?
Of verstaan ek dit verkeerd .

quo vadis ·

Die kriminele massas sypel oral in en vernietig waar hul kan. Hul hou die paddas aan die kook.

Mags ·

Nie noodwendig ‘n geweer nie…. maar ‘n vuurwapen, beslis, eerder ‘n pistool of rewolwer.

Frikkie Geld en huis ·

SA beleef ‘n amptelike tegniese resessie ( so deur die ANC genoem). Werkloosheid en gepaardgaande kriminele aktiwiteite sal dus toeneem. Dit is egter normaal in Afrika – lande, maar het glo vererger sedert Jan v Riebeeck se koms na SA.
Voor 1652 was daar geen amptelike tegniese resessie (ANC taal) in SA nie.

leser ·

sterkte vriend
“polisie op die ander verdagtes”
die polisie gaan die spoor byster raak soos baie ander gevalle

Wolf ·

Ek is net dankbaar niemand is dood nie. Sterkte aan die aangeval-des

kas ·

Die gewonde aanvaller is na die hospitaal geneem en is onder polisiebewaking.Hy is nie deur die polisie na die hospitaal geneem nie.Daar sal ‘n poging tot moord saak ondersoek word maar daar sal niks van kom nie.Hulle noem dit noodweer.

B ·

Dankie tog – julle is baie gelukkig, dit kon sleg ge-eindig het. (Kabelbinders ens)

GP ·

Bly die huis mense is ok.
Gekoppelde alarm, staal hek in gang.
Polisie nommer byderhand, of GPF mense sin.

Jerry ·

Die ander vier kalante kan terugkom. Hulle ken die SAPD prosedure en sal weet dat die SAPD beslag gele het op jou wapen. Hoop jy het nog n wapen, net vir ingeval.

GM ·

Weereens word die krimineel verniet behandel, hoekom? Los hom dat hy sy les kan leer. Aksie-reaksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.