Huiseienaar skiet glo huurder dood

geweerʼn Huiseienaar is in hegtenis geneem nadat hy Maandag glo sy uitlandse huurder in Roodepoort, Gauteng doodgeskiet het.

Kapt. Augustinah Selepe, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die man het na bewering sy huurder, wat van Sierra Leone afkomstig is, tydens ʼn rusie doodgeskiet.

“Nog ʼn verdagte wat vermoedelik by die voorval betrokke was, het met die vuurwapen van die toneel gevlug en word steeds gesoek,” het Selepe gesê. Die vuurwapen is gelisensieerd.

The Star het die slagoffer as Sahr Thomas Fillie (36) geïdentifiseer.

Die huiseienaar gaan na verwagting Donderdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

louise ·

Die hond het volgens my wat n groot diere liefhebber is niks met die hele ding te doen

Sjert ·

Ek sukkel alewig met ‘n huurder (Inlandse ene) wat nie sy maandelikse huurgeld tydig betaal nie.
Ek het ‘n gelisensïeerde vuurwapen.
Ek weet nie waar die hond in die storie kom nie. Is hy die ene wat met die wapen op die vlug geslaan het?
Ek hou die verloop van hierdie saak met groeiende belangstelling dop.

anet ·

Naal en Sjert, Louise het net ‘n vinnger glipsie gehad. Die hond is die ebola verpleegster se hond in Spanje, en nou wil die Spaanse regering die hond van kant maak.

Ek het lekker gelag nou vir julle almal se opmerkings oor genoemde berig, met die hond tussen in
Soms is dit heerlik om te lag vir ons foute, goed vir spanning
Groete

Grappie ·

:-) :-)
Ek het ‘n hond èn ‘n gelisensieërde wapen, maar ongelukkig nie ‘n huurder nie.

monika ·

ek dink nie dit is die uitkoms om een sommer so te skiet nie, maar was self in die selfde storie. Het ook een vertrou sonder kontrak. Die saak het in die hof gaan draai. Ek neem die verhuurder nie kwalik nie. Kyk hoe neem hulle die plase oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.