Huiseienaar skiet inbreker met eie vuurwapen

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

‘n Huiseienaar het vroeg Sondagoggend ʼn inbreker met sy eie vuurwapen doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes het ʼn huis op ʼn kleinhoewe beroof. “Die eienaar van die huis beweer hy is deur die verdagtes wakker gemaak voor hulle op kontant aangedring het.”

Volgens Dlamini het een van die verdagtes die huiseienaar met ʼn vuurwapen gedreig. “Een van die verdagtes het die man teen ʼn muur vasgedruk waarna hy daarin kon slaag om die vuurwapen af te neem. Hy het ʼn skoot afgevuur en die verdagte in die bolyf geskiet.”

Dlamini het gesê die verdagte is op die toneel dood. Sy makkers kon daarin slaag om te vlug. Die polisie ondersoek die voorval.

Die polisie het intussen sewe verdagtes in hegtenis geneem wat glo by huisrooftogte in die Roodepoort- en Boksburg-gebiede betrokke is. Daar is ook op vier vuurwapens beslag gelê. Volgens Dlamini probeer die polisie tans vasstel of die verdagtes ook by ander ernstige misdade betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

pertus ·

bring die dood straf terug en alle uitlanders moet ge deputeur word na hulle lande toe dalk sal suid afrika regkom.ons blankes weet nie meet watter kant toe nie

Fritz ·

Ek wil weet of die bewerings wat gisteraand op Carte Blanch gemaak is rakende Malema en die bendes wel ondersoek gaan word? Waar daar n rokie is is daar n vuurtjie. Hy sit agter dit alles en moet vervolg word. Julle moor ons boere uit maar die boere gan hulle self begin beskerm so wees gewwarsku.

Gerald ·

Sal ook graag wil weet, gaan Solidariteit en DA aksie neem? Ek hoop regtig so?

Ann Esterhuizen ·

Ek stem saam! Dis tyd dat ons, onsself begin verdedig teen die moordbendes wat sorgeloos rondbeweeg en onskuldige mense martel, verkrag en vermoor!!!

AL ·

Prys die Here dat Hy onskuldige mense beskerm teen die wat roof, verkrag, vermink en moor. Ek bid daagliks dat die beskermengele waak oor boere en rassistiesgedrewe aanvalle, en die afgelope 2 weke is n wonderbaarlike blaaskans.
Baie goeie nuus vandag, dankie Maroela!
Mooi so man!

Ronel ·

Wettige vuurwapens? Verseker tog nie. Maar ons wat lisensies het en al daai snert moet deurmaak om dit wettig te hou, moet ons vuurwapens inhandig? I think not!

zahn ·

Ronel, nêrens staan iets van ‘n wettige wapen nie. Wel sy eie wapen, maw, ‘n wapen wat hy saam met hom gebring het, nie een van die slagoffer se wapens nie. Maar met die res van jou stelling stem ek heelhartig saam.

Carl ·

Daar is geen MOET inhandig van vuurwapens nie. Jy kan as jy wil maar geen verpligting nie.

Ann Esterhuizen ·

Nee wapens moet nie ingehandig word nie! Hulle het lankal begin met die stelselmatige ontwapening van die wit mense!!! Dis hulle doel dat daar die minste weerstand sal wees!

cor ·

Hierdie huis eienaar kan hom maar klaar maak vir arrestasie. Gesien in n voorige berig die pa en seun wat hulle self beskerm het teen n misdadiger in Mapumalanga die naweek is in hegtenis geneemen bly in aanhouding. Wat moet jy doen hulle nooi vir koek en tee en dan al die waardevolle bittings op die tafel sit en dan word jy in elkgeval vermoor.

Chaparel ·

Wanneer het mens die reg om gereg in eie hande neem en wanneer het mens die reg om jouself te verdedig?
My insiens het die huiseienaar uit self verdedeging gehandel

Dennis ·

En nou gaan die man sekerlik aangekla word omdat hy die inbreker met n wapen doodgeskiet het wat nie in sy naam geregistreer is nie.

Johan. H. ·

Moenie te gou bly raak nie ,Klaar weer iemand vermoor.. Kyk berig hierna. man op klenhoewe vermoor<<<< IEG Puik verk dat jy jouself beskerm het .. Sterkte , Jy gaan dit nodig he jys Wit

Hennie ·

Daar is baie meer vuurwapens in onwettige hande as wettige eienaars. Ek sien nooit berigte dat die polisie daaraan werk nie, lyk of dit maar gelate aanvaar word.

snoefie ·

sal my nie verbaas nie. die skelms, moordenaars, rowers, kom gewapend. maar laat n slagoffer die bordjies verhang is daar n hele rits klagtes wat jou in die gesig staar. dan raai die prokureur wie jy ten duurste moet betaal omdat jy jouself verdedig het, jou nog goedgunstiglik aan skuldig te pleit op “afvuur van n vuurwapens in beboude gebied.” en siedaar! jy gaan deur die lewe met n kriminele rekord. sterkte aan pa en seun en no 3 ook. jy wat veronderstel is om due KLAER wees, eindig dan met n rekord op en die Luis wat die wortel van die jwaad us loop weg want hy was mos misverstaan. dít is wat die vervolgingsmanie van die anc doen. so hoekom vier misdaad hoogty in Suid Afrika.

JT ·

Nog ‘n ou wat in groot moeilikheid is, omdat hy gewaag het om homself te beskerm!! Ek is seker politici is woedend hieroor….!!

Leon Poolman ·

Indien gewelds misdaad bekamp gaan word, is dit net die voorgenome slagoffer alleen wat dit kan doen. Die misdadiger het geen vrees of respek vir die polisie, die wet, of die gemeenskap nie. Daarom moet die misdadiger geleer word om sy slagoffer te vrees. Wees voorbereid, paraat en skakel in. Geloof sonder werke is dood.

Ann Esterhuizen ·

Ons het die stadium bereik dat jy nie meer gaan dink dat jy in die moeilikheid kan beland omdat jy ‘n inbreker wat ook ‘n moordenaar is geskiet het nie want nou is dit realiteit wat inskop! Dis of jou lewe of sy misrabele lewe! Die keuse is maklik!

Karen ·

Dis waar ons is, elkeen wag vir sy beurt, ons moet mekaar ondersteun en ons verskille eenkant sit want saam moet ons staan, al toi-toi ons voor die hof as hulle hierdie man of enige ander slaggoffer van ‘n gewapende roof wil aankla van moord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.