Huiseienaar skiet ‘rower’ dood

Foto: Intelligence Bureau SA

Foto: Intelligence Bureau SA

ʼn Man is Dinsdag in die vroeë oggendure doodgeskiet toe hy glo by ʼn huis in Benoni aan die Oos-Rand ingebreek het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 04:25 by ʼn huis in Lakefield gebeur. Die huiseienaar het glo wakker geword om badkamer toe te gaan toe hy ʼn vreemde geluid in die woonkamer gehoor het. Hy het gaan ondersoek instel en gesien hoe twee onbekende mans goed uit die woonkamer gedra het.

“Hy het hulle beveel om op te hou waarmee hulle besig was en die huis te verlaat, maar hulle het geweier en hom met ʼn skroewedraaier gedreig,” het Dlamini gesê. “Hy het na die slaapkamer gehardloop en sy vuurwapen gegryp. Hy het weer die verdagtes gevra om die huis te verlaat en toe een van hulle na hom gekom het, het hy hom geskiet.”

Die verdagte het glo probeer weghardloop, maar buite die huis inmekaargesak. Hy is op die toneel dood verklaar. Die tweede verdagte het met ʼn televisiestel gevlug.

ʼn Woordvoerder van die ondersoekmaatskappy Intelligence Bureau South Africa het gesê gereedskap is by die verdagte gevind wat glo gebruik is om die veiligheidshek mee oop te breek. Die verdagte het glo ook ʼn kombuismes in sy besit gehad.

ʼn Saak van moord en huisbraak word ondersoek, het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Z bc ·

Moord en huisbraak word ondersoek……….ja…..tipies……….mooi so Mnr.

Asjas ·

‘n SAAK van moord en huisbraak word ondersoek. Is dit nie veronderstel om twee aparte sake (persone) of “twee sake, een van moord en een van huisbraak word ondersoek” te lees nie. Ek weet dit is nie so nie maar soos dit tans daar staan klink dit of die eienaar van moord EN huisbraak aangekla word?

Theresa ·

Hoekom word rower in aanhalingstekens in die opskrif geplaas? Dit is mos duidelik dat hulle daar was om te roof en aan die hand van die wapens in hulle besit, ook te moor?

Dave ·

Ja Maroela, ons hoor julle en verstaan jul uitgangspunt maar dink steeds dat julle oordrewe versigtig is.

jo'anli ·

Hoekom verskyn berig van persoon in pers/blou hemp twee keer op ern slag op blad!!!!@!

Sune van Heerden ·

Dagsê Joanli

Kan jy dalk asseblief vir ons ‘n skermskoot stuur na [email protected] – dit is nie veronderstel om so te wees nie.
Watter toestel gebruik jy om Maroela te besoek (rekenaar, skootrekenaar, tabletrekenaar, slimfoon)?

Jammer vir die tegniese fout!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Haai Joanli

Kan jy ons asseblief ook laat weet of jy moontlik Windows 10 gebruik?

Groetnis
Suné

VerVanRyn ·

Jakes, dit is nie belaglik nie, want die persoon wat so genoem word in die media en later onskuldig bevind word kan die media dagvaar wat sy naam geskend het. Hulle is net besig om hulself te beskerm teen moontlike skade. Ek sien niks daarmee fout nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jo’anli

Ons het ondersoek ingestel en vermoed die berig wys dalk twee keer op jou nuusblad omdat hy ook as die hoofstorie gemerk is. Ons vra om verskoning as dit steurend is, maar binne ‘n paar stories behoort die “dubbelstorie” darem ver genoeg ondertoe te skuif!

Dis maar bloot om seker te maak dat iemand nie die hoofberig in die lys nuusartikels sien nie.

Ek hoop dit is ‘n verklaring!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Chane ·

Hoe is die regverdig dat as iemand in jou huis inbreek en jou dreig en hy weier om die perseel te verlaat as jy vra – wat eintlik belaglik is dat jy iemand moet vra om jou huis te verlaat as hy nie daar mag wees nie, en jy skiet op hom om jouself te beskerm, dan word jy van moord aangekla, dis BELAGLIK!!!

Truidie ·

Dis standaardprosedure, dis maar net om seker te maak dat iemand nie `n ander persoon doodmaak, hom in sy huis insleep en dan maak asof dit `n roof was nie. Daar sal waarskynlik niks van kom nie.

Dee ·

Dit sou belaglik wees as dit nie so gedoen was nie, Chane (al skreeu jy die woord BELAGLIK uit. Lees Truidie se verduideliking en en redenaar VOLWASSE daaroor.

neelsie ·

Wel gedaan , beskerm jouself.
n Wagwoeffie sou jou gouer gewaarsku het.

john ·

Dit noem jy self verdediging,as iemand op jou perseel is en n wapen van enige soort mag jy vors gebruik soos n hand wapen om jou en jou familie te beskerm

Theresa ·

Grote griet……………….daar is twee (2) Theresa’s. Dis nou ‘n ding. Ha ha!!

Johnnie ·

Hy moet n medalje kry maar pleks daarvan word daar nou na moord gekyk omdat een van hulle boeties geskiet is tipies die nuwe sa

Asjas ·

Boetie het darem weggekom met die TV!! Wanneer die skurk ge-indentifiseer word of sy familie die lyk opeis moet die Polisie net eers gaan kyk in wie se huis staan daar ‘n nuwe TV.
Maar dis seker ook te veel gevra van die lot om bietjie speurwerk te doen …

Theresa ·

Eintlik wat hierdie Theresa wou sê is – Welgedaan. Sulke voorvalle moet meer so “eindig”. En julle SAPD los die huiseienaars uit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Moenie kom met snert nie.

basil smit ·

Dis maar net wetlike prosedure,as iemand selfmoord pleeg word ook n moorddossier oopgemaak

Winston ·

Eintlik nie Basil. n Geregtelike ondersoek word gedoen om te bepaal of iemand aanspreeklik gehou moet word. Dit is die geval by vermoedelike selfdood. Indien nie word die dossier gesluit. Maar nou werk dinge anders. In hierdie geval beweer die huiseienaar dat sy lewe in gevaar was en hy die inbreker moes dood. Ondersoek moet dus gedoen word om te bepaal of hy noodweer oorskry het. Ek is van mening met die gegewe inligting, het hy heeltemal korrek opgetree om sy eie en ander persone se lewens te beskerm. Sterkte vir hom en as dit die enigste pad is om te volg omdat die regering ons faal, dan moet dit so wees.

Theresa ·

Ek verstaan ook nie die opskrif “Rower” nie. Waarvoor die aanhalingstekens. Rower is ‘n rower. Dit was beslis nie klaasvakie gewees nie. Die SAPD wat altyd die huiseienaars wat heel suksesvol was in hulle selfbeveiliging vir moord wil laat aankla. Julle speel met die leeu se stert………………………………………

Tascha ·

Knap gedaan Mnr – van die moord saak sal daar niks kom nie.

Christo ·

So ironies, Huiseienaar verdedig homself en n saak van moord word ondersoek. n Student word aangeval in haar woning, gewug en met n skroewedraaier gesteek en n saak van huisbraak word ondersoek, RERIG!!

Asjas ·

Hulle het wapens by hulle gehad, dus poging tot moord?
Net gister hardloop een oor die pad in ‘n 120km/h zone net om ‘n lift te kry aan die anderkant van die pad. Hy en die voertuig wat so skielik tot stilstand gekom het, het amper ‘n groot ongeluk veroorsaak maar gelukkig was almal van ons redelik wakker. Ek het so hard gerem dat my kinders se veiligheidsgordels hulle seer gemaak het. Toe my seun vra hoekom ek die ongeluk ten alle kostes sal vermy en selfs my eie kar afskryf solank ek net nie die persoon (wat duidelik in die verkeerd was nie) mis, was my antwoord: “Ry ek daai ou vandag raak of dood moet ek vir die res van my lewe vir sy hom en sy hele familie sorg tot sy bloedlyn uitsterf”.
Hoekom kan ons nie hierdie “rowers” se families sue vir pyn, lyding en trauma councelling nie???

Piet Pompies ·

Ten aanskoue van sy eie bloed sal die misdadiger sy laaste oomblikke lewend ervaar net om te besef dat sy gierigheid om niks in die sak gebring het.

Landie ·

Daar bestaan nie iets soos standaard-prosedure om ‘n rower te vra om jou huis te verlaat nie, ook nie om ‘n waarskuwingskoot te vuur nie. Nerens in ons land se wet staan dit dat jy dit moet doen nie. Jammer, as jy in onwettig in my huis is en my swaarverdiende items vir jou wil vat, of my of my gesin se lewe wil vat, moet jy maar vat wat jy gaan kry!!

Jan maak n Plan ·

Velgedaan Meneer. VAT SO ROWER, KRY VIR JOU! Net een probleem – die polisie sal nou seker die arme huis eienaar wat hom en sy gesin beskerm het, se vuurwapens vat totdat die sogenaamde ondersoek afgehandel is. Hoe maak n mens as die Rower se maatjie vanaand weer terug kom??????

MK ·

Tipies die victim word van moord aangekla. Man vd huis moet terugstaan terwyl sy gesin se veiligheid bedreig word. Waar is geregtigheid in die land? Ja ek sê skiet die *&# as hy in jou huis is en basta. Hys was duidelik nie daar op invite nie.

Bleek Sannie ·

Elke dag stroom die berigte van huisbrake, verkragtings en moorde in. Huismense moet maar begin beurte maak om te slaap en wag te staan. Sterkte aan almal.

pop ·

Hoe op aarde slaap mense so vas dat n hele veiligheidshek afgehaal word en die deur oopgemaak is.?

Vlakhaas ·

Weet van gevalle waar selfs die hond in die huis nie wakker geword het. Die boewe is goed voorberei en baaaaie vaardig!!!

scalla ·

Ek drink iets daarop, hoekom die skelm se gesig verbloem, wat soek hy daar,al die bewyse dui daarop dat hy nie welkom was nie.

Paul ·

Rowers (sonder aanhalingstekens) moet weet dat ‘affirmative shopping’ NIE goedgekeur word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.