Huiseienaars gemaan om bedrading na te gaan

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het huiseienaars gemaan om seker te maak dat die elektriese bedrading in hul huise op standaard en veilig is.

“Een van Eskom se grootste prioriteite is om die publiek op te lei oor die gevare wat met onveilige elektrisiteitsgebruik gepaard gaan,” het die maatskappy Sondag in ʼn verklaring gesê.

“Ons probeer die hoeveelheid beserings en sterftes verminder deur die kollig te plaas op soortgelyke voorvalle en die publiek sodoende te waarsku. Talle onskuldige persone sterf jaarliks en mense word ernstig beseer as gevolg van die onveilige gebruik van elektrisiteit. Substandaard-bedrading is een van die grootste redes van elektrisiteitsverwante voorvalle,” het Eskom bygevoeg.

“Substandaard-bedrading beteken dat die bedrading van ʼn swak gehalte is, en dit is onveilig vir mense en diere, veral indien dit binne hulle bereik is. In talle gevalle is insulasie die probleem, die materiaal wat mense verhoed om kontak te maak met die elektrisiteit – of dit hoegenaamd gedoen is of swak gedoen is deur van verkeerde materiaal gebruik te maak, soos maskeerband. Dit is nie voldoende nie en kan vinnig bros raak. Indien ʼn persoon of dier aan oop elektriese bedrading of kabels raak, kan hulle ernstig of selfs noodlottig beseer word.”

Eskom het gesê hy wil alle Suid-Afrikaners daaraan herinner dat elektrisiteit gevaarlik kan wees as dit nie reg gebruik word nie. “Dit is altyd raadsaam om van ʼn gekwalifiseerde elektrisiën gebruik te maak vir enige elektrisiteitsverbindings of herstelwerk. Slegs gemagtigde Eskom-werknemers en -kontrakteurs mag aan Eskom-strukture werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan Rossouw ·

Dis nie net raadsaam om van n elektrisien gebruik te maan kie ESKOM… dis wet, gaan lees weer SANS10142, julle het dit help skryf!

Neil Eksteen ·

Nee Johan, die betrokke Eskom werknemers wat help skryf het aan SANS 10142 is weens BEE afbetaal.

bompie ·

Goeie idea maar begin eers met die projek in plakkerskampe waar dit die nodigste is.

Liewe lulu ·

Ek as huiseienaar kan dit nie bekostig nie het net nie daai duisende wat dit gaan kos nie is al 22jaar in huis en betaal nogsteeds aan verband van huis wat ek gekoop het vir 120000 ek moes by huiskoop nog n 6000 op oordrag he sonder dat ek besef dit word as 2de verband gehanteer so elke keer as ek navraag doen dan word ekmeegedeel ek moet vir nog 12 my premie van 2000 n maand betaal as ek als bymekaar tel dan kon ek al n paleisie erens gekoop het ek tree oor 4jaar af wat is kans dat my versekering verantwoordelik gehou kan word vir bedrading wat al stokoud is ek het versekering saam huiskoop uitgeneem

Lance ·

Hehe snaaks kommende van Eskom wat herhaaldelik gese was dat SA nie genoeg krag sou he ….en toe te laat wakker geskrik het toe load shedding begin het. NOU moet jy jou drade check terwyl al die onwettinge konneksies is sekere areas onverpoost voortgaan. Vee maar eers voor julle eie deur ! Wil nog sien as die water oppak … mense is gewaarsku maar gaan hulle gehoor gee en eintlik vir n slag luister wonder mens …

Skroplap ·

Sodat alles mooi reg is wanneer die onteieningswet inskop sien.

Sputnik ·

Liewe lulu, my raad aan jou is om meer as die minimum per maand aan jou huis af te betaal – die maks. wat jy ekstra kan bybring. Jy sal nooit spyt wees nie! Daar’s geen kans dat versekering vir verouderde bedrading “pa sal staan” nie.

Liewe lulu ·

Dankie sputnik ek betaal wel meer as wat ek moet maar dit is in n spaar rekening wat darm al n redelike bedragie is ek travel net te veel vir werksdoeleindes maar kan dalk n redelike gat toemaak van wat ek nog skuld so hopenlik gaan ek kans die week bank kan gaan sien groete

KarooKlong ·

Eskom probeer hulself “cover” vir iets wat gaan gebeur of gebeur het.
Hierdie berig is in die verkeerde koerant geplaas en in die verkeerde taal ook.

danie ·

Hulle het nog n ver pad om te stap, deesdae kan jan rap en sy maatballerhande produkte koop en dit instaleer. Meeste van die verbindings en instalasies in verkeerd en onwettig, om nie eers te praat van die blikkies dorp instalasies nie.

Johann Marx ·

ABSA stuur “hulle kontrakteur” om ‘n gebarsde geyser te vervang. Hy maak so ‘n groot gemors van die taak dat my huis amper afbrand….en toe ek hulle daarop wys? Mnr, ons “verantwoordelikheid” stop by die geyser……as die bedrading (wat Absa se kontrakteur met verwoes het) ‘n kortsluiting maak…is dit JOU probleem!!! Ek wens ek kon die foto’s hier publiseer…. En ek is NIE ‘n elektrisiën nie? ‘n Mens vertrou ‘n instansie soos ABSA om met kontrakteur te werk wat bevoeg is….en volgens wet behoort so ‘n kontrakteur ‘n COC uit te reik as hy klaar die geyser vervang het…maar doen hulle?

amelia ·

Stem Johann Absa glad nie eers so 5 jaar gelede gebarste pyp kom reg maak nie Vra my rente op versekring (wat ek nie ek nie meer het nie ) Mail bel als verniet om te hoor wat aangaan Nee wat johan kry maar eerder ander versekring

Lou ·

Vergeet van ABSA. Geldgrypers vol verskonings as jy na jare noodgedwonge ‘n eis moet instel. Skelms.

Christopher ·

Julle moet BAIE VERSIGTIG julle versekering deur lees. As julle dit wel doen sal julle raaklees dat die versekering mag weier om te betaal as jou elektrisiteitsertifikaat (COC) nie op datum is nie. Wees baie versigtig en gaan lees hoe jou versekering omskryf word en julle sal geskok wees! Daar is baie mense wat alles verloor as gevolg van nalatige instansie op hul eie eiendom. So vergeet vat ESKOM, gaan lees jou versekeringsdokumente. Dit bly jou verantwoordelikheid.

KarooKlong ·

Jy klink “under cover”. Hahaha
Moet erken jy is reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.