‘Huisgenoot’-joernalis geskors oor Krugersdorp-moordsaak

‘n Skermskoot van een van Huisgenoot se artikels oor die Krugersdorp-moordsaak.

Huisgenoot het aangekondig dat hy een van sy joernaliste geskors het hangende die uitkoms van ʼn interne ondersoek.

Yvonne Beyers, redakteur van Huisgenoot, het in ʼn verklaring gesê dit het die week onder haar aandag gekom dat een van dié tydskrif se joernaliste ʼn potensieel onprofessionele verhouding het met een van die veroordeelde misdadigers en ander rolspelers in die Krugersdorp-moordsaak.

Volgens Beyers is dié bewerings in ʼn ernstige lig beskou en is onmiddellik in samewerking met die bestuur van Media24 begin ondersoek instel om die feite te bekom. Beyers het gesê die nodige stappe is gevolg in ooreenstemming met Media24 se interne beleid en dat regsadvies ook ingewin is.

Die betrokke joernalis is op die oggend van Vrydag 23 November met onmiddellike effek geskors hangende die uitkoms van Huisgenoot se interne ondersoek.

Yvonne Beyers, Huisgenoot se redakteur. Foto: Media24

Volgens Beyers beskou Huisgenoot die saak in ʼn ernstige lig en doen hulle die nodige stappe om dit binne Media24 se beleid aan te spreek.

Beyers het gesê hangende die uitkoms van die interne ondersoek kan Huisgenoot nie verder kommentaar lewer nie.

Marinda Steyn (51) en haar seun, Le Roux Steyn (22), is in Mei in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis nadat hulle skuld erken het vir hul aandeel in die vier jaar lange moordtog waartydens 11 mense vermoor is.

Ma en seun is skuldig bevind aan 11 aanklagte van moord, roof en rampokkery. Marinda is tot 11 lewenslange vonnisse en ʼn bykomende 115 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl Le Roux tot effektief 25 jaar tronkstraf gevonnis is.

Le Roux en Marinda is saam met Marinda se dogter, Marcel (20), Zak Valentine (33), John Barnard (42) en Cecilia Steyn (37) aangekla. (Cecilia is nie familie van Marinda, Le Roux en Marcel nie.)

Barnard is reeds in 2016 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld erken het en ingestem het om teen die ander beskuldigdes te getuig. Cecilia, Marcel en Zak het nie pleitooreenkomste met die staat aangegaan nie en hul verhoor duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Twakkie ·

Goeie hemel! Nie dat ek ooit Huisgenoot koop nie; die voorblad is gewoonlik genoeg aanduiding van die tipe inhoud wat mens kan verwag.

At Dippenaar ·

Ek het die geel Huisgenootjoernalistiek nog altyd in dieselfde klas as National Enquirer geplaas. As ‘n tydskrif ‘, scoop KOOP steur hy hom nie aan feite en etiek.

Dereck Le Roux ·

Joernalistiek en politiek het een ding in gemeen, dit teer op sensasie en halwe waarhede word as die norm van politieke korrektheid, dit is ‘n wereld waar waarheid en integtiteit makliker opgeoffer word as wat Esau sy eersgeboortereg opgeoffer het vir Jakob se pot lensiesop en die joernalistieke sienswyses aanvaar word as die waarheid en die waarheid aanvaar word as haatspraak, dit is die rede waarom koerante en tydskrifte se verkope so ver agteruit gegaan het en selfs sekere publikasies gesluit het.

Gemakserde Sopbeen ·

Gisteraand ‘n klop aan die voordeur………en hier staan die dominee. Gelukkig kon ek blitsvinnig die Huilgenoot op die koffietafel onder die Loslyf, Playboy en Hustler indruk!! Amper was ons onder sensuur!!! Dit was close….

zoom zoom ·

Hoekom die vrou skors en voor ‘n tug verhoor gooi. As Sy betrokke was by die moorde sou Sy sekerlik ook in die Hof verskyn het op misdaad. Ek verstaan nie die opset nie. Om ‘n verhouding met een van die beskuldigdes te hê maak dit haar ook dan ‘ n verdagte. ????????

At Dippenaar ·

Zoom Zoom nou het jy die leeu aan die private dele beet.
Mens, GEEN joernalis kan bekostig om so betrokke te raak (ek dink dis hier persoonlik en intiem someway or the other) by so hoëprofielsaak waarvoor jou skinderbek publikasie vir wie jy werk, derduisende betaal het vir eksklusiewe publikasieregte. WAAR IS DAARDIE PUBLIKASIE SE KREDIETWAARDIGHEID? Eenvoudig gestel, ek is ‘n joernalis vir publikasie X en in ‘n intieme verhouding met jou. Jy vermoor iemand, maar moenie worry, omdat ek vir publikasie X werk, sal ek my joernalistieke invloed gebruik om die storie te smoor of nog erger, ek sal geen kennis wat ek het van die moord het, openbaar nie. (Blatante regsverydeling strafbaar met gevangenisstraf).
Sorry, die poppie het eiehandig HUISGENOOT se keel af gesny – hulle gaan haar fire. En niemand gaan HUISGENOOT meer glo nie. Niemand in sy regdenkende nugtere brein sal ooit iets wat so publikasie na dese as feite (SENSASIE) aanbied. meer glo nie.
Kan nie wag vir hierdie verduideliking van NETWERK24…..

sklusie

Abe ·

Zoom-zoom,
Dit gaan nie oor haar betrokkenheid by die moorde nie. Dit gaan oor ‘n vermeende professioneel onbehoorlike betrokkenheid by van die aangeklaagdes.

#?? ·

Die artikel verwys nie na die geslag van die joernalis nie. Die vrou op die foto is die redakteur en nie die geskorste joernalis nie. Kry jou feite reg

At Dippenaar ·

Ek wonder of Suid-Afrika se grootste gesinstydskrif (dis die titel waarop hulle roem), besef hul joernalistieke integriteit is op die spel. Huisgenoot se eerste 20 bladsye is alles behalwe gesinsvermaak!

At Dippenaar ·

PRESIES Sopbeen. En dan hou hulle hulself voor as SA se nommer een Gesinstydskrif!

Alida ·

Wie koop nog die tydskrif? Bevat net snert en sensasie stories.

At Dippenaar ·

Derek.
Nie alle joernaliste is so nie.
Gee hulle krediet. Daar is edeles vir wie die waarheid die enigste norm is.
In my 25 jaar as joernalis wou ek al twee keer selfmooord pleeg oor stories wat wat in my skoot val.
En het nog geen van die 350 000 (grap) lastereise teen my publikasie geslaag nie.
Nooit moes ons ‘n regstelling publiseer nie.
Die Boek sê: Die waarheid en niks anders as die waarheid.
Nou uitgetree en vryskut so dan en wan, vermy ek die hoofstroom media. Ek het geen TV, geen radio, koop geen gedrukte media (net Saterdag Beeld so af en toe vir hul indiepte artikels in die middelblaaie) .
Net betroubare websites, Google, G-mail, en in my eie taal, MAROELA MEDIA as ek agter my lessenaar gaan sit. Ek vind Maroela onpartydig, betroubaar en op die man af. Geen bedekte intensies. Skoon vars verfrissende nuus.

NO NEWS, IS BAD NEWS.

Vir die res – ons is nie almal so nie.

Groete

At

Dries du Toit ·

Genade tog. Dit is nou n geval van “HEEL MET DIE SATAN”

Abe ·

Ek wonder hoeveel van die kommentators wat hier so kwetsend na
Huisgenoot se integriteit verwys, lees die tydskrif. Hoe gekwalifiseerd is hulle om te oordeel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.