Huishulp-aanranding: Vonnisverrigtinge uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

André van Deventer (36), wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn huishulp aangerand en haar die k-woord genoem het, se vonnisverrigtinge in Woensdag in die Kaapstad-landdroshof uitgestel.

Van Deventer het saam met Gloria Kenter (50), die vrou wie hy aangerand het, buite die hofsaal gesit nadat hulle gehoor het landdros Alta le Roux is siek. Hulle het nie met mekaar gepraat nie en Kente het haar frustrasie uitgespreek oor die saak weer uitgestel moes word.

ʼn Ander landdros het die saak tot 6 Februarie uitgestel. Die saak is voorheen ook uitgestel om die departement van korrektiewe dienste kans te gee om ʼn verslag op te stel.

Van Deventer is in November verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy sy voormalige vriendin se huishulp aangerand en in haar gesig gespoeg het. Sy het gesê Van Deventer se weergawe van die gebeure is hoogs onwaarskynlik en die staat het die aanklag van aanranding bo redelike twyfel bewys. Sy het gesê dit is duidelik Van Deventer het ʼn kort humeur en druk homself fisies uit.

Die gelykheidshof in Kaapstad het hom op 24 Oktober, in ʼn afsonderlike verhoor oor dieselfde voorval, beveel om skadevergoeding van R50 000 aan Kente te betaal.

Die staatsaanklaer Andy Hess het tydens ʼn vorige hofverskyning gesê dat huisarres, gemeenskapsdiens en ʼn verbod op alkohol en dwelms ʼn gepaste vonnis sal wees. Sy het ook alternatiewelik voorgestel dat Van Deventer in die week werk en naweke by die Pollsmoor-gevangenis spandeer.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ladybug ·

Ek is al so siek vir stories soos dié! Dit word heeltemal uit verband geruk!

Gaan kyk eerder wat is die betekenis van die woord is en waar dit vandaan kom!

En by the way, wat daarvan as ons as blankes rassistiese aanmerkings toegesnou word?

Dave ·

Skilpadbesie, ek het ‘n dag of twee gelede iemand ondersteun wat jou gekritiseer het. Jammer, ek was wel verkeerd en jy was beslis verkeerd gelees. Verskoning vir daardie flater! :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.